Die vesel…. en die dikderm….

(Ek het aanvanklik hierdie bloginskrywing geskryf toe ek nog “gebalanseerd” geëet het. Intussen het ek die Banting leefstyl begin volg en eet nie meer kosse soos droë boontjies, aartappels, rys, ens nie. Ek het dit nou, op 17 Feb 2016, meer Bantingvriendelik gemaak. Nadat ek al vir 18 maande Bant, is die stysel-inligting wat ek voorheen hierin gegee het, irrelevant. Lees gerus ook aanvullend HIERDIE EEN . Ek glo dat die verhoogde vetinname asook die verhoogde groente-inname baie help. Ek het geensins ‘n verswakking wat spysvertering aanbetref, ervaar nie. )

Ons almal weet dat vesel belangrik is in ons diëet. My pa het op sy boeremanier verduidelik dat die vesel jou derms kielie en dit dan aanmoedig om hulle werk te doen. 😆 Of dit medies korrek is, weet ek nie, maar dat vesels beslis iets doen, is gewis. Ek het ook al gehoor dat die vloeistof wat jy inneem, maak dat die vesel swel, en dit jou versadiger laat voel. Of ek dit reg verduidelik, weet ek ook nie, maar as ek ‘n gedroogde perske in water laat lê, sien ek hoe hy weer swel en groot word. En ‘n droë boontjie …

Vesel laat jou beslis versadig voel, en hou jou langer vol dat jy nie so gou weer na kos smag nie. (Intussen het ek geleer dat VET die eintlike hongerdemper is.)

Ekself het ‘n baie lui dikderm. Dit kan soms dae neem voor hy wakker skrik…. 😯 Uit eie ondervinding het ek ‘n paar dingetjies daaromtrent geleer. MOENIE KNYP NIE!! If I wanna go, I wanna go! Al moet jy verskoning maak aan die etenstafel, of jouself vir ‘n oomblik verskoon uit ‘n belangrike vergadering….. MOENIE KNYP NIE!!

Growwe kos is ‘n MOET. Die mens is ontwerp dat hy moet kou, omdat, terwyl hy kou, die kos met die speeksel meng, wat baie belangrike verteringsensieme het. Mens kan baie maklik en vinnig ‘n  sagte ding afsluk, selfs vleis, maar ‘n lepel vol growwe kos wil GEKOU word!! Met REDE!! 😉

Vars vrugte en groente bevat baie vesel, en vir verslankers is dit baie belangrike kos. Neute en sade doen wondere. Ek gooi sommer Ultimate Seed Mix oor die eiers terwyl dit nog aan die bak is.

Oefening. Soos my ma sê, as jy oefening doen, kom jou metabolisme aan die gang. Onthou, hierdie is nie ‘n mediese skrywe nie, so as ons dit op die boeremanier verstaan, verskoon asb! Doen die oefening net matig! Moenie as jy 70 kg oorgewig is, skielik ‘n marathon gaan hardloop nie! As jy totaal uit oefening is, begin stadig en met min en vermeerder jou oefening soos jou liggaam jou toelaat. Ons drawwers het destyds ‘n reël gehad, en dit geld ook met stap: Jy moet steeds kan praat sonder om totaal uit asem te raak. Moenie dit oordoen nie!

Ek is baie bang vir purgasiemiddels. Ek glo dit kan die situasie vererger. As jy dit regtig moet gebruik, gebruik dan iets natuurliks, soos, ek dink senna. Vital het ook ‘n rooibostee vir hardlywigheid.

Eet rustig. Moenie die kos inprop nie. (Toortsie, HOOR JY?)….. sodat jou hele liggaam kan ontspan, jou kos kan verteer, en jy kan KOU! Dis ook ‘n feit dat die spysvertering baie beter reageer as ‘n mens rustig om ‘n tafel sit en kuier en gesels terwyl jy eet, eerder as om jou kos iewers in stilte af te jaag.

Water, water, water!!! Jy kan nie daarsonder nie.

veseltoorts

Groete,

Toortsie

Toorsie se Faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekos Faceboekblad.

Bestel Toortsie se Bantingboerekos hier.

Toortsie se Bantingstories gelys by Pinterest

12718121_1537873029840317_5777716569469283944_n

The English version, Toortsie’s Banting Bash with easy farmhouse cooking will be available soon, hopefully in July 2016.

Toortsie's Banting Bash Nr 1

25 thoughts on “Die vesel…. en die dikderm….

    1. Charlene, regtig?!? Dis nou baie interessant. Ek stel baie belang in wat presies alles lae GI is, want liefie is diabeties en ons beide is vreeslik lief vir aartappels, in enige vorm. EN boonop is aartappelslaai een van sy gunstelinge! Maar shame, nou doen hy eerder die patat. Ek verkies egter by verre nog my aartappels.

