Om vir Xena gelukkig te hou, nie omdat ek, die Toorts dit wil nie, mag julle van nou, 18 minute oor 11 in die aand, 27 Nov 2012, tot môre-aand dieselfde tyd vir my vra wat julle wil, of ‘n opdrag gee waaroor ek moet skryf…. Onthou, julle moet nou nie goed loop vra wat ek nie hier in die openbaar kan antwoord nie!! 😯
En Seegogga, Kameel, en Vreemdeling word uitgedaag om dieselfde te doen vir 24 uur…. as julle wil….. 😉
Eintlik dink ek dit sou baie lekkerder gewees het as julle die vragie vra en ek antwoord in die vorm van ‘n liedjie, soos lank lank gelede…..
Toorts wat haar vir peanuts uitgee 😦
ja, jong, nou kan jy ons vertel hoeveel kerels agter jou aangeloop het op skool, ens. maar ek wil liewer vra, siende dat jy nou die nuwe FAK het, dat jy ‘n liedjie of rympie moet maak van alles wat jy nog wil doen voor jy 51 word.
LikeLike
Die kerels een is maklik. Geen! Ek was die hoofklooster van die skool. Oor die 2e een moet ek dink… Maar nou is dit eers slaaptyd. Lekker slaap!
LikeLike
janee, hoogtyd die slaaptyd
LikeLike
Talk about one of your bad habits. Sê dankie Kameel dat jy my genadig is, en net vir een vra, en nie vir almal nie 😉
LikeLike
Maar Kameel, daar is nie eers een nie!! Wat nog te sê “almal”? Bad Habits? Ek LOOP en PRAAT in my slaap! En dan VERDWAAL ek en moet ek in die DONKER vir baie lank VOEL waar ek is…. 😦
LikeLike
Loop jy waaragtig in jou slaap Toortsie? 😯
LikeLike
Ja!
LikeLike
Kan die Toorts stilsit wonder ek nou….
LikeLike
Gits, Plasie, wk kan ook nie dink of ek al gesien het dat sy stilsit nie…. 😉
LikeLike
Ooooo nou onthou ek….. daar was EEN keer!!! Nie lank terug nie, op ‘n Saterdag, wat ek kuiergaste gehad het en ons het gebraai, oftewel, die kuiergaste het gebraai, en ek het stil gesit!! 😉
LikeLike
Ek was ook daar, maar ek het nie gesien dat die Toorts stilsit nie! Dis koek aandra en kossies en goeters en kos vat vir die boer op die land ens
LikeLike
Gits! Dan het sy mos die gaste onrustig gemaak? 😯
LikeLike
Nee , sy was net die perfekte gasvrou!
LikeLike
ek like die skool se klooster, ek was ook een van daai, maar my rede was dat ek altyd gedink en geglo het dat ek nie goed genoeg was nie, dit is eers toe ons Hemel Vader mannas op my pad gestuur het dat ek kon leer om te leef, en kon leer om myself as goed genoeg te ag, en ek dank die liewe Vader elke dag vir daardie reëndag …..
as ek mag saamspeel sal ek graag wil vra dat jy by my truth or dare gaan inloer en jou antwoord daar by my los….
en my vraag aan jou is, emmm, emmm, moes jy al jou woorde sluk oor iemand wat jy geoordeel het, en wat toe heeltemal die teenoorgestelde was wat jy gedink het hy/sy is??????
LikeLike
Dit gebeur tog soms dat ‘n mens iemand verkeerd opsom. Maar ek dink tog, eintlik weet ek dat God vir my die gawe van onderskeiding gegee het – om te onderskei of iemand regtig die iemand is wat hy/sy is… En ja, die meeste kere as my hare regop gestaan het, het ek daarna besef dat dit reg was…
LikeLike
JInne, ek het darem nooit iemand met die pistool teen die kop gedreig om saam te speel nie. 😉 Net gedink dit is iets prettig om die tyd mee te verdryf.
Dare: As jy een ding in elkeen van jou kinders sal kan verander, wat sal dit wees en hoekom?
Truth: Wat is jou gunsteling posts om te lees?
As jy enige blogger kan ontmoet (natuurlik iemand wat jy nog nie ontmoet het nie), wie sal dit wees en hoekom?
Waarvoor sal jy aan ‘n oorlog deelneem?
LikeLike
Jitte, nie ‘n pistool nie, maar oorlog? 😆
En ja, dit IS heel prettig!!
Jô jô jô jy vra vreeslike goed!! Wat sal ek aan my kinders verander? As mens vinnig dink, is daar mos iets, maar as jy regtig diep dink, dan sê jy: Baie dankie vir elke kind wat is, presies soos hy/sy is. En nee, ek wil hulle regtig nie verander nie.
Gunsteling posts? Ek lees deesdae so min. Eerstens moet dit nie té lank wees nie, want as ek lees wil ek klaar kry. Lekker ligte goed. My heel gunsteling? Die heks, natuurlik! Positiewe goed wat nie my moed in my skoene laat sak nie, wat my help om in moeilike omstandighede positief te bly.
Ek dink nogals ek sal vir die Donkie wil ontmoet. Dalk omdat ons geestelike wortels op dieselfde plek is?
Oorlog deelneem? Vir my kinders.En my kleinkind.
LikeLike
Hi Toortsie, dankie, maar ‘n ander blogger het my reeds ge’tag’ in die Truth or Dare speletjie – dis hier: http://brieweuitdievreemde.wordpress.com/2012/11/19/truth-or-dare/
My vraag aan jou is (en sjoe! ek is nog betyds 🙂 ): As jy nou absoluut MOES gaan leef in ‘n ander land as ZA, waar sou dit wees en waarom?
LikeLike
Australië, omdat van my mense al daar is. Wes-Australië lyk baie soos hier. Die Suid-Afrikaners pas baie maklik daar aan. En ja, ons sal seker daar ook boer…
LikeLike