Ouma kry ‘n boom….

Ek het die olifant geroep, en nou sit ek met ‘n boom wat ek nie weet waarmee heen nie.  Die 30 cm boompies wat die kinders huistoe gebring het, was toe bietjie groter as dit.  Die twee seuns het hulle bome plot toe gevat om daar geplant te word, maar die blondekop wou haar boom self plant.  Oor die naweek stap ek deur die motorhuis, en daar staan die boom, kurkdroog en sonder lig.  Natuurlik tel ek hom op, en dra hom na die Voëlnes se tuin toe.  Die tuin is nie veel groter as die Voëlnes self nie, maar net miskien is daar ‘n plekkie vir hom.

“River Bush Willow,” lees ek op die kaartjie, en gaan kyk op die internet hoe groot word die meneer.

“ A medium-sized deciduous tree (up to 12 m). It grows along riverbanks, often leaning over at crazy angles as a result of flooding. It is found over most of KwaZulu-Natal, the former Transvaal and the Eastern Cape. The new spring leaves are a delicate pale green, often tinged with cream, darkening to a fresh green when mature. In April the leaves start to turn yellow, then red (the specific name “erythrophyllum” means red leaves). Trees are leafless for about 3 months. The inconspicuous cream or pale yellow flowers are carried in dense spherical spikes about 10 mm in diameter and appear just after the new leaves. The fruit (which is poisonous and can cause violent hiccups) is a samara. They are used in traditional medicine as a de-worming remedy. This species is an excellent tree for gardens. It grows rapidly from seed and cuttings and gives shade after 4 years. It reaches a height and spread of between 6-9 m in gardens. It has been fairly extensively used as an avenue tree and as shade trees in parking lots (specimens have been planted in the parking area south of the Aula building on campus. It is frost hardy and drought-resistant. Seeds germinate easily and the plants are fast growing, drought and frost-resistant. This species was Tree of the Year in 1995.”

Daardie rooi blare in die herfs….. hoe pragtig!!!  Waar kan ek tog die boom plant sodat ek my eie Midlands in die herfs kan hê?

Room en liggeel blomme spel hooikoors.  Behalwe vir Ken, nies, proes en blaas almal op hierdie erf, en dit sonder die boom.  Maar die blomme is nie opvallend nie…. miskien is hulle bydrae tot hooikoors ook onopvallend.

Die hoogte, en breedte is ‘n probleem.  So geil soos plante in die Jakarandastad groei gaan die boom definitief sy 12 m bereik.  Ek sien die Voëlnes en sy tuin, en die helfte van buurman se tuin oordonder, en oorskadu deur die reuse boom.  Maar dink net aan daardie heerlike koelte in hierdie hittege deel van die land.

Die vrugte is giftig en kan ‘n geweldadige hikkery afgee.  Vier hikkende kleinkinders, twee rottweilers, en ‘n maltees, gaan nou vir jou ‘n gemors afgee.  Maar dan nie een van hulle sal wurms hê nie.  En die boomkenners sê dit is ‘n uitstekende boom vir tuine.  Of hulle nou met of sonder kinders, en diere bedoel weet ek nie.  Miskien jaag ek net spoke op, en nie kind of hond eet van die vrugte nie.

Miskien moet ek hom op die stukkie grasperk hier agter plant….. maar die gras gaan vrek, en dan is die kinders se enigste stukkie speelplek ook daarmee heen.  Maar dink net hoe lekker kan hulle in die boom rondspeel.

So wik en weeg ek al vir dae, en by die minuut raak die boom ‘n al groter warm patat.  Gistermiddag drentel al vier kleinkinders agter my aan.  Ek trek so hier en daar ‘n onkruid uit die tuin.  “Ouma, vra die een, “waar gaan ouma nou die boom plant?”  Ek probeer die boom aan sy eienares teruggee.  “Waar gaan jy hom plant?” vra ek vir die blondekop.  “Ek weet nie,” sê sy ongeêrg, “dit is nou ouma se boom.”  Ruan, altyd die jammerhartige een troos, “Moet nie worry nie, ouma, plant hom net hier in die tuin, hy sal nie ouma se ander plante dooddruk nie.  Sy stam word so hoog soos die huis se dak, en dan is dit eers die takke en blare.  Dink net ouma se huis sal soos ‘n boomhuisie lyk.” 😯

Ek sit met ‘n reuseprobleem…. wil iemand ‘n boom hê?

