aartappelmoertjie

Amoré Bekker en Antoinette Pienaar het die land aan die gons, en dit oor ‘n aartappelmoertjie!! Vir seer bene en allerhande skete is ‘n aartappel in die bed net die ding!! ….. of so sê hulle.

Die mense bel in … waar in die bed moet jy die aartappel sit? … die aartappel neem heeltemal oor in die bed, want waar jy rol, rol aartappel saam … wat moet ons bedags met die aartappel maak, moet die in die bed bly of moet jy dit uithaal?

Blykbaar hou jy dit in jou bed totdat die aartappel nie meer wil aartappel nie, dan vervang jy hom!! En die mense sweer hoog en laag: “Dit werk!!”

Nou ja, ek word ook soggens wakker en dan vertel my liggaam my dat ek nie sag heengegaan het in die nag nie. Dit laat my toe besluit om ook die aartappelding te probeer, sommer net vir die grap! Nag 1 het niks gebeur nie, behalwe net die bewustheid van die aartappel. Nag 2 het ek minder pyne gehad. Maar nou wonder ek, was dit nie omdat ek die vorige dag my rug-oefeninge gedoen het wat die pyne minder maak nie?

Nou wil ek weet? Wat is die storie? Is dit pure snert? Wat is die wetenskaplike waarheid agter die hele ding? Skei die aartappel dalk iets af, dis tog ‘n lewende organisme? Hoekom, as jy verskillende vrugte bymekaar sit, word hulle vinniger ryp? Het hulle ‘n invloed op mekaar? Iemand het jare gelede vir my probeer verduidelik, maar nou kan ek dit nie so mooi onthou om dit oor te vertel nie, maar ek is seker iemand weet. Het jy dit al probeer? Het dit vir jou gewerk? Selfs boererate beveel dit aan.

Soveel dae, soveel dinge. En dit net oor ‘n aartappelmoertjie!!! 😆

moertjietoorts

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Toortsie by Finesse: Net drie dinge en jou lewensuitkyk verander

49 thoughts on “aartappelmoertjie

  1. Wonder of die brein nie maar sterker praat as die moertjie nie 🙂 Wonder ook nou of daardie knoffel in ‘n flenniesakkie om my nek in die winter gehelp het om die borskwale weg te hou van my kinderliggaam af? 🙄

    Like

  2. Oor die vrugte wat ryp word – dit word veroorsaak deur etileengas. Maar dis meer kompleks as dit. Dit werk net by vrugte wat nog ryper word na dit gepluk word (klimakteriese vrugte) wat baie etileen produseer, bv. apples, appelkose, avokado’s, piesangs, spanspek, vye, guava, kiwis, mangoes, naartjies, perskes, pere, pruime en tamaties. Daar is ook vrugte wat nie ryper word na pluk nie (produseer baie min etileen), soos kersies, druiwe, lemoene, pynapples en bessies (bloubessies, aarbeie …). Die klimakteriese vrugte skei die gas af, en dit bevorder die rypwording. Deesdae word piesangs wat na Europa uitgevoer word, onryp gepluk en met kunsmatige etileengas ryp gemaak voor sodat dit net-net ryp is as dit in Europa aankom. Jy kan jou onryp pere vinniger laat ryp word deur dit in ‘n sakkie saam ‘n ryp piesang te sit.

    Daar is allerhande verstommende dinge in aartappels, ek is nie verbaas as mens dit kan genees van dinge nie! Maar jou toets was nie wetenskaplik korrek nie Toorts. Jy het geen kontrole meting (jou (of as jy nie jouself kan verdubbel nie, iemand met dieselfde skete) in die bed langs joune, sonder ‘n aartappel nie), en daar is te min herhalings. En wie weet, dalk was dit alles plasebo, net omdat jy gedink het dit moet werk. Of dalk het dit net vanself beter geword. Solank jy nie die aartappel rou eet nie, kan dit i.e.g. nie skade doen nie!

    Fassinerende tema, jammer dit hou my weg van swot!

