My uitsig by die wasgoeddraad

Wat ‘n belaglike onderwerp!! Maar die goeienuusloli gesels interessant oor die ontstaan van die wasgoedlyn, en haar uitsig, dat sy my toe inspireer. Want as ek wasgoed ophang, kan ek in die vertes insien. Tot ek begin foto’s neem en sien dat dit maar net ‘n regte agterplaas is, en ek wonder of dit die moeite werd is om te plaas….

Dis nou droë tyd en nie so groen soos dit in die winter is nie. Maar in die lente raak hierdie hele stuk vol spierwit daisies….

???????????????????????????????

???????????????????????????????

Die plaasbedrywigheid gaan aan….. trekkers word gewas, ander gereed gemaak om te gaan werk.

??????????????????????????????????????????????????????????????

Die gedagte wat my geinspireer het om die kamera te gryp, was dat die afgelope week of wat, ‘n hele trop Jersey verse net in die volgende kamp, hier teen die wasgoeddraad gewei het. Watter pragtige gesig!!! Maar helaas, dis toe wat ek vanoggend sien!! Op ‘n plaas werk dit so: Die een oomblik is hulle daar, die volgende oomblik?

???????????????????????????????

Van my wasgoedraad af kan ek tot in Swellendam sien…

???????????????????????????????

wasgoedtoorts

Nagedagte: Maankind en Seegogga en Kameel!!! Hoe lyk dit by julle wasgoeddrade? En onthou om weer iemand te “tag”! 🙂

19 thoughts on “My uitsig by die wasgoeddraad

  1. As die wasgoedlyn nie weer in flarde hang soos die seuns daaraan geswaai het nie, sal ek ‘n paar fotos gaan neem van die hokkie hier in die stad. Ek sien al die wasgoed daar aan jou lyn wapper in die wind. ‘n Mens kan vêr dink terwyl jy daar wasgoed ophang 😉

    Like

  2. Helaas my wasgoedlyn kyk in vibacrete vas. Daar is darem so effense groenigheid tot groot vermaak van my katkinders. Dit is hulle speelplek en as ek wasgoed ophang vermaak hulle my gereeld met hulle kapaters daarso.

    Like

  3. Die wasgoedlyn wat ek gebruik is deur ‘n vorige eienaar beplat met ‘n prieel. So in die somer is dit ‘n nerve-wrecking oefening om wasgoed op te hang – hou die heeltyd ‘n oog oop vir slagne in die prieel net bokant my kop. Nou-ja.
    Toorstie, jy se jy bly ANDERKANT nerens. En ek bly in die MIDDEL van nerens 🙂
    Jou wasgoedlyn en wasgoedlyn-uitsig is, however, nicer as myne, echt waar 🙂

    Like

  4. Ai, ek wonder waarom kan WordPress nie ‘n “Edit comment” ding installeer nie. “Beplat” hierbo beteken “beplant” en “slagne” is “slange”.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s