Hoe gaan dit met die oes?

Ek het mos vir julle vertel van die klomp reën wat ons vroeg in die oestyd gekry het. Wel, wat ‘n interessante jaar! Eers hou die reën aan en aan en aan…. en toe ons uiteindelik dink nou gaan dit ophou, bly dit koud en bewolk en dan reën dit weer…. of dis ‘n koue, nat wind wat waai, nie een wat afdroog nie.

Toe die son uiteindelik skyn, breek ons stroper op ‘n manier wat John Deere nog nooit ‘n breuk gehad het nie. Genadiglik kon hulle vinnig die regte part in die hande kry en die stroper vinnig herstel.

Dis ‘n jaar van wonderwerke!! In die verlede het dit so gewerk: As hulle slegs een uitgeloopte pit in die gars kry, word die hele vrag afgekeur. Vanjaar laat hulle tog ‘n sekere persentasie uitloop toe. Ek het nog nooit in my lewe gesien dat graan in die rye begin groei nie (net hier en daar) en dat lusern hoër as die graan groei nie (ook net hier en daar).  Ons beleef opbrengste soos ons nog nooit gesien het nie, of dit nou voer is of mout, dis baie. Prys die Heer. So baie om voor dankbaar te wees.

As gevolg van die vreemde weersomstandighede, en almal se goed wat skielik gelyk ryp is,  is die koöperasies se hande maar vol. Hulle kan net soveel nat graan ontvang…

Maar ons oes. Wat ‘n genade. Op ‘n stadium het ek gewonder of hierdie fantastiese oes voor ons oë op die land gaan vergaan….  Ons het gesien hoe vinnig dinge kan verkeerd loop….

Hier is ‘n paar foto’s van vanjaar se oestery. Graan word in die ry, terwyl dit ge-oes word, afgetap. Die ekstra stroper is ‘n kontrakteur wat ons help.

Here baie dankie vir elke wonderwerk wat ons daagliks ervaar. Dit kon soveel erger wees!! “Wat ek is, is net genade, wat ek het is net geleen. Eindelik smag ek na U waters van rus, lei my, Heer, vanaand daarheen…”

en so lyk dit in die nag…..

Dankie Here dat ons werkers elke dag op hulle pos was en hulle kant gebring het. Dankie vir ‘n FANTASTIESE oes. Dankie dat ons weer eens U grootheid kon ervaar, wonderwerke kon beleef soos nog nooit tevore nie. Here, seën ons land asb. Daar is soveel mense wat dit probeer onregeerbaar maak, wat dit moeilik maak om ons werk te doen. Mag elke Christen in ons land u begin ernstig opneem en ons roeping begin uitleef.

Toorts

9 thoughts on “Hoe gaan dit met die oes?

  1. Sjoe Toorts, ek is saam met jou bly! My pa was n kleinboer en het koring en tabak afgewissel en soms groente, meestal tamaties.

    Ons het nie ons eie stroper gehad nie, dis elke jaar gehuur. Ek RUIK nou sommer die stropery en voel daai fyn stof op my hele lyf… Ons het binne-in die houer met koring geklim en dit het so wonderlike gevoel van ‘baie’ vir my gegee.

    Like

  2. Toortsie, baie bly vir julle! Jou foto’s herinner my nou aan ‘n plakkaat wat ek ‘n dag of twee gelede gesien het op facebook: “Did you eat today? Thank a farmer.” Niks meer om by te voeg nie 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s