In die gees van kersfees

So rondom kersfees hoor mens van soveel welwillendheid, van mense wat iets “anders” doen.

‘n Groep vriende het, in plaas van ‘n klomp geld spandeer en vir mekaar duur geskenke koop, eerder elkeen iets in sy huis/garage/werkswinkel geneem en dit toegedraai. Al hierdie geskenke is toe by mense wie dit beslis kan gebruik, gaan uitdeel. Wat ‘n wonderlike gedagte!!

Ander vriende neem al die afgelope paar jaar ‘n ouetehuis (in ‘n arm woonbuurt), wat sowat 20 inwoners het, onder hul vlerk. Met ‘n vorige kersfees het hulle die massas kos wat oor was ná die kersete, by die tehuis gaan aflaai. Daardie mense het ‘n fees gehad soos nog nooit tevore nie. Die volgende jaar het hulle die 23e gegaan en die sitkamer gaan optooi vir die kerspartytjie, en by elke inwoner gehoor wat hulle graag vir kersfees sou wou hê. Die versoeke was eenvoudige dinge, soos haarvoedsel (hair treatment), Boxer tabak, lekkers, ens. Wel, die geskenke is gekoop, en saam met dit die heerlikste eetgoedjies,  het die gesin toe oukersaand saam met hierdie mense wat nog net altyd die agterkant van die lewe gesien het, gaan fees vier.

Iemand het die persoon voor hom in die ry se kruideniersware betaal….

Dalk het jy iemand wat alleen is, na jou kersete genooi?

Was jy dalk ook al betrokke by iets wat “anders” is? Wat het jy al gedoen wat kersfees vir iemand anders, wie dit andersins nie sou hê nie, spesiaal sou maak?

Toorts

16 thoughts on “In die gees van kersfees

  1. Cool post, Toorts! Ek was al amper lus om ‘n galbrakende blog te skryf oor die massaverbruikerssiekte wat mense oor kersfees oorval. Maar die goed waaroor jy skryf is presies waaroor dit eerder moet gaan – gee, medemenslikheid! Natuurlik vir die diere ook 😉

    Like

  2. Dit is die gees van kersfees!! Dit breek my hart wanneer ek die duur geskenke sien wat aan die kinders uitgedeel word. “Vat die kinders dat hulle geskenke aan die arm kinders kan gaan uitdeel!!” roep dit hier in my binneste.
    Ek het een kersoggend by die winkel ‘n vrou en haar kind sien ronddwaal. Vra haar toe wat het hulle vir kersfees beplan. Op haar niks, laai ek haar in die kar… en tot Ken se groot verbasing kom ek met die vreemdeling en haar kind by die huis aan. Ons was vir kersete na ons Hollandse vriende genooi; maar ek het geweet sy sal verstaan as Kameel met ‘n gebreekte vlerk voël en haar kuiken daar opdaag.

    Like

    1. Ek was anderdag se Moedersdag soos my vinger alleen en uit die vaal bloute het iemand op my af gestorm en vir my ‘n kaartjie vir Nianell se show wat oor 2minute sou begin in die hand gestop en gesê : gaan en geniet dit.

      Dit is van my gunstelings sangers en ‘n blessing wat ek gekry het op ‘n dag wat my gemoed seerlaag was.

      Oor ek weet hoeveel so random act of kindness vir ‘n afvlerk voël beteken gee ek jou sommer ‘n drukkie !

      Like

  3. Ek probeer altyd sover ek kan iets gee wat ek gemaak het en wat die ontvanger kan gebruik. My mond hang oop as ek sien wat mense vir kinders koop. Driejarigers met XBoxes, kinders in doeke met bikes. Waar eindig dit? Wat is ooit genoeg vir daardie kind? Hoe leer jy hom/haar die kosbaarheid agter ‘n notaboekie met liefde oorgetrek want die persoon wat dit gee weet jy wil altyd skryf? Hoe sien daardie kind ooit ‘n klip in die vorm van ‘n hart en buk en tel dit op en vat dit huis toe?

    Tog is dit die betrokke ouers wat hande in die hare sit en murmureer want die kind is met niks tevrede nie. Ag maggies man – die kind word in opregte onskuld gebore.

    Toorts – ‘n mens kan nie die wêreld verander nie, maar jy kan ‘n enkele mens se lewe onherroeplik aanraak met die gringste gebaar van opregtheid. Jy doen mooi en jy doen reg en ek lees en dit maak so warmte in my, want daar is mense wat omgee en probeer.

    Like

  4. Op ‘n slag het ek met my kar gaan staan. Bedelaar help my toe stoot, ek vertel hom toe ek het nie geld nie. Hy lag toe breed vertoon trots sy een tand. Nee meneer ek wil net help antwoord hy. Lekker onverwagse geskenk.

    Like

  5. Ai dis lekker om jou skryfsels te lees. Jou vermoë om aan my hartsnare te raak reik verder as wat jy dink. In die afwesigheid van my eie muse kan ek altyd deur jou pennevrug blaai en ge”move” word tot groter dinge. Geseènde Kersfees van die klein meneertjie.

    Like

  6. weet jy toorts wat my die hartseerste maak is dat mense ‘n geleentheid soos Kersfees soek om iets te doen, maar as ons net ons oë oophou is daar daagliks rondom ons woordelose krete wat smeek vir hulp, maar ons is te betrokke by ons eie laste om dit raak te sien.

    daar is niks wat my so gelukkig maak soos ‘n glimlag of ‘n kopknik, van wardeering. ek was nou die ander dag in Checkers, want net hulle hou die yoghart aan wat ek love, en daar staan ‘n mama met ‘n kleinding op haar rug en so klein snot-neusie aan haar sy, en ek sien die dingetjie bly terug kyk, en ek draai om om te sien wat sy sien, en daar op die rak is so snoesige lappop, ek draai toe om en gaan haal dit van die rak af en gee dit vir haar, met die geldjie om daarvoor te betaal, en die dankbaarheid in die mama se oë was so mooi dat ek gewens het ek kon vir hulle die maan gaan haal, die kleinding wou nie eers die pop vir die kassier gee om te lui nie, het net koppie geskud en op die grond gaan sit met haar kosbare skat, en dit het my soos ‘n vuishou in die maag getref……….

    Like

  7. Kyk nou net hoe het jy iemand se hart gesteel! Ek glo ook om die hele jaar betrokke te wees. Teen hierdie tyd is ek al met vakansie en voel rustig dat ek, wat ons werkers aanbetref, ons deel gedoen het. Maar baie mense was dalk deur die jaar so besig en voel dalk om nou iets te doen. Gelukkig Kan hul nog! Dis nooit te laat nie. Dankie vir die pop!

    Like

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord