Verkrag?

Het jy die sleg ervaring van verkragting beleef? Ken jy iemand wat verkrag is? Het jy enige groot trauma beleef en sukkel om daaroor te kom? Dan is Woensdag deur Elsabet Louw die boek om te lees.

Woensdag is die ware verhaal van ‘n verkragtingslagoffer se pad van woede, vergifnis, pyn, herstel totdat sy met sekerheid kan sê dat sy dit oorleef en oorwin het. Dis ‘n positiewe, oop boek wat die leser boei tot die end. Met God se hulp en ondersteunende familie en vriende kon sy hierdie trauma verwerk.

Persoonlik voel ek dat elke persoon hierdie boek moet lees. Dit troos die verkragtingslagoffer, maar bied ‘n ongelooflike inligting en gee insig vir mense wie genadiglik nie ‘n verkragting beleef het nie. Haar pad van herstel kan ook die pad van herstel wees vir iemand wat ander trauma beleef het. Die boek is as  e-publikasie en ook in druk beskikbaar.

Baie dankie, Elsabet Louw, dat jy bereid was om jou lewe oop te stel, ‘n boek te skryf, sodat soveel ander mense daardeur kon baat. Sy is ook die stigter van verkragtingsteungroepe dwarsoor die land.

……………………………………………………………………

Nog ‘n ware verhaal is die verhaal van Elizabeth Robertson Campbell.

Dis die storie van ‘n Christen meisie uit Suid-Afrika wat in Israel gaan werk. Sy raak verlief op ‘n Ortodokse Jood. Hy ondersoek Joodse geskrifte en kom tot bekering.

Haar grootste wens is om ‘n Jood te word. ‘n Christen Jood. Sy deurloop al die kursusse wat nodig is, tot by die punt waar sy as Jood aanvaar sal word en met die man mag trou. Twee dae voor haar troue moet sy egter die keuse maak….

Wat sou JY kies?

Die boek is pas herdruk.

Toorts

 

 

7 thoughts on “Verkrag?

  1. weet jy toorts daar is so baie mense wat deur probleme alleen probeer worstel, en besef nie dat dit eers kan genees as dit oopgemaak word nie, ek weet toe ek nog jonger was het ek altyd gedink dat jy nie jou probleme met ander moet deel nie, miskien omdat ek bang was mense kry my jammer, en ek vind jamerte as belediging, as jy verstaan wat ek bedoel….. anyway ek het eers werklik begin groei en genees toe ek my laste voor God en my liefling mannas kon oopmaak, dit is wonderlik as mens iewers ‘n uitlaat kan vind, soos hierdie mense in hul boeke…………

    Like

    1. Party mense is bang om oop te maak, uit vrees om nog seerder te kry. Wat natuurlik kan gebeur. Jy stel jouself bloot. Maar ekself het geleer dat daar soveel meer vrede is in die uitlaat daarvan, eerder as om dit te loop en opkrop.

      Like

      1. ook weer waar, want sommige mense misbruik die vertroue wat jy in hulle stel as jy oopmaak – en dit bring beslis meer skade as goed
        ek het al so baie gewonder wat baat die mens tog om die lelike dinge op te bring en te vergeet van die mooi???????
        ek onthou as jong dogtertjie, hoe vreeslik seer dit gemaak het as iemand iets agter my rug praat, eintlik nou nog, dit raak my so diep dat ek nie kan help om stukkend te breek as iemand so onnodig sonder gevoel iets kan doen nie, miskien in hul oë onskuldig maar die ontvanger koppel dit aan ou herhinneringe en seer, en sonder dat die ander persoon dit weet, krap hy/sy weer ou rowe oop, en die ergste van alles is as jy tog net goed was teenoor daardie persoon…………………………..

        Like

        1. Ek is een wat maklik oopmaak. Ek maak dit ook duidelik dat ek nie wil HOOR wat ander agter my rug van my sê nie. Wat gaan dit my help om te weet? Ek het ervaar dat deur oop te maak en my storie te vertel, vir my beslis beter is, ongeag of iemand dit dalk kan misbruik…

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s