oor Olifante en geloof

As ek na my boekrak kyk met soveel boeke wat opgestapel lê, boeke van myself, my ma en skoonouers, raak ek skoon benoud. Want ek sal nooit hulle almal gelees kry nie. En as dit hoe is, koop ek net nog! Daarom het ek gehuiwer om vir my ‘n E-leser te koop, ek kry juis nie baie tyd om te lees deur die jaar nie.

Nadat ek egter in verlede jaar kort na mekaar 3 boeke bestel het, en elke keer meer as dubbeld betaal het vir posgeld, invoerbelasting, ens, het ek dit toe gewaag om by Kalahari vir my ‘n Gobii te koop. Dis net ‘n plesier!! Intussen het manlief ook een gekry en ons tweetjies het die vakansie omgelees! En Kalahari? Hulle het floreer. 🙂

Elephant whispererIs jy ‘n diere-liefhebber? Hou jy van olifante? Dan is “The Elephant Whisperer” die boek wat jy moet lees.

Die boek vertel die storie van die totaal onbeheerbare trop olifante wat ‘n gewisse dood sou sterf. As laaste uitweg word die trop aan Lawrence Anthony, eienaar van Thula Thula in Kwazulu-Natal, aangebied. Met eindelose geduld en baie moed, het Lawrence Anthony die matriarg van die trop se vertroue gewen. ‘n Ongelooflike verhaal, wat ook vertel van ander probleme waarmee Lawrence Anthony as wildboer moes trotseer, van wilddiefstal tot faksiegevegte tussen Zulu’s….

Met mnr Anthony se dood, het die olifante weer eens ongelooflik opgetree…..

Vir meer as ‘n jaar het ek gelees aan Standing Strong through the storm” van Paul Estabrooks. Ek het dit as ‘n kursus gedoen. Dit is ‘n Moet-Lees vir enige Christen en hanteer al die basiese dinge van geloof. Lewensveranderend.Die doel is om, sou jy ooit in ‘n “storm” beland, jy sterk sal staan.

 

 

 

In tha land of Blue Burqas

Kate Mc Cord, ‘n Amerikaanse vrou, het vir 5 jaar in Afganistan, die gevaarlikste land in die wêreld, gaan werk.

Dis ‘n baie insiggewende boek wat  goed inlig oor die Moslemgeloof. Sy beantwoord en verduidelik ook vir hulle in gesprekke oor die Christen geloof.

Die boek lees baie lekker en skets ‘n goeie prentjie van hoe dit in Afganistan gaan.

……………………………………………………

En dan het ek sowaar ‘n Deon Meyer boek gelees. My man is mal oor Meyer en het al sy boeke. My keuse is ‘n ouer boek, Onsigbaar.  Na die eerste bladsy het ek gedink dis nie vir my nie, maar ek kon die boek nie neersit nie. Dit was suiwer leesgenot. Dis die verhaal van ‘n privaatspeurder wat gehuur word om iemand wat veronderstel is om dood te wees, te gaan soek. Ek gaan beslis sy ander boeke ook lees!

Nou toe! Nou is die jaar aan die gang en die lesery eers op ‘n end.

Leesgroete

Toorts

 

5 thoughts on “oor Olifante en geloof

  1. Sjoe, raak agter! Sal moet begin lees! Eerste op lys is die elephant whisperer. Ek het lankal reeds gelees oor die ongelooflike huldeblyk wat die olifante vir Lawrence gegee het met sy afsterwe. Hy moes regrtig iemand besonders gewees het.Van alle diere is olifante vir my die wonderlikste goed- ek es net so mal oor hulle soos sagmoedige Neelsie. 00, maar ek is ook deesdae baie bang vir hulle- hulle het ‘n aksie teen mense – en met reg ook!

    Like

  2. ek hou ook van lees, dit was een van my ontvlugtinge toe ek nog kinnes was……

    ‘n hele nuwe wêreld het vir my oopgegaan so tussen die bladsye vol ink!!!
    jou Elephant Whisperer het seker iets te doen met die een advertensie op die TV, het jy dit al gesien, dis van ‘n man wat die olifante probeer oortuig dat hy hulle nie leed wil aandoen nie, en na baie baie gesukkel kom sy na hom toe…….. TRUST MUST BE EARNED!!!!!!!

    ek sal bietjie soek vir daai een. dit is ook een van my drome om eendag met ‘n boek in die hand te sit daar teen die see waar net die branders en ek kan sit en feesvier in die teenwoordigheid van God

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s