    Like

    1. Maar daar IS iemand langs my in die bed met redelik dieselfde skete, wat die aartappel met sy VOET manipuleer, rondskuif, ens….. die aartappel lê styf teen MY en nie teen HOM nie. Die beste resultate wat ek NOG vir hierdie skete het, is my RUGOEFENINGE, en uhm, dis wat ek gister gedoen het!! 🙂
      Skei die aartappel nie dieselfde gas af wat my skete regdokter nie? 😉

      Like

  3. Aangesien Ken vandag terug is na drie weke vakansie by die huis – en die bed leeg gaan voel sonder hom – gaan ek ook ‘n aartappel in die bed sit. Miskien help dit vir hartseer…. ek moet net een uit die yskas gaan haal. ‘n Yskoue aartappel is seker nie ‘n goeie bedmaat nie 😉

    Like

    1. Terwyl ek netnou my oefeninge doen, dink ek so by myselwers – die aartappel en die oefeninge is ‘n goeie kombinasie, veral die oefeninge. Ek vermoed ‘n aartappel in die bed gaan nie lank hou nie…. 😉 Sterkte met die alleenwees!!

      Like

    2. Ek het aartappel in die hand op my trampolien gespring en daardie einste aartappel gaan vanaand saam kooi toe. Net miskien help hy vir die knie en die alleen 🙂

      Like

        1. Nugter weet Kameel, maar ek reken die aartappel is ‘n goeie pasmaat vir my Tiggerbeer en Katykatkind en die ekstra kussing en die ipod wat die naggeluide moet stilmaak en die bedlampie wat skadustories moet vertel vir my.

          Like

  4. Ek het nou lekker gelag vir al die aartappel moerdery, MAAR!!!! Het jy geweet dat onse dr Christa hiert op die dorp glo aan Afrika aartappel salf???? Sy glo so sterk daaraan dat sy dit selfs aan haar pasietnte verkoop. En dit werk! Sowaar! Net mooi vir ALLES! pyne , inflamasie you name it, en as jy sukkel met slaaploosheid moet jy ‘n bietjie onder jou voetsole vryf voor jy gaan slaap. Ons het dit alles beproef met my mammie, destyds, en dit werk! Nou weet ek net nie wat is die verskik tussenh ‘n Afrika aartappel en ‘n gewone aartappel nie. ( is die een dalk swart????) sjuut.

    Like

    1. Vir al wat jy weet, is dit dalk….. 😉
      Ek moet dalk ‘n pot of 2 gaan kry by haar! Sommer vir my slaaplose kind ook. Dankie vir die raad.
      Is die Afrika Aartappel nie ‘n wortel nie? Ek weet nie!!

      Like

  5. Ek slaap al 3 nagte met die aartappel (in ‘n kniekous gesit onder die paslaken) en het nog nie weer krampe in my bene gehad nie, nou wil ek ook graag weet hoekom werk dit? My bene, veral die regterbeen – moet binnekort gaan vir heupvervanging, linkerheup reeds vervang – het so gekramp dat ek al gillende wakker geword het en manlief skrik hom disnis, val uit die bed en probeer help om die voet te druk sodat die spasma kan wyk.

    Like

    1. Jong, ek sal ook graag wil weet of dit regtig werk. Ek hoop jy kom vir ons vertel. Ek het al lankal die aartappel uitgeskop uit my bed uit, hy was orals waar hy nie hoort nie!

      Like

  6. Jong ek wil nie net van die seer bene praat maar dit werk vir slaaploosheid ook vanoggend met ontwaking en die visdam se water druis rustig langs die oop venster besef ek, ek het uit die bed gevloog sonder om te meet na die venster vir die groetery. My maltees Nonnie slaap met haar ruggie teen die artappel en Toekoes die seuntjie slaap met syne onder die nekkie ek belowe my verstand verlaat my nie maar artappel of nie, iets werk vir ons drietjies ons slaap heerlik en die bene meet nie meer die pas nie, meskien die skoon lug in Centurion.

    Joan

    Like

      1. Ek het een aartappel in my bed en vervang dit elke 5de aand. So hou een 4 aande in bed. Ek sit dit in n kniekousie (kneehigh) en dan tussen matras en paslaken. Ek’t gegoogle en uitgevind die aartappel skei n gas af wat krampe voorkom.
        Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

        Like

  7. jong hierdie gaan ek ook nou van vanaand af probeer, dit is mos die beste geweer…..

    en sommer vir skoonpa ook daarvan sê, mens kan mos nou niks verloor as mens probeer nie, sal net vir bediende moet sê ha nooi isi kens nie, die aartappel is daar vir ‘n rede

    ek het nou lekker gegiggel oor hierdie moerdery, maar wat ons probeer en kyk

    Like

    1. Ek hoor nou die dag op die radio dat iemand ‘n aartappel in ‘n befoeterde kat se hok gesit het….. het glo wondere verrig! Maar ekself slaap lankal nie meer met een nie. Dalk moet ek weer begin!!

      Like

  8. EK het inflamasie in my heup gehad. Vir 2 dae was ek in pyn. Geen pynpille gedrink daarvoor nie want ek sou nog by die Dr uitkom. Die 3de aand die 2 aartappels in die bed gesit, een aan elke kant van my, en die volgende oggend sonder enige pyn opgestaan.

    Like

      1. Jissie ouens dis die beste ding wat nog met my gebeur het. As daai aartappel nie in my bed is nie, vryf my man 04:00 soggens krampe uit. Linker heup reeds vervang, groot sukses, regterbeen word 2 Augustus gedoen en dan behoort die krampe iets van die verlede te wees. Aartyappel groete. Stephanie.
        Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

        Like

  9. MY MAN HET GISTER AAND ‘N AARTAPPEL IN ONS BED GESIT SONDER DAT EK WEET, ONS HET ALTWEE LEKKER GESLAAP EN LEKKER OPGESTAAN VANOGGEND, WIL OOK GRAAG WEET WAT DIT VEROORSAAK. DIT IS NOGALS SNAAKS.

    Like

    1. Hi Amelda, ek het bietjie navorsing gedoen. Die aartappel skei ‘n gas af wat beenkrampe en pyne voorkom – uirgevind deur ‘n mediese dokter.
      Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

      Like

      1. Wel, my ma het my van die aartappelraad vertel. Gisteraand 2 aartappels in bed gesit, net te veel pyn in arm en hand, beter geslaap, vanaand lê ek langs my 2 aartappels lol

        Like

          1. Ek sit dit onder my paslaken. Met ander woorde tussen matras en laken. Werk nog steeds net so goed.
            Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

            Like

    1. Marjorie ek wou dit ook nie glo nie tot ek dit probeer het en jy kan my glo, dit werk, sokkies en al! My bene het so gekramp na my eerste heupvervanging dat ek snags gegil het van pyn en manlief moes opvlieg om te help. Dis iets van die verlede danksy die aartappel in die bed. Vervang die aartappel net elke 2weke. Stephanie K.
      Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

      Like

    2. Ek het 3 in my bed. Dit lê by my voete rond. Ek vervang hul as dit begin verlep. Het rugoperassie gehad. Ek raak steeds seer en moet dan my oefeninge doen. Maar waar dit elke 4 dae seer was raak dit nou selfs 10 dae voor ek moet oefen. Soos jy sê jy kan niks verloor nie. Dis ook nie duur nie.

      Like

  10. Die aartappel storie werk, ons doen dit noual amper twee weke lank omdat my man my heelnag wakker gehou het met sy rustelose bene! Die beste van alles, dit werk toe sommer vir my ou seer knieë ook. Probeer gerus, dit werk! Lekker slaap!

    Like

  11. Ek wil net se dit WERK!!!!!Het die afgelope jaar las van krampe en jeup pyne 2 dae met aartappel geslaap en ek voel al stukke beter soos n klip geslaap na 2de aand en nie een keer in nag omgedraai asgevolg van seer jeupe. Het ook gedink dit is laf maar na ek dit probeer het GLO ek dit, dit kos jou niks probeer maar self. dink net met die duur pille wat ons nie meer gaan gebruik kan ons maar n ou lekker ” chokkie” koop.

    Liked by 1 person

  12. ek gaan dit regtig ook prober want ek slaap bitter min as gevolg van die krampe en dit gaan niks van my afvat om dit te prober nie ..pearl

    Like

Gesels saam, asseblief!