Avonture in die woestyn (2)

Seegogga het (l) geskryf.

Bokant die gehuil, en gekerm, en gegil kom ‘n stem, “STILTE!!”  Dit is die donkie wat met gesag praat.  “Bloggers, hierdie chaos gaan niemand help nie, word rustig sodat ons op ‘n plan van aksie kan besluit.  Ons sal vergadering moet hou.”  “Ja, mense luister vir die donkie, dit help nie julle kyk in die donkerte vas nie, daar sal weer lig kom,” sê Lekkerjeuk vanwaar sy rustig op haar rug lê, en die donkerte instaar.  “Bileam, ek het nie nou tyd vir vergadering nie, hierdie dessitse e-boek moet uit, en hier sit ek nou in die donkerte.” MaanKind.  “Waar is jou lig heen MaanKind,” vra die Donkie besorg.  Soos ‘n koor weergalm dit in die donkerte, “Ja, waar is jou lig MaanKind, ons hoor of sien niks meer van jou nie?”  MaanKind sug.  “My energie is alles in die e-boeke in, daar is nie eers tyd om my voete in die seewater te gaan natmaak nie.”  “Iemand in hierdie land moet werk.” brom Olga onderlangs.

“Toortsie,” dit is weer die donkie wat praat.  “Ek is bekommerd oor jou, hoe is dit dat jou lig uitgegaan het?”  “Sê eerder uitgebrand Bileam.  Oestyd is mos altyd besig, maar hierdie jaar het dit doller as ooit gegaan. Daar was Departementele ondersoeke, en my verjaarsdag tussenin.  Toe moet ek Pretoria toe, en daarop volg stakings, en reën, en die oes…..”  So opgewerk is ek, ek loop alweer in my slaap rond.”  In die donkerte “siestog,” en “foeitog,” al wat ‘n stem is.  “Wat van jou Son?  Hoekom skyn jy nie meer nie?” vra die Boer.  “Het jy nie gehoor ek staak nie?  Vergeet van werk, ek vat nou wat ek wil hê, en wat ek wil hê is tyd vir myself om oor vêr lande te droom.”  Haar stem is soos die vlam van ‘n vuur.

‘n Koue windjie begin waai.  Seegogga voel, voel in haar knapsak, en trek ‘n lekker warm baadjie daaruit.  Daar is ‘n sagte glimlag om haar mond toe sy die baadjie met sy bekende reuk aantrek.  ‘n  gesnik laat almal na die plek kyk vanwaar dit kom.  “Wat is verkeerd?” vra Kindvanafrika, en soek, soek in die donker na die persoon se hand.  Sy sê dit nie, maar sy het self behoefte om in hierdie donker nag iemand se hand vas te hou.  “Dit iiiiiis myyyyyy boeeeke,” praat Vreemdeling (Brieweuitdievreemde) deur haar snikke.  Uiteindelik kom die storie uit.  Die oomblik toe die ligte uitgegaan het, het sy deur al die duisende boeke wat sy al gelees het, gesoek na ‘n oplossing vir die donkerprobleem.  Tot haar ontnugtering moes sy ontdek dat sy baie min onthou van al die woorde wat sy al gelees het.

“Re’vanche,” Dirkie, en begin hoes. “Wat?” kom die koor weer. “ Dit beteken vergelding,” antwoord die merrie.  “Ek dink wat sy vir ons probeer sê is hierdie is die nag van vergelding.”  Vanuit die donker nag kom liggies nader…. dit beweeg dan hier, dan daar.  ‘n Figuur neem vorm aan, en dan staan Slakkelak in die sagte lig.  In haar hande hou sy duisende vuurvliegies vas; haar gesig stralend in die lig daarvan.  “Ek het vir julle lig gebring,” sê sy.  Almal begin juig, maar voordat die blydskap sy klimaks kan bereik, treë ‘n figuur uit die donker nader.  Karen met ‘n uil op haar skouer.  “Slegte nuus,” sê sy.  “Die uil sê ons moet so vinnig as moontlik oppak en padgee. Daar is ‘n Woestynbende oppad hierheen.  Hulle is vlugvoetig en beweeg soos die wind.  Daar is haat in hulle hart, en wraak op hulle gedagtes.”  “Die verdomde spul, wonder of hulle ooit bad!!”  sê Olga, en buk om haar laptop in die knapsak te sit.

“Re’vanche,” sê Dirkie.

Toortsie lig ons asseblief in wat verder gebeur het.

11 thoughts on “Avonture in die woestyn (2)

  1. Jou storie is UITSTEKEND, maar ek wonder of EK nou op hierdie oomblik die regte een is wat die storie moet aanvat…. jy weet, daai moordbende….. maar gee kans, dalk skryf ek myself uit die donkerte uit…
    Ek het so gelag dat my dogter van die kamer langsaan vra :”Wat nou?”

    Like

  2. Jou lig is uit Toorts, jy sal vir ons van hierdie donker nag sonder jou lig moet vertel. Voel jou pad deur dit…. watse geheime lê in die donker? Ek lag net so lekker terwyl ek aan julle almal dink 😆

    Like

  3. Terug pieng: allergic2grass

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s