Die storie van die buiteperd

Baie jare gelede, met die eerste “Met” wat in die Kaap gehou was, het van my baie naby famlielede wat hier in Bredasdorp se distrik gewoon het, besluit om ook te gaan deelneem aan die resies. Hulle het ‘n resiesperd gehad met baie potensiaal. Die perd is toe te voet, klippetieklippetie Kaap toe en gaan wen die Met!! Regtig!! Die organiseerders wou nie aanvaar dat ‘n onbekende boerperd dit wen nie en laat hulle toe weer ry. Hy wen toe weer. 😆 ….

Nou se dae boer ons met Jersey beeste. Nie om te skou nie maar om soveel as moontlik melk te lewer. Maar, as my man ‘n ding doen, hou hy daarvan om dit goed te doen, en terwyl ons nou gaan melk, kan ons mos maar goeie Jersey’s ook aanhou. Goeie Jersey’s gee beter melk as swak Jersey’s. So is ek en hy en Johannes, ‘n goeie vriend en Jersey-kenner toe Vrystaat toe na ‘n veiling om ons eerste koeitjies te gaan aankoop. Dit was in 1999…

Jaarliks word hier ‘n kudde-kompetisie gehou, en dan vra die organiseerders dat ons deelneem. So dan en wan is daar dalk ‘n koei wat iewers ‘n prysie losslaan, maar nie te ernstig nie. Vanjaar wou hy glad nie deelneem nie, en toe…..  Danksy dieselfde vriend wie hierbo genoem is, se seun se goeie oog vir ‘n goeie koei, neem ons toe wel deel en….

Dit is pryse vir verskillende groepe beeste!!! Maar die beste van als…..

Ons wen sowaar die kuddekompetisie!! En soos in enige kompetisie was daar positiewe én negatiewe kommentaar…..

Dis of ek net nie kon glo wat gebeur het nie, maar terwyl die golf nou daar is, sal ons dit ry!! Ek vra vir Hanro, die jongman, wat die volgende stap is?  Skou toe, tannie!! :mrgreen:

Ons het ‘n koeitjie 734U wat al as jong vers gewys het dat sy regtig ‘n goeie koei is. Sy was toe natuurlik die eerste keuse om na die Diary Expo in Stellenbosch te neem. Maar Hanro het nog planne. 9559 moet ook saamgaan. Sy is rondom 3 jaar en in haar eerste laktasie. Toe dit haar ouderdomsgroep is, verbaas sy almal!!! Sy word as die kampioen Jersey gekroon (Eerste Laktasie). 734U word gekroon as die Kampioen senior koei!! 🙂

Die Kampioen Jong Vers, kampioen Eerste Laktasie koei en kampioen Senior koei kom toe teen mekaar te staan. 734U word gekroon as reserwe kampioen (2e plek) en 9559 is die Jersey Kampioen!!!!! oeeeeeee!!!! En ons is nie eens daar nie, want ons oes!! Maar die foon lui en pappa dra die nuus oor wat van Stellenbosch af kom! 🙂

Aan die einde van die beoordeling word die Jersey Kampioen, die Fries Kampioen en die Airshire Kampioen teen mekaar geplaas. En ons dogtertjie, onse eie 9559, wie van nou af Hanri heet, word sowaar die QUEEN OF THE EXPO!!! Wow!!! Wat ‘n eer!!!

Is dit nou ‘n buite-koei? Want ‘n buite-perd kan dit mos nie wees nie? Ek weet nie! Maar dis nogals lekker, hoor!

9559, oftewel Hanri. Kampioen Eerste laktasie koei (bouvorm); Kampioen eerste laktasie koei (Uier); Kampioen Jersey.

734U Kampioen Senior koei (uier); Kampioen Senior koei (bouvorm); Reserwe Kampioen Jerseykoei.

En hier is sy!!! 9559, die koei wat almal die naweek opgewonde gehad het saam met Hanro Uys, die persoon wat haar potensiaal raakgesien het. Dankie Hanro!!

Dankie aan die Hemelse Vader vir geleenthede wat oor ons pad kom.

Die foto’s van die bekers is deur Liezl Knobel geneem, die foto’s van die beeste deur Jan van Dyk. Baie dankie.

moooooToorts

11 thoughts on “Die storie van die buiteperd

  1. Wow dis wonderlik. Ons het ‘n melkboervriend van Riebeeck-Wes se wêreld wat ook soms so met sy koeie pryse wen. Daai is ‘n mooi koei, maar die uier lyk SO ongemaklik 🙂 Baie geluk.

    Like

  2. Geluk Toortsie. Dis pragtige beeste, en ek wonder of hulle dalk nou mooier name as 734U en 9559 verdien … 😉 En mag hulle lank en gelukkig lewe!

    Like

    1. Ja, hulle kry mos nou nuwe “noemname”….. 734U word JOH, omdat Johannes Uys haar “ontdek” het. 9559 word Hanri, omdat Hanro Uys haar ontdek het. Dis maar net moeilik om met die groot hoeveelheid verse wat in ‘n jaar by ons aankom, vir ALMAL name uit te dink. Daarom het ek jare gelede besluit om hulle net op die nommers te registreer. 9559 se “grand” naam is Katlou Mc Ivor 9559….. 🙂 en 734U is Katlou Ranger’s 734U…. op my rekenaar is haar naam 734U Kampioen!! 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s