Ek dink enige een wat al probeer verslank het, kan getuig dat hy op een of ander stadium, of selfs verskeie kere, afgedwaal het, of moedeloos geraak het, in ‘n vergryping gekom het….
Vandat ek begin het om op my eie weer die WW eetplan te volg, was daar nog nie een week wat hier nie een of ander afleiding was nie. Ons was by Club Mykonons, het gaste gehad vir ‘n naweek, het gedoop, het in Pretoria rondgery, groot funksies gehad, noem maar op. Ek het by myself besluit dat ek myself nie so erg gaan straf nie. Natuurlik gaan ek myself nie totaal vergryp nie, maar ek gaan sulke tye nie punte tel nie, net om daarná dan maar net weer voluit te gaan met die program. Dit bring natuurlik mee dat die gewigsverlies nie heeltemal so vinnig is soos ek dit sou wou hê nie, maar tog werk dit vir my.
Maar sommige dae….. sukkel ek net om te fokus!!! Veral nadat ek verjaar het en daar nog baie sjokoladekoek en die romerigste kaaskoeke waaraan jy kan dink, oorgebly het… het die naweek ‘n laaaaangnaweek geword…….
Ek het al agter gekom dat ek soms dink ek het nou heeltemal die pad byster geraak. Al wat dan eintlik nodig is, is om die papier waarop ek aanteken wat ek eet, nader te trek, en te gaan sit en dink wat hét ek nou alles geëet, dit neer te skryf en die res van die dag dan net beter te beplan. Net my sokkies van voor af op te trek……
Maklik? Beslis nie!
Ander dae gaan dit weer goed!! 🙂 Sterkte vir almal wat besig is met dieselfde tipe poging. Ons moet net konsentreer, vasbyt, kop hou, moed hou….. ons kan dit maak!!
tandedeurgebyttoorts
ns. Die heel belangrikste ding as jy wel by ‘n klub is en gaan weeg – AS jy nie ‘n goeie week gehad het nie en die kans staan dat jy dalk opgetel het, GAAN WEEG STEEDS! Moenie wegbly van die weegsessies af nie. Deur na die klas te gaan, is die gouste wat jy weer op dreef kom. Deur weg te bly, vererger jy net die situasie.
Sterkte!
Drieboneslaai
Meng:
3 blikke groenbone, gedreineer
3 blike Bone in Tamatiesous, gedreineer
3 blikke botterbone, gedreineer
125 ml asyn
125 ml olie
125 ml suiker
125 ml uie, gekap (kan meer ook gebruik)
125 ml soetrissie, gekap
10 ml droë mostert
10 ml sweet basil.
Laat staan vir 3 ure vir bestanddele om te meng. Dit hou lank in die yskas. 2 Hoë eetlepels vol tel 1 ¼ punt. Heerlik en baie veselryk.
Ek eet oor die algemeen gesond, maar laat ek nou net ‘n kilogram of twee wil verloor, dan kan ek myself nie in toom hou nie…. ek raak lus vir die simpelste goed wat ek NOOIT eet nie, soos MacDonalds en KFC.
LikeLike
En mens vergryp jou aan goed waarvan jy nie eers hou nie!
LikeLike
Dit maak nie sin nie!!! Dit is vir my erg frustrerend….
LikeLike
ek dink Natasha het iets beet, ek probeer so nou en dan myself in toom hou, ek is ‘n regte suikerbekkie, en love tjoklits en tjips, eet lag lag saan s’n hele pak tjips by myslef op, en ek voel skuldig daaroor, want ek weet dit is nie goed vir my nie, maar ai, dis so lekker, tjoklits het ek by die doesyne geeet, totdat ek agter gekom het as ek minder daarvan eet dan kry ek minder megrain….. vreeslike slegte ding, maar ek probeer my bes, maar lang storie kort, sodra ek dink ek moet nou stadiger, wel dan spring my liggaam in gear en my verstand sê heeltyd vir my ek is honger, ek het al probeer om hierdie verslankings goete te eet of drink maar dan raak ek net meer honger??????? what’s up guys????????
