Pretoria! Jou lekker ding!

As sekere van ons vriende in die toekoms gaan hoor dat ons Pretoria toe kom, gaan hulle sê: “Nee, ons is nie tuis nie”, of hulle gaan sê: “Watter avontuur gaan ons nou weer hê?”….

Asof ek hulle nie laas toe ons daar was, al behoorlik  uit hulle roetine gehaal het nie, en ek belowe het ons kom nie nog ‘n keer dié jaar nie!! 😉

So is ons toe ‘n hele “afvaardiging” wat ‘n blitsbesigheidsbesoek in Pretoria moes gaan doen. Eerste van als kies die vlieënier toe om die 4×4 roete vir vliegtuie te volg :mrgreen: … vir julle wat grondpaaie ken….. dis sinkplaatpad, potholes…..!!! Die ergste was toe … toemaar!

gautreinOns nooi toe ons vriende om saam met ons met die Gautrein te ry tot in Sandton, en daar te eet. Die Gautrein IS mos 24 uur aan diens, of hoe? Ná ‘n heerlike ete in Pappas vra ons terloops hoe laat die volgende trein is…. “Dame, as u gou spring, kan u dit dalk nog maak…” Ons mis die laaste trein van die aand met 2 minute!!

Amper veroorsaak ons toe ‘n taxi-oorlog want ons vra toe by “verkeerde” mini-bus taxi om ons na Centurion toe te neem. Die “regte” taxi-bestuurder verduidelik toe dat daar op ons geskiet sou word as ons met die ander een sou ry….. !! Aangekom by Centurion se Gautreinstasie, saam  met die vriendelike “James”, is die hekke bottoe!! Ons kan nie by ons voertuie kom nie! Die taxi’s stem in om ons na ons gastehuis te neem. Daar aangekom…. uhm…. kamersleutels lê in voertuie. En die vriende se huis se sleutels ook!! So, hulle moet dalk by ons slaap….. 😉

Gelukkig het D* by die stasie se hek afgeklim, want E* sou hom daar kom optel. Hy kry toe toestemming om wel tot by die motors te mag stap. So, D* en E* kom toe met E* se karretjie tot by die gastehuis, kry die motorsleutels, neem een van die vriende se kinders saam, en terug stasie toe, waar hy die kamersleutels en die vriende se huis se sleutels kry. (Intussen het ons die eienaar van die plek wakker gebel en het duplikaatsleutels gebring.) Toe is dit tot by Moreleta om die vriende se ander motor te gaan haal…. heen en weer…. tot uiteindelik 12 nm toe elke uil op sy kluit is….

Gister het als goed verloop. Weer heen en weer om die voertuie te gaan haal, natuurlik met ‘n hele nag se parkeerkoste, en en en…

Op Lanseria se lughawe het ons heerlik op die dek gesit en ontspan, toe die storm ewe skielik aankom…..

Maar hierdie terugvlug het ons “plain sailing” gedoen….

Kan julle dink hoe “boring” dit sou wees as ons die trein betyds gekry het? en Hello….. ek dog ons is in Johannesburg? Stop julle regtig half 9 saans met lewe?

plattelandtoorts

Advertisements

19 thoughts on “Pretoria! Jou lekker ding!

  1. Dit is diè dinge wat die lewe so interessant maak 😉 Negeuur in die stad: Skat is die motor in die motorhuis, en die motoralarm aan? “Ja,” Is jy seker die hekke is gesluit, die vensters almal toe, en elke deur gesluit. “Ja.” Het jy die alarm aan? “Ja.” “Is die rewolwer langs die bed? “Ja.” Nag skat. “Nag.” Grappie.

    Like

  2. Daardie D en E en toe D met E se kar se … jong nie verniet die stad het tot rus gekom nie, klink na Wiskunde probleem, nogal tegniese krisis.. Het jou storie noyu regtig geniet…

    Like

      1. Sukkel nog met long/suurstof tekort. Voel so gedaan soos iemand uit die ouetehuis…pilletjies op ‘n ry. Neubiliseerder, dan pille, dan Pompie indien ek aan’t hoes/hyg gaan ! Dan gaan ek 11 uur(vm) skuins lê ..moeg asemgehaal..skrik my buite weste as die foontjie lui, vir afspraak by die Kinta se plek.Dan klink ek so vreemd in my eie ore…kla ek nou so verdomp aanmekaar op jou blog…skies tog!!

        Like

        1. Ek is so bly om jou stem te hoor, jy kan maar kla!!! 🙂 Ek het juis in my deel van ons blogstorie gesê jy begin weer beter asemhaal, want jy moet regkom!! Ons is aan die toer in die woestyn en die stof is nie goed vir seer longe nie!! Hoop jy is gou gesond, regtig. En jy MAG maar vertel hoe dit gaan hoe gaan ek ander weet?

          Like

  3. Toortsie, gelukkig was julle darem ‘n groepie mense, verbeel jou jy was alleen gewees. Nee, regtig, vir Johannesburg is ek so bang soos die duiwel vir ‘n slypsteen. Seker maar uit onkunde, maar noord van die Vaalrivier klink nie vir my na ‘n lekker plek nie. Nie meer nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s