Oor spaar of nie

Die onderwerp in in Loslip op RSG was:  “Is dit nog moontlik om in hierdie moeilike tye te spaar? En indien wel, gee raad asb.” Soos dit gewoonlik gaan, het almal ingebel om te verduidelik hoekom hulle NIE kan spaar nie. Die ouens wie wel spaar het soos ‘n gepiep van kuikens geklink teenoor dié wie nie kan spaar nie.

Kan ons dit bekostig om te spaar? Of meer….. Kan ons dit bekostig om NIE te spaar nie? Sjoe! Wat ‘n moeilike vraag. Ek besef daar is mense wie regtig net te min geld kry om nog te spaar ook. En as hulle medikasie, huishuur, al die ander noodsaaklikhede afgetrek is, is daar net nie geld oor om te spaar nie.

Aan die ander kant, weer, is dit ook ‘n ekonomiese feit dat GEEN mens uitkom met sy geld nie, ongeag of jy die armste mens op aarde is of die rykste. ‘n Mens se inkomste is ALTYD TE MIN. Jy leef jou inkomste.

Ek het al baie oor hierdie ding gedink en gaan nou ‘n wilde stelling maak. Ek wonder sommer net, is daar mense wat spaarders is, ongeag hulle inkomste, teenoor ander wie nie spaarders is nie, ongeag hulle inkomste? Is daar mense wat ‘n spaarkultuur het  teenoor ander wie dit dalk nie het nie? Ek sien mense met baie geld, of wie baie geld spandeer op luukse en nie ‘n sent spaar nie, en ek sien arm arm mense wie altyd ‘n geldjie iewers weggesit het.

Dis ‘n algemene feit dat wanneer ons aftree, ons inkomste met 30% gaan daal. Dis nou diegene wie voorsiening gemaak het. So, as jy nou reeds nie uitkom met jou 100% nie, hoe gaan jy uitkom met jou 70%? Die ekonomiese raad was altyd, dat vanaf jou eerste salaristjek, jy 10% daarvan moet spaar sodat jy jou leefstyl kan handhaaf ná aftrede. En natuurlik, hoe later jy begin, soveel groter is daardie persentasie wat jy moet spaar.

Ek kan net namens myself praat, maar gelukkig was “spaar” ‘n onderwerp wat baie groot gewig in ons huis gedra het. Omdat ons lewenslank so van die natuur afhanklik was, het ons geweet dat vanjaar se goeie oes nie noodwendig beteken dat daar volgende jaar enigsins ‘n oes sal wees nie. Daarom moes ons ietsie wegsit.  In my baie moeilike, baie arm beginjare het ek steeds ‘n skamele bedraggie weggesit waaraan ek nie mag raak nie.  Soms moes my kinders die prys betaal omdat daar ‘n bedraggie is wat gespaar moet word. Maar vandag is ek nie spyt daaroor nie.

Spaar in die bank? Verkieslik nie!!!! Maar selfs dit is beter as niks!

Maar spaar!!

Toorts

Toortsie se Faceboekblad

Kry vir jou ‘Die rykste man in Babilon’, lees dit met ‘n leerbare gees en pas dit toe. Jy sal NOOIT spyt wees nie.

babilon-1000

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geldsake and tagged , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Oor spaar of nie

  1. dit is vir my een van die moeilikste dinge om te doen, maar ek moet se dat dit ongelooflik belangrik is wat jy hier praat, ek dink my grootste fout is dat ek altyd almal behalwe myself in gedagte het, ek probeer te veel om ander te help en dit het my al in groot verknorsings geplaas, ek help ander, maar ek val dan net al dieper ind ie sloot

    Like

  2. Kameel sê:

    Op hierdie een lewer ek geen kommentaar nie want dit is net te ‘n seer onderwerp. 😦

    Like

  3. Terug pieng: Begroting | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  4. Terug pieng: Die rykste man in Babilon | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s