Wanneer “publish” jy?

Skryf jy jou blogstuk in MS Word en knip en plak jy dit op WP wanneer dit gereed is? Of skryf jy en publiseer onmiddellik?

Die ding is dat ek op een dag dalk 3 stukke in my kop kry om te skryf en dan vir 3 weke niks het nie. Aanvanklik het ek dan op Word my stukkie geskryf en wanneer ek so voel, dit kom plak op WP.

Deesdae skryf ek, wanneer ek die woorde in my kop het, dit dadelik by ‘n nuwe post. Maar ek skeduleer dit vir latere publikasie. (Sjoe!! my Afrikaans!!) So van Afrikaans gepraat, wat is die afrikaans vir ‘n blogpost? Die woord, skrywe, val nie lekker op my tong nie, en ‘n skryfsel wat ek graag gebruik, beteken eintlik iets minderwaardigs.

Met dié dat ek die goed so skeduleer, kan dit dalk gebeur dat ek al dood is en hier nog van my goed op die blog verskyn. Want hierdie skryf ek nou op 10 November, en dit word geskeduleer vir 30 Nov. Maar soos ek myself ken, kan dit gebeur dat daar iets heeltemal anders op 30 Nov verskyn en hierdie nog heelwat later eers verskyn. Wie weet?

Deur te skeduleer gee dit soms vir my kans om iets te oordink, veral as dit ‘n sensitiewe onderwerp is. Dit gee my die kans om te verander daaraan, sou ek later so voel. Ek hou byvoorbeeld daarvan om iets slegs in my lewe eers te verwerk voor dit verskyn op my blog. So, as ek die dag ‘n “af” stukkie skryf, weet dat dit 3 maande plus gelede was wat ek so gevoel het!! 😉

Hoe skeduleer mens, vir dié wie dit nog nooit gedoen het nie? Kyk wanneer jy nog besig is om dit te skryf en nog nie gepubliseer het nie, onderaan die bladsy is “Publiseer”. By Publish immediately staan “wysig”. Kliek daarop en dan kan jy die datum en tyd vasstel wanneer jy dit gepubliseer wil hê. Maklik, né?

Wil jy later weer net vinnig aan die tyd verander? In die instrumentepaneel by All Posts, kan jy by die betrokke blogstuk “quick edit” kies en dit verander. Net so maklik!! 😆

Nou toe, kom ons kyk wanneer hierdie een verskyn. En as ek doodgaan terwyl ek nog blog en my goed verskyn…. dis nie omdat ek gedink het ek sal nooit doodgaan nie…. of dat ek julle uit my graf wil regeer nie :mrgreen:…. al sou ek wou…. ;)….. dis omdat die woorde juis NOU in my kop was dat ek dit geskryf het…… 😉

En terloops…. my goed verkyn gewoonlik tussen 6 en 7 in die oggend. Ek belowe ek is dan nog ver van ‘n blog af!! :mrgreen:

Maar wees gewaarsku….. dit kan soms boemerang…… en verskyn wanneer jy nie gedink het dit gaan verskyn nie….. :mrgreen:

skeduleertoorts

17 thoughts on “Wanneer “publish” jy?

  1. jong ek het ‘n blog opgesit maar as ek soontoe gaan het dit nie die inhoud in wat ek wou he moes verskyn nie, soos my onlangse blog gister die 15de November, wetie of ek dalk nog effe tegnologies agtergeblewe is nie, maar ek sal dit nog regkry, hulle sê mos “practice makes perfect”
    jy moet ‘n vreeslike aangename naweek he toorts, en miskien loer ek in anders blog ek jou weer raak maandag
    ps. op RSG praat hulle van potgooi?????? wtf……

    Like

    1. Dankie, lekker naweek vir jou ook! Potgooi het ek nog nooit gedoen nie…. dis blykbaar as jy kan HOOR wat hulle praat, nie lees nie, soos ‘n RSG program weer luister. Nee, ek kan nie gooi nie. Nie balle nie, nie klippe nie en ook nie POTTE nie!! 😆

      Like

  2. Hi liewe Toorts, ek skeduleer absoluut baie graag, en ja, skryf ook maklik drie vier posts vooruit, as ek ‘n gier kry.
    -Ek skryf eers in Word, en knip en plak(ek like jou Afrikaans) DIT doen ek bloot omdat ek DOG, dis goedkoper, om nie so lank aanlyn te griffel nie….WIE KAN Sê? KOS dit meer om aanlyn te tik vir drie ure?
    -WAT my pla van vooruit skryf, en skeduleer: as jy iets wil link aan iets wat jy al geskryf het, maar geskeduleer het, gee hulle nie daai post se link nie….OF asb. sê my, hoe doen mens dit?
    (Hierdie comment was nie geskeduleer nie….ek skryf hom nou, sommer self 😉

    Like

    1. En hier antwoord ek jou ook sommer nou…. en jy sal sien dat die blogstuk geskeduleer was vir 30 Nov, maar die stuk wat ek eintlik geskryf het vir nou, hou ek eers ‘n bietjie uit – met die stakings wil ek nie vir almal uitbasuin dat ons nog oes nie!! 😉 As jou pos REEDS GEPUBLISEER is as jy SKRYF/SKEDULEER, dan link jy nes gewoonlik. Jy weet hoe om te link, né? Dan behoort dit te wys. As dit nog nie gepubliseer is nie, weet ek ook nie hoe om die pos te link nie, dan doen ek dit daarna…

      Like

      1. Hallow…ek dink ek gaan sommer dit voorstel aan die wordpress makkers: Ons wil vier posts kan skryf, skeduleer, en daai spesifieke vier posts kan link NOU, en nie terug gaan nie….kom ons kyk wat sê hulle daarvan…..

        Like

  3. Ek skryf my praatjies dadelik as ek iewers ‘n liggie van ‘n idee het..anders doof daai lig te vinnig uit die geheue uit.Soms is daar net niks , niks! ..sal die skeduleer storie moet begin , dankie weereens vir al die wenke.Blogpost laat my altyd aan ‘n brief dink wat ek so in Poskantoor se bussie kon ingooi- ag nou ja en ek was altyd mal oor briefskryf .

    Like

  4. Wat op aarde maak ek hier tussen al julle geordende mense 😯 Ek skryf soos die gier my pak, in Word, “copy,” “paste,” en publiseer 🙂

    Like

  5. Hi Toortsie, ek skryf ook sommer soos en wanneer ek lus kry en publiseer wanneer ek “klaar” is. Gereeld dink ek egter agterna dat ek nog bietjie kon skaaf aan die inskrywing (ek dink Maankind het die regte woord daar beet) maar nou ja, om te blog is nie ‘n breinoperaise nie, so minder-as-perfekte inskrywings is seker ook maar OK.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s