14 thoughts on “Ouma kry ‘n boom….

  1. Ai, Kameel, ek is so lief vir bome en hier is hope plek. Maar ek dink ek sit te ver en volgens die beskrywing weet ek nie of die boom die Noord-Kaap klimaat sal oorleef nie. Kan jy dit nie aan ‘n ho-erskool of biblioteek of so iets skenk nie?

    Like

    1. Ai vreemdeling…. ek pos hom sommer vir jou 😉 Begin nou benoud raak oor die boom. ‘n Plekkie moet ek vir hom vind. Sal nog so ‘n bietjie rondvra.

      Like

    1. Ag lekkerjeuk dit is nou so ‘n wonderlike idee…. maar daar is nie parke hier nie. Sou lekker gewees het om te sien hoe groei my boom in ‘n park, waar ander hom ook kon geniet. Ek sou die kleinkinders gevat het en heerlik onder hom gaan piekniek hou het 🙂

      Like

  2. ek sou die boom aan die munisipaliteit se parke afdeling skenk, maar nou weer, hoe sal jy dan weet of hy opgepas en mooi oorgeplant word???????
    ek love bome en struike, en veral palms, maar ek hou nie van iets wat sy blare verloor nie, ek weti wat dit is nie, maar dit skeur my siel as ek sien hoe die blare val en wegwaai in die wind, ek hou alles by my immergroen, en dit is hoekom ek so vreeslik lief vir die Kaap is, alhoewel die wingerde hulle blare verloor…………….. maar steeds is die winter nie so erg droog nie

    Like

    1. Ek het gelukkig ‘n baas vir die boom gekry. My dogter se vriendin bly op ‘n plot, en sy sê daar is altyd plek vir nog ‘n boom. Ek het vir haar gevra om elke keer wanneer hierdie boom se blare rooi word, aan my te dink. Dit is weer vir my so mooi as al die kleure so warm word, en dit lê so geel, en bruin, en rooi onder die bome. Ek is baie lief vir bome, en is werklik hartseer dat daar nie op hierdie erf ‘n plek is vir ‘n pragtige koelteboom nie 😦 Dit is goed ons is nie almal dieselfde nie…. dink net hoe oninteressant sou die lewe gewees het. Nou het ek iets van jou bygeleer…. ek hou daarvan 😉

      Like

      1. hoop dit stel nie teleur nie…..
        ek het by toorts se truth or dare gevra of sy al ooit moes erken dat sy verkeerd geoordeel het, ek is een van daardie mense wat ‘n oppinie vorm van ‘n persoon wanneer ek hom of haar ontmoet (ouma het altyd gesê jou ander oog) en moet ook erken dit is een van my foute, ek kan nie met iemand kuier of klets terwyl ek weet ek nie van daardie persoon hou nie, soms dink ek dit is ‘n struikelblok, maar die ding is ek was nog nie sommer verkeerd nie……….. so as jy sal saamspeel met my vraag wat doen mens as jy oordeel, en jy moet jouself korrigeer, wat doen jy en of het dit al ooit met jou gebeur??

        Like

  3. Ek het nou lank en hard gesit en dink. Ek is eerlik baie lief vir mense, en gesels, en lag maklik met almal saam. Dus vorm ek nie sommer ‘n opinie nie, maar leer eers die mens ken. Ek kan werklik nie dink dat ek al my opinie rondom iemand ten goede moes verander nie….. eerder dat ek teleurgesteld geword het omdat ‘n persoon nie opgeweeg het teen die goeie opinie wat ek van haar of hom gehad het nie. Hoop ek maak nog sin?
    Waar ek wel met eerste indrukke opgetree het, was met die stil kind se maats wat sy geneig was om huistoe te bring. Dit was altyd die meer “wilde” kinders. Dan het ek ‘n stokkie daarvoor gesteek. Soos jy sê was my gevoel rondom die spesifieke kind nooit verkeerd bewys nie.
    Hoop ek het jou vraag beantwoord 😉 en nie Kaap se draai geloop, soos my man sê ek altyd doen nie. Sodra ‘n persoon my opval wat ek verkeerd beoordeel het, en myself moes korrigeer sal ek vir jou sê.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s