Uit my gemaksone

Wel, hier sit ek en meisiekind nou op Lanseria en ontspan ‘n bietjie na ‘n ‘rollercoasterrit’ van 3 dae. So bly ons het dit gedoen en so dankbaar dat als goed afgeloop het. Genadiglik het ek my angssessies voor die tyd reeds klaar gehad, so Woensdagoggend was dit ‘n redelik kalm Toorts wat in gietende reën by die huis vertrek. Maar God voorsien. Daar moet ‘n bakkie van die Kaap af kom, so ek het ‘n bestuurder tot op die lughawe! Net vir sus op Stellenbosch oplaai en weg is ons! Kameel sms, sy het reeds ‘n haarafspraak vir sus gemaak.

Op Lanseria begin die sports. Met ‘n totaal rigtinglose bestuurder en onervare navigator kan dinge vreemde draaie loop. Jy weet, as jy nie die GPS presies reg insleutel nie, mag jy dalk op pad Unisa toe by die casino in 4ways gaan draai en amper in Pietersburg gaan hello sê. 😉 Maar as jy 5 ure het om daar te kom, hoekom dit nie gebruik nie? Op ‘n stadium vra ek die Here of Hy dan nie in die kar is nie en of dit eerder ‘n geval is dat Hy nie die pad ken nie? Waarop Hy antwoord dat nie een oomblik ons bang, benoud, in gevaar was nie. Die verkeer was ook heeltemal hanteerbaar. Maar sonder blogmaats en ander vriende en familie het ons dalk nou nog na Unisa gesoek! Ag, daar was nog insidentjies, soos toe ek in die eenrigting afrit “gereverse” het…. met hazards aan!!

Die Here het ook my versoek oor die donderweer gehoor en net 1 keer moes my flipfile my teen die blitse beskerm! 😉

Die een hoogtepunt was dat ek ‘n baie bekende Proff Hubert van der Spuy ontmoet het wie
‘n familielid was van tannie Willa, van wie ek al geskryf het. Die dierbaarste oom. En ek het vir Kameel ontmoet!!! 😆  En Kameel, ek het NIE destyds ‘n fout gemaak toe ek die hek vir jou oopgemaak het hier by die Toorts nie! Ons sal die pad stap!! So jammer dat ek so oorweldig was deur my eie ryery in die groot stad dat ek nie sekere ander bloggers, wie weet van wie ek praat, kon ontmoet nie.

Soveel mense was vir my SO goed. Ek het in die hele Pretoria nie een onvriendelike gesig gesien nie. En my dogter het nie ‘n prys gewen nie, maar ek was ongelooflik trots op haar. Sy het haar beste gelewer en het pragtig op haar fluit gespeel. Die kinders wie gewen het, is ware wenners en ek gun dit vir hulle. Tog voel ek dat ‘n fluit nie regtig teen ‘n klavier en viool, alby uiters uitvoerende instrumente kan meeding nie. Maar die ondervinding was prysloos!!

O, en in ons verdwaaldery stop ek in ‘n woonbuurt by ‘n vrou wat daar staan. Ek vra of dit die woonbuurt is wat ek soek en sy antwoord my…. “Nee, ek is ‘n stoute vrou, en weet nie waar die plek is nie.”  Ek: “Stoute vrou? Hoekom?”  (Sy lyk nie so nie!! 😯 ) “Nee, nie so ‘n stoute vrou nie, ek bedel op die straathoeke.” (Het nie soos ‘n bedