Avontuur in die woestyn (3)

Seegogga het die verhaal begin , Kameel het dit voortgesit….

Karen met ‘n uil op haar skouer.  “Slegte nuus,” sê sy.  “Die uil sê ons moet so vinnig as moontlik oppak en padgee. Daar is ‘n Woestynbende oppad hierheen.  Hulle is vlugvoetig en beweeg soos die wind.  Daar is haat in hulle hart, en wraak op hulle gedagtes.” ….

“‘n Komplot? Waarom is daar ‘n komplot teen ons?” vra Kind van Afrika. “Ons bloggers pla mos niemand nie? Wat het die mense teen ons?  Ons probeer net ons bes? Ons probeer goed doen vir ander? Wat is die probleem?”

“Hulle wil ons weg hê. Hulle hou nie van ons nie. Ons is vir hulle ‘n bedreiging.” antwoord Olga.  “Hulle sê ons spandeer te veel tyd op ons blogs. Hulle hou ook nie daarvan dat ons dit so baie geniet nie,” las Murphy by.

“Ag, wat gaan ons maak?” vra Papierkind. “Ons is so weerloos. Almal haat ons. Ons is min!! en nou is dit nog donker ook!!”

“Komaan mense, ons moet aan ‘n plan dink. Ons kan nie net hier sit en wag om uitgewis te word nie. Ons moet dink hoe ons onsself kan verdedig. Ons gaan nie sommer net tou opgooi nie!!” stel Boer in Ballingskap voor. “Ons het baie vriende daarbuite. Kom ons dink ‘n bietjie wie is ons goedgesind?” “Ja”, sê die Goeienuusloli, “nie ALMAL is ons sleggesind nie! Daar is BAIE goeie mense daar buite!!”

Toortsie: “Ja! Ons hét baie vriende. Soos soveel van my facebook maatjies.” Kameel: “Sonlig! Sy is ook nie ‘n blogger nie, maar is ons baie goedgesind. Hier in die woestyn is baie van my kameelvriende wat ons sal kom help!” Heksie onthou skielik van hoeveel heksemaatjies sy het, almal met besems om ons te beskerm! Die Merrie ken ook ‘n stal vol perde!! “En ek, Vreemdeling, het ook vriende wat kan help!”

Donkie: “Komaan Bloggers, daar is altyd Hoop. Ons moet net daarop konsentreer. Kyk, dis glad nie meer so donker nie, daarvoor het Slakkelak en haar vuurvliegies gesorg. Kom ons begin konsentreer op die Hoop.”

Ja, sê Toorts: “Kom ons sing ons vrese weg!! Sing saam met my!”….

Terwyl die bloggers so lekker saamsing, en Jan Twak ‘n bietjie stories vertel om hulle aandag af te lei, begin die hoop weer in hulle harte vlamvat…. Toorts se liggie begin weer dofweg skyn, die Son het al soveel geskuif dat sy strale weer op Maankind begin val en ook sy weer ‘n sagte gloed begin kry, Seegogga se baadjie met die bekende reuk gee vir haar die nodige warmte dat sy weer moed begin skep, en Dirkie begin voel of sy weer kan asemhaal…

Kameel vra: “Voel julle die verandering in die lug?”…..

Lekkerjeuk, sal jy asb die storie verder vat en weer vir ‘n volgende een aangee?

dowweligtoorts

Ns, onthou, daar is baie bloggers wie nie eers hier genoem is nie wat ook deel van die groep is. Hulle het net stilgebly op HIERDIE oomblik!

24 thoughts on “Avontuur in die woestyn (3)

  1. Toorts ek sal sanglesse moet neem…. as jy net weet hoe vals sing ek 😦 Toe ek hoor ons gaan sing was dit my beurt om heerlik te lag.) 😆

    Like

  2. Toortsie, vanoggend terwyl ek oor die wasbak buk om my mond uit te spoel, tref jou woorde “Voel julle die verandering in die lug? my tussen die oë. Net daar bars ek uit van die lag dat tandepasta en water spat. Toe ek eers in ‘n lagbui is, kan ek natuurlik nie ophou nie 😆 Mooi man, ek is reg vir die dag na so ‘n vrolikheid!!!!.

    Like

  3. o flip toorts ek het al weer in die water gespring voorlat ek die flippen storie mooi belees het, ek dag seegogga het my vergeet en toe hoop ek die hele kaboedel is oppad na my toe, so nou sal ek maar die kos en die wyn saamneem en lekker saam julle die avontuur van ‘n blogtyd beleef….. oeeppps ‘my bad’

    lekker lekker ek voel dit ook……
    laat my nou dink aan oupa se ou combi, die elendige ding het ons altyd in die oë gesit, en reg voor die kerk of winkel gaan staan soos ‘n steeks donkie (sorry doom donkie) dan het oupa altyd gesê, kom julle dolletjies sing sodat die wiele kan dans….. en dan sing ons uit volle bors elke kerk liedjie wat jy aan kan dink, en woerts daar spring combi en ons is weer op ons pad!!!!

    Like

    1. Sien! ‘n Singery WERK!!! Ons sal wraggies vir Kameel moet leer saamsing! Kameel! Dit hoeffie op die noot te wees nie, sing net UIT VOLLE BORS! En nee, nie een blogger is vergeet nie! Elkeen sit mos maar by wie hy onthou. Onthou, almal het dalk net nie gepraat op daardie oomblik nie! Of sommige hou daarvan om eers die ding uit te kyk voor hulle reageer! 🙂

      Like

    1. Vlooi, het jy ‘n idee hoe dankbaar ek is dat jy saamsing…. om weer jou stem te hoor. Ek het kort-kort na daardie gesluite hek gaan loer, en dan na Bo gepraat.
      Die Kameel 🙂

      Like

        1. Vlooi ek sien jy het jou woorde vir Toorts gegee. Dan gee ek my woorde wat my deur baie swaarkry dae gedra het vir jou.
          May I realize today more than ever before that I belong to Christ, that I belong to Christ, that I belong to Christ. In Christ I have my Peace, my Power, and my Plenty. In Christ I have the Way, the Truth and the Life. In Christ I live, and move and have my being.

          Like

          1. @ Toortsie – ek hoop lankal nie meer… wanneer die tyd reg is sal die Hoop weer in my ontwaak
            @ Kameel – dankie vir jou woorde wat jy vandag vir my gee. I belong …. As jy maar kan weet hoe kosbaar daardie twee woorde op hierdie dag vir my is

            Like

  4. Terug pieng: allergic2grass

Gesels saam, asseblief!