op versoek van die Seegogga….

… moet julle nou ALMAL saam met my sing uit die OU FAK. (Laat ek EEN sien wie nie saamsing nie!!!, dan is daar moeilikheid…..)

1. (op wysie van Rokkies wou sy dra)

Rympies moet ek maak, het Seegogga gevra

Wat wil ek alles doen, soos die ouvrou se skoen….

2. (op wysie van Suikerbossie)

Die jaar het op sy rug gaan lê, en ek is nou so lekker pê

So, al wat ek dan nou wil hê, is om op Struisbaai se strand te gaan lê….

(sy kan nie koek bak nie…) Ons pak die nuwe jaar met nuwe lus,

want as als goed gaan, is ons uitgerus.

Departement Arbeid kom my vroeg besoek,

en wat dan daarop volg, moet ons nog soek!!

3. (Eendjies, eendjies)

Skapies, skapies, loop in ‘n ry

1, 2, 3, 4, stap hul verby

Kyk hoe lekker vet is jy

Staan nou op die skaal vir my…..

4. (Aanstap, aanstap)

Aanstap, aanstap, na die Potterberg

waar die walvis bly…

Seringhetti, sal ook lekker wees,

anders bly ek tuis…

…………………………………..

Uit die Nuwe FAK sing ons uit volle bors op Ons vir jou, SA, se wysie. Die koor is onveranderd uit die FAK gehaal.

5. En dan is daar studies

Dis blokfluit, kitaar

Die orrel die roep, hy roep al so lank, moet ek tog maar luister?

Dis Bybelkunde, en ‘n werkstuk daarby

en liedjies vir kinders, kom ons leer hul brei…..

Ons vir jou, Suid-Afrika!!! Ons vir jou, Suid-Afrika!!

Gee nie om wie voor ons staan, soos ‘n rots staan ons nasie saam,

Ons vir jou, Suid-Afrika!!!!

😆 :mrgreen:

singsongtoorts

 

4 thoughts on “op versoek van die Seegogga….

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s