LikeLike
join the club!! 🙂
LikeLike
Dit is ‘n eksklusiewe klub…. nie almal word uitgenooi nie. 😉
LikeLike
Netso!! 🙂
LikeLike
kindvanafrika, het jy al verskillende flavours tee probeer (sonder suiker, natuurlik). Dit gaan nou miskien eienaardig klink maar as jy ‘n bitter tee in die hande kan kry soos groentee of kankerbossie-tee (iets waaroor jou tastebuds nie mal is nie) dan’s mens regtig nogal nie baie lus vir eet net na jy daarvan gedrink het nie. Ek weet nie of dit vir almal sal werk nie maar dit doen soms vir my.
LikeLike
Weet jy, die Weight Watchers se program werk regtig vir my. Jy kan genoeg in ‘n dag eet, en ook van dit waarvan jy hou. Die feit dat ek moet neerskryf hoeveel ek eet, hou my bewus daarvan dat dit nou net te rof gaan! Party dae is dit maar moeilik, maar ander dae weer baie beter.
O, en ek vas tjoklits, chips, biltong, droewors en koffie. Het net met koffie begin en so elke nou en dan nog iets bygesit. Watn ek kan ook nie een van hierdie 5 weerstaan nie. Nou doen ek dit vir die en dis glad nie moeilik nie. (sou sommer ‘n slab opeet in een slag!!) Smag soms na koffie, veral dae as ek moeg voel.
LikeLike
Kind van Afrika, het jy al ooit die Rice Crackers probeer. Dis sulke pakkies met sulke dun, ronde, gegeurde ryskoekies. Dis HEERLIK, en baie vullend en jy eet net nie so baie daarvan as tjips nie. Dit het ook ‘n baie laer energiewaarde. Probeer dit. 🙂
LikeLike
Ek eet ook oor die algemeen gesond en matig, ek gebruik byna geen suiker nie, kan nie kaas en eiers eet nie, eet min brood, en baie groente en slaai. Ek vergryp my aan niks. As dit my 5 kg oorgewig maak is ek bloot jammer vir die ou wat dink ek is vet. Ek het verskriklik respek vir iemand wat vasbyt om van oortollige gewig ontslae te raak, want oortollige gewig is ongesond, maar ek weier om vir die res van my lewe honger / lus te wees.
LikeLike
5 kg is te min om te noem!!! 🙂 Ek het al voorheen vir jou gesê: Moet net nie probeer om daai 5 af te skud nie. Sodra jy begin is daar nie ‘n einde nie…. Sien, as ek destyds geluister het vir tannie Mags toe ek 2 kg wou verloor, en ek was nie eers oorgewig nie!! Toe het ek gaan krap waar dit nie jeuk nie, en ek sit nou nog met die gebakte patats!
LikeLike
Hoe ouer mens word, des te moeiliker raak dit om gewig te verloor. As almal by die aerobics so te kere gaan oor gewig en sentimeters spring ek maar eerste op die skaal. Ek doen al sewe maande lank aerobics sonder dat ek veel sentimeters of 1 gram verloor het. Ek moet beken, ek doen dit want ek geniet dit. As ek ooit gewig sal verloor sal dit bloot ‘n bonus wees.
LikeLike
Die saamwees is ook lekker. Vanoggend kan ek darem sê dat dat ek in die afgelope hoe lank 5 kg verloor het…
LikeLike
Geluk met die 5kg Toortsie. 🙂 Ek sou se fokus maar net daarop, op die suksesse (maak nie saak hoe lank dit geneem het nie, dis gedoen), nie die mislukkings nie. Ek weet ook nie wat dit is – soos Natasha hierbo se – wat maak dat ‘n mens soms net aanhou eet en eet nie – selfs aan goed waarvan jy nie regtig hou nie. En dan is daar weer dae wat mens nie eens aan kos dink nie….
LikeLike
Dankie. Ja, sekere dae is ‘n dag se “rantsoen” net te min, ander dae kom die aand en jy het nog baie punte oor. Vreemd! 🙂
LikeLike