Uitsig vanaf ons wasgoedlyn

Toortsie het my getag.  “Hoe lyk die uitsig van ons wasgoedlyn af?”

Wasgoedwas is een van daardie lekker dinge in die lewe, maar liries raak oor ‘n wasgoedlyn die kan ek nie.  Toe ons ses voet ses duim lange skoonseun ‘n nuwe wasgoeddraad opsit, en die lyne so span dat hy met gemak die wasgoed sou kon ophang (wat hy natuurlik nooit doen nie,) was my dae van wasgoed op ‘n lyn hang verby.  Meniere’s laat my nie toe om my nek agteroor te buig, en die lug in te staar nie; wat ek moet doen as ek die waslyn wil gebruik.  So wan en dan word ek egter genoodsaak om dit wel te doen, en as ek om my rondkyk is dit wat ek sien.

Kyk op - daar is die waslyn, en buurman se boom.
Kyk op – daar is die waslyn, en buurman se boom.

Ingang na die voëlnes se tuin.  Jammer die rankrose is nie in volle blom, of die “Viginia creeper” rooi soos bloed nie.  Dit is ‘n gesig om te aanskou.

IMG_3305
Ingang na die voëlnes se tuin

Die hek na die wasgoedlyn toe is daar om die Rottweilers van die wasgoed af weg te hou.  Verder ‘n stukkie “niemandsland” tuin.  Ek sê dit is skoonseun s’n hy moet sorg, maar dan sorg ek maar en hou toesig oor sy tuinier.

Niemandsland
Niemandsland

Die vinkies is lief om in hierdie bos rond te speel.  Hulle trek die rooi blare af, en gooi dit op die grond.  Ek kannie sien dat hulle iets konstruktiefs daarmee doen om bv. ‘n blommekrans vir hulle daaruit te maak nie 🙂  Ek geniet dit om hulle dop te hou.  As julle mooi kyk sal julle sien die blombeddings is ook agter tralies…. ons bly mos in Sodom waar alles agter slot en grendel lewe.  Nee, so erg is dit darem nie… weereens is dit daar vir die Rottweiler booswigte.

Wat het dit nou met die wasgoedlyn te doen.  Net mooi niks, maar ek moet darem die mooi in die natuur ook uitwys.

Die rooi bos
Die rooi bos

Ek tag nou vir Dirkie en Olga om ons te wys hoe dit om hulle wasgoeddraad lyk.

10 thoughts on “Uitsig vanaf ons wasgoedlyn

    1. Ja!!! En elkeen van ons het ‘n mooi omgewing waar die wasgoeddraad is! Of, ons sorg dat die kamera die mooi wys.
      Dankie Kameel vir die saamspeel. Dankie Loli vir die begin daarvan! 🙂

      Like

Laat 'n boodskap na Kameel Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s