Ursula praat haar hart uit

Hello julle, ek is Ursula, Toortsie se alter ego. Ek weet sy het al van my vertel hier op haar blog, maar vandag wil ek ‘n bietjie vir julle vertel hoe moeilik is dit om saam met haar , die kamtige Toorts, te leef! Haar kop is só deurmekaar en dan verwag sy dat ek dinge vir haar moet reghou. Vir als wat skeefloop, kry ék die skuld, maar julle weet nie wát sy als aanvang nie!

Sy is so aandagafleibaar… begin hier met ‘n ding, gaan daar aan met iets anders… skink vir haar koppies vol tee in wat sy net iewers neersit, sy verloor aanmekaar haar glas met koeldrank of wat daar ookal in is!! 😯 Genadiglik drink sy nie baie nie, anders weet ek nie wat sou gebeur nie! Van PENNE praat ek nie eers nie!

En hierdie SPINNEKOP ding. Julle VERSTAAN NIE!! Ons hoor net ‘n gil, dan weet ons… Haar arme man!!!

Toe ons in Pretoria was, het ek net my kop in my hande gesit! Sy het net GEEN rigting nie! Haar dogter het dit ook ‘n paar keer gesê!!  noord? oos? wes? suid? wat’s die verskil? ❓

Haar 50ste verjaarsdag was die toppunt. SES weke voor die tyd besluit sy sy gaan ‘n partytjie hou, skryf ‘n klomp name op ‘n lys, skep op facebook ‘n geleentheid, nooi ‘n klomp op die lys en ook wie nie op die lys is nie. Toe skielik ‘n week voor die tyd onthou sy dat ‘n klomp van haar vriendinne nie op fb is nie, toe moet hulle skielik gebel en gesms word! En loop sy iemand op straat raak, nóói sy, wat wou die lys? Maar die ergste van alles is dat sy nie kan onthou wie genooi is, wie kom, nie! Sy het nie ‘n idee gehad HOEVEEL mense kom nie!! Gelukkig het een van haar vriendinne aangebied om soetgoed te maak, anders weet ek nie wat sou gebeur nie! … (Wat net vir my baie vreemd is, is dat sy in haar kop gedink het dat daar dalk ‘n sekere hoeveelheid mense sou kom, en sy sit toe soveel stoele uit. Presies reg! ?? Vreemd!! )

…en dan sê sy iets soos: “Op die ou end loop als reg”…… en sy besef nie hoe ék die dinge moet regtrek so vinnig soos sy deurmekaartrek nie!!!

…en haar pratery!!! 😯  (fluister)…. sy praat met haarself, die rekenaar, die hond, die bed, die tafel, haar klere, die blomme, as sy slaap…….

Hoekom het ek vir haar gekry?

Ursula

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos Facebookpage

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Ursula and tagged . Bookmark the permalink.

7 Responses to Ursula praat haar hart uit

  1. Kameel sê:

    Arme Ursula….. maar dan daar is ook die klein dingetjies om voor dankbaar te wees. Is jy nie bly sy druk nie haar bottermes in die stroop of konfyt nie? Think on the bright side of life… how boring would it have been without all these……”mishaps?” 😉

    Like

  2. brieweuitdievreemde sê:

    Ag wat, Ursula, Toortsie klink vir my baie normaal 🙂

    Like

  3. Vlooi sê:

    It has been known dat ek met die wind praat Toortsie ….. in daardie oomblik wat ek dink die wind kan my woorde vang en wegdra vergeet ek dat dit net ‘n wind is ….

    moenie dat ander mense vir Ursula te vertel het daar is ‘fout’ met haar nie.

    Like

  4. Terug pieng: Joegoooooeeeeeee!!!!!! | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  5. Terug pieng: Ursula | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s