      Like

  1. Ek het jare en jare (vandat ek kan onthou) gely agv ‘n spastiese kolon. Dis maar in ons familie. Vandat ek alle koolhidrate uitgesny het is die probleem opgelos, vir die eerste maal in my lewe gaan my maag ek elke dag. Jy kan nie glo hoe verskil dit maak in mens se lewe nie. Heelgraan en koring is eintlik glad nie goed vir mens nie, min mense se verteringskanaal kan dit verwerk, veral die manier wat dit vandag verbou word. Daar is baie goeie vesel in groente, vrugte en vleis. ‘n Veselryke kossoort lyk nie noodwendig grof van buite nie. Almal het gesê ons dieet is nie volhoubaar nie, maar my hele familie kry dit reg. Sodra ek stysel eet, bv hawermout of brood (heelgraan) kry ek sooibrand. Stysel maak suur in mens se liggaam en meeste mense het te veel suur. Lees bietjie Mark Sisson se artikels dis baie interessant.
    http://www.marksdailyapple.com/are-there-any-good-carbs/#axzz2BPvQqxtv

    Like

    1. Ons doktersoom wat baie veselbewus is, het ook gesê dat heelgraan nie goed is nie en baie mense dit nie kan verteer nie. Volgens hom is gewone bruin brood genoeg. Maar alle vrugte en groente het soveel oplosbare vesel in wat goed is vir ‘n mens, jy het dalk nie die “heel pitte” van volgraan nodig nie.

      Like

  2. sjoe ek is bly om te hoor daar is nog sulke freaks soos ek ini wereld…… ek het al gedink my kolon is ‘n “DUT” en gewens mens kan dit iewers gaan inruil vir een wat werk, ek dink nie daar was al ooit ‘n tyd in my hele lewe dat ek sommer net kon gaan sit en die ding doen nie, soms gaan daar selfs weke verby, en ek glo dit is vreeslik ongesond, dit voel kompleet asof jy ‘n asdrom is waar daar net elke keer nog meer goed gedamp word…… niks werk nie, en as die dokters iets voorskryf is dit ok vir so week of so, en daarna is dit asof my gestel die goed gewoond raak en dan stopi lorrie maar weer en alles flippen hoop weer op, vir letterlik weke, so toortsie en avega, gee raad jong, gesonde volhoubare raad!!!!

    Like

    1. Liewe Kind van Afrika, dit het ek op die blog geleer – daardie goed wat ek te skaam is om oor te praat omdat ek ‘n “freak” is, is ook dieselfde goed waaroor soveel ander skaam is om te praat…. omdat hulle ook dink hulle is die enigstes!!
      Jong, ek is nie ‘n kenner nie, praat sommer net uit eie ondervinding. Dink jy nie dit sal goed wees om dalk ‘n dieetkundige te sien as jou probleem regtig groot is nie?

      Like

  3. Wonder hoekom voel ek soos ‘n blaasoppie van vesel of semel … kolonkanker neem vreeslik toe, ek dink mense te veel in vergaderings..dan word geknyp… te veel sit agter lessenaars….knyp weer…. altyd aan die jaag . My broer rol sy rr’e .. hy praat altyd van sy stgesdegm !

    Like

  4. Ek eet in die oggende ‘n halwe koppie rou hawermout gemeng met ‘n paar eetlepels wit yoghurt. Voorheen het ek nogal baie maagpyn gehad (so ‘n tipe maagsweer gevoel). Nou nie meer nie.

    Like

  5. ‘n Baie interessante skrywe.Dit is belangrik om ‘n gesonde leefstyl te ontwikkel,gesond te eet en natuurlik matige oefening te doen.Ek het jare gelede,21 jaar om presies te wees,’n anale fisier ontwikkel (klein skeurtjie onder aan rektem) wat so lasting kan word,brand bloei en juk agv die verkeerde gebuik van ons westers toilet soos ons hom ken.Gaan lees gerus ”Squatting op die internet,hoe jou posisie op die toilet moet wees, en dit kan ook verhoed dat jy kolon kanker ontwikkel.Die rektum knyp gedeeltelik toe met die westers sit en met die ”Squatting is hy heeltemaal oop vir volledige leegmaak.Soos ons ouer word neem die liggaams vloeistowwe ook af en ‘n waterbasis smeermiddel kan ook baie help om te verhoed dat te veel druk toegepas word om die rektum area.Verskoon maar die onderwerp,maar ek dink dit is wys om dit te lees op die internet.
    Ek vertrou dit sal van hulp wees.
    Groetnis.

    Like

  6. Wat ‘n !@! onderwerp:) !
    Vir die wat ‘n boer met ‘n hammermeul ken laat hom vir mielies deursit op die fynste sif. Dit maak die lekkerste en gesondste pap. Moet nou net nie soos hierdie sondaar ‘n klont botter en ‘n handvol kaings bysit nie!

    Like

      1. Vlees heb ik altijd veel en met veel plezier gegeten.
        De manier waarop nu dieren worden gefokt en het vlees wordt verwerkt maakt dat ik geen dier meer wil eten. Ook al vind ik het lekker.
        Daarbij maakt het mij gezonder!

        Zonnige groet,

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!