Om te parkeer by Unisa….

Die verrigtinge rondom die Unisa Musiekbeurskompetisie het alles in die ZK Matthews Saal by Unisa in Pretoria plaasgevind.

Woensdagaand 7 nm moes my dogter toe die begeleier vir die eerste keer ontmoet sodat hulle kon saam oefen, wat toe eers so 20 voor 8 was. Ons het daar tussen die oranje keëls parkeer, ek en meisiekind in ons Kia Picanto, en vriendin met haar enetjie voor ons. Toe die oefenry toe klaar is, was dit die keer wat ek toe agter die flip file moes wegkruip vir die blitse! Julle kan 3 emmers water op my kop uitkeer, maar is dit nodig dat dit met so ‘n lawaai moet wees?  Vriendin was toe so dierbaar en hardloop in die reën om haar motor te gaan haal, toe kom haal sy die angsbevange Toorts tot by die Kia. :bloos: (Anders het ons die heel nag by Unisa gesit!!)

Donderdag het ons ure betyds gery om Unisa betyds te vind. Daar aangekom, was daar geen parkeerplek in sig nie. Ek vra vir ‘n man met ‘n rooi baadjie en met medaljes geslaan waar ek kan parkeer. Hy wys so met sy hand, maar ek weet daar waar hy wys is nie plek nie. Toe ek terugkom staan daar nog so ‘n man met rooi en baie medaljes. Ek stop by hom en vra in my vriendelikste Sondag Engels waar ek kan parkeer. Ek sê vir hom dat daar wel een plek oop is, maar dis vir personeellede en of hy dink ek kan maar net vir vandag ‘n personeellid wees. Hy sê hy sal vir my ‘n plan maak en laat my parkeer REG VOOR DIE INGANG VAN DIE SAAL DAAR TEEN DIE TRAPPIES!!! 😆   Wel, ek dink nie ‘n karwag het al ooi so ‘n goeie fooitjie gekry nie!! 😉

Vrydagaand by die pryswennerskonsert is daar mense wat wys waar ons moet parkeer, ‘n hele entjie van die saal af. (Wat maak ons as dit weer blits en die kar is so ver?)…. Neef sê vir hulle: “We have VIP’s in the car”….. Julle sal nie raai waar ons parkeer het nie!! :mrgreen:

opmyperdjietoorts  😆

Advertisements

4 thoughts on “Om te parkeer by Unisa….

  1. Ek het nou so gedink. In bestek van twee dae weet jy hoe dit voel om ryk te wees, en met ‘n chauffeur gehaal te word. Ook het jy die “honour” van VIP wees gesmaak deur reg voor die trappies uit jou voertuig te klim. Dan het jy die lot van die gewone “commoner,” gedeel. Dit wil gedoen word 🙂

    Like

    1. Dalk was dit meer geluk as wysheid.
      Die man in die rooi loop weg voor ek hom kon “tip”. Ek storm agterna en vra: mag ek hier parkeer? Ja, hy sal kyk. Ek sê: You are my hero…. en TIP hom behoorlik!! Op daardie oomblik was hy regtig my hero!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s