Jy is betrokke by landbou

Ek gebruik nou my vriend, Tjoppie, se woorde, maar hy het dit so mooi gestel, ek kan nie anders as om dit te herhaal nie: “Vandat jy in die oggend jou oë oopmaak, is jy betrokke by landbou.” Nie net die boere, die kunsmis-agtent, die landbou-voorligter, die persoon wat by die koöperasie werk nie. Nee, ELKE MENS, ek, ook jy wat dalk in die stad woon en nog nooit op ‘n plaas was nie, dalk nie eers ‘n boer of boervrou ken nie, vandat ons ons oë in die oggend oopmaak, is ons betrokke by landbou!!

Want sien, daardie eerste koppie koffie of rooibostee is deur ‘n boer vir jou daar neergesit. Dit behels die koffiepitte wat ek nie eens weet waarvandaan dit kom nie, die suiker wat van Natal af kom, die melk wat iewers 4 vm uit ‘n koei se speen getrek moes word. Selfs as jy Cremora gebruik, is daar melkvastestowwe in, wat uit regte melk onttrek is.

Jou ontbytpap word iewers op ‘n graanplaas vir jou geproduseer, of dit nou oatspap (hawer!!) is, of mieliepap (mielies!!) of All Bran (koring). Die muesli is saamgestel uit ‘n klomp verskillende produkte wat van orals in die land bymekaargemaak word, dis vrugte wat gedroog word, neute, en wat nog alles? Die joghurt kom natuurlik van daardie selfde melk wat ek hierbo genoem het.

Die vrug wat ons so met sorg by die winkel uitsoek, moes vroegtydig met die hand gepluk wees, versigtig hanteer word, met slegte paaie vervoer word mark toe, weer eens vervoer word winkel toe tot dit uiteindelik op die winkelrak verskyn.

Ons is steeds nog net by ontbyt. Wat van daardie heerlike volgraanbrood? Dis ‘n lang proses van graan wat geplant en ge-oes word, tot by die meulenaar, dan die bakker en uiteindelik beland dit op jou bord.

Ek hoef sekerlik nie aan te gaan na middagete, die vleis- en groenteproses hier te verduidelik nie. Ek dink ek het my punt gemaak.  Wat ek wil vra, is, asseblief, respekteer die boere. Elke dag. Ons het ‘n enorme taak om die wêreld te voed, en die mense raak steeds meer, landbougrond raak minder, omstandighede raak moeiliker, wetgewing strenger. Boere is nie deel van groot maatskappye waar miljoene rande deur aandeelhouers gedeponeer word nie. Nee, boere is vir elke sent wat hulle waag, self verantwoordelik. Moenie dit vir ons nog moeiliker maak nie. As dit met die boere van ‘n land sleg gaan, gaan dit met die hele land sleg. Geen land kan bekostig om nie selfvoorsienend te wees nie. Ons mag nie ons voedselsekerheid op die weegskaal plaas nie.

Soos vriend Tjoppie sê, ek, jy, elkeen van ons is betrokke by die landbou!!

Mooi jaar vir julle

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Plaaslewe en Landbousake and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Jy is betrokke by landbou

  1. karen sê:

    Viva die boer! Ek stem heeltemal saam, Toorts. Dit maak my so vies dat boere so uitgebuit word. Ek haal my hoed af vir boere.

    Like

  2. seegogga sê:

    Y
    Sent from my BlackBerry®

    Like

  3. murphy sê:

    Lank lewe die boer!!!

    Like

  4. Kameel sê:

    Die mens kan mos die lewe baie as vanselfsprekend aanvaar. Goed jy skud ons ‘n bietjie wakker ;

    Like

  5. Ding sê:

    Naandsê Toorts
    Dit is nou alles baie mooi en baie waar wat jy sê, maar nie verteenwoordigend van die hele reënboognasie nie.
    Boere buit hulle werkers uit deur hulle nie mimimum lone te betaal nie en waar dit so gebeur is dit NIE Departement Arbeid se werk om te sorg dat daardie skuldiges vasgevat word nie, o nee, dit is plaaswerkers se prerogatief om die plase te brand.
    Boere buit hulle werkers uit deurdat hulle nie vir die werkers ordentlike huisvesting bied nie, terwyl dit van geen ander werkgewers verwag word nie.
    Boere het nie ruggraat nie, want dit is heeltemal aanvaarbaar vir ‘n verteenwoordiger van ‘n werkersunie om op nasionale televisie vir ‘n landbou-unie verteenwoordiger te sê: “…. ons is nou gatvol vir julle…”.
    Boere sit almal vasgevang in hulle illusie van wit verhewendheid, want hulle het almal van apartheid gebaat en weier om die grond wat hulle almal gesteel het van die inboorlinge van hierdie land, terug te gee aan die inboorlinge.
    Boere word nie meer uitgemoor as die res van die bevolking van die land – dit is alles versinsel, selfs Nederland reken so. Die probleem is dat Boere nie bereid is om die res van die bevolking te leer ken nie en as Boere regtig bang is omdat hulle “sitting ducks” geword het, is die antwoord eenvoudig: moenie alleen op ‘n plaas woon nie – trek!

    Wat is Ding se punt?

    Ding se punt is: Boere is ‘n bedreigde spesie en daar is niks meer romanties aan boer-wees nie. Feite is dat ons land lankal nie meer selfvoorsienend in ons voedselbehoefte is nie – ons voer toenemend meer produkte in; ons voedselsekerheid is lankal nie meer in die weegskaal nie – ons voer eenvoudig in! Wanneer laas het enigiemand gekyk en vergelyk hoe lyk die skaapboerdery in die Karoo teenoor 20 jaar gelede, net as voorbeeld? Wanneer laas het iemand die moeite gedoen om te vergelyk hoe SA se koringverbouing lyk teenoor 20 jaar gelede?

    Dit is tyd dat minder mense hulle tyd verkwis met die probeer verstaan van die kompleksiteit van ons bevolking en prioriteite regkry en die boer daadwerklik ondersteun, eerder as om die “ander” mense te probeer verstaan! Ten minste vra jy ook dat mense die lewe vir boere minder moeilik sal maak – sela.

    Grondgroete
    Ding

    Like

  6. Flenters sê:

    Hoor hoor

    Like

  7. brieweuitdievreemde sê:

    Toortsie & Ding: goed gestel!

    Like

  8. seegogga sê:

    Ek het eintlik bedoel: Ja,! ongelooflik! ‘n Mens besef nie elke dag presies HOE afhanklik almal, die hele mensdom, van die boerdery is nie!

    Like

  9. Terug pieng: Hoekom sal iemand reën wil hê? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s