Ek kan nie bid nie

Ek kan nie bid nie. Ek weet nie wat om te bid nie. In elk geval, as ek na mense luister wat bid, en so mooi bid, skiet ek so ver te kort! Ek kan nie so mooi bid nie!!!

Hoekom bly gebed so ‘n probleem? As hoërskoolkind het ek al ‘n brief vir beraders geskryf en gevra: “Ek is so bekommerd, ek bid nie reg nie”, en hulle antwoord was: “Moenie bekommerd wees nie, jy’s okay”. Op daardie stadium was dit nie die antwoord wat ek gesoek het nie.  Daar is so baie boeke wat voorskryf: Eer, prys, dank, ….. Al wat ek weet, al is my gebede dalk nie met die mooiste gevleuelde woorde nie, dat God ELKE WOORD hoor en Hy ken die opregtheid van my hart.

Maar eintlik skryf ek oor: As ons krisis soms so groot is, kan selfs mense wat ‘n verhouding met God het, se woorde wegraak. Wat doen ons dan?

Die eeu-oue antwoord: Wees net stil en geniet God se Teenwoordigheid.  Vind jou Rus in Hom.

Of… Bid die Onse Vader. Onse Vader wat in die Hemel is. Laat U naam geheilig word. Laat U koninkryk kom. Laat U wil geskied. Gee ons vandag ons daaglikse brood en vergewe ons skulde, net soos ons ook ons skuldenaars vergewe. En lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose, want aan U behoort die Koninkryk, die Krag en die Heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Het jy ‘n ondersteuningsnetwerk? Vra vriende om vir jou te bid. “They cover up the gap.”Hulle vul die gaping wat jy dalk dink bestaan tussen jou en God.

Romeine 8: 26 en 27 is vir my so ‘n fantastiese gerusstelling. Kyk net: “Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye BID DIE GEES SELF vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. en omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.”    Prysloos!!

Onthou, God hoor ELKE woord, ELKE versugting. Nader Hom, Hy’s daar en wil jou graag help. Op die ou end maak dit nie saak HOE en WAT jy bid nie, maar DAT jy bid. Dis AL wat tel!

Toorts

http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2013/03/vaal-en-vervelig.html

Advertisements

16 thoughts on “Ek kan nie bid nie

  1. Ek dink die antwoord lê in jou eie woorde:

    “Al wat ek weet, al is my gebede dalk nie met die mooiste gevleuelde woorde nie, dat God ELKE WOORD hoor en Hy ken die opregtheid van my hart.”

    Ek het iewers iets gelees wat sê: never trust a man who changes his voice when he speaks to God

    Like

    1. Ja, dis soos jy sê. Ek het al lankal gekom oor die ding van “ek kan nie bid nie”. Baie boeke daaroor gelees met BAIE REëLS wat ek nooit kon navolg nie. Tot ek die boek, Prayer, the Great Adventure” gelees het. Dit het my HELE lewe verander. Daardie boek gaan oor DAT jy bid, nie hoe en wat my mag en nie mag sê nie.
      Ek skryf hier namens almal wat dalk so voel, wat dalk skaam is om te bid, voel hulle kan nie God met onbenulligheidjies pla nie. Ons mag maar. En ons mag maar in ENIGE woorde bid. God hoor!! 🙂

      Like

    2. never trust a man who changes his voice when he speaks to God:
      Ek like dit. Ek weet dis dalk ‘kontroversieel’ maar ek sê selfs jy en jou as ek met die Here praat. Hy weet ek dink Hy’s wonderlik groot, maar die ‘U’ ery laat Hom ver voel.

      Like

  2. Toortsie ek stem saam met jou oor gebed. Ek wens net die wat ook sukkel kan dit lees. Gebed is om met God te praat maar jy moet van sy bestaan weet dan help dit baie. Dankie vir jou skrywe. David

    Like

  3. hallo toorts, ek sien jy het gekoment dat jy nie by my uitkom nie

    ek blog net by kindvanafrika16, so as jy daar wil uitkom moet jy hier ingaan en nie by kindvanafrikablog nie

    ek voel en glo ook met my hele hart dat ‘n gebed geen groot woorde nodig het nie, want God ken elkeen van ons se harte en al kan die woorde nie gespreek word nie, ken God ons gedagtes….

    ek het groot geword in ‘n kerk waar mense in vreemde tale bid, en alhoewel ek wel daarin glo weet ek ook dat my kinder gebedjies net soveel krag gehad het soos enige ander een sin!!!!en ek glo juis daarin lê die krag van gebed, GELOOF en OPREGTHEID, ook waar die Blybel sê ons moet word soos die kindertjies, eenvoudig opreg en sonder mooi woordjies!!!

    Like

    1. Die bid in tale bestaan wel, al het ek nie baie kennis daarvan nie. Volgens 1 Kor 12 is dit ‘n spesifieke gawe wat aan spesifieke mense gegee word. Soos ek dit verstaan is dit “Goddelike Tale” wat net God verstaan.
      Daar is algemene gawes wat aan almal gegee word, maar daar is ander spesifieke gawes wat God aan elkeen uitdeel soos Hy voel, SODAT ONS ANDER DAARDEUR KAN DIEN. Dit moet wonderlik wees om die gawe van “praat in tale” te kan hê. Ek het dit nie, maar is tog baie dankbaar dat God ook my eenvoudige gebedjie in Afrikaans verstaan.

      Like

  4. Somtyds kan ‘n mens sonder woorde meer opreg bid as die mooiste gebed wat jy ooit gehoor het.

    Al wat ek nou gebid kry is : Abba, U ken my hart. My woorde is op en ek weet Hy hoor elke liewe woord, gedagte, versugting en smeking wat ek nie ‘n benul het hoe om te sê nie

    Like

  5. Toorts, ek wou vir jou ‘n opinie en ‘n ervaring wat ek vandag gehad het deel, maar dis so lank ek sal dit maar eerder blog en ‘n skakel terugplaas hiernatoe.

    Maar eers môre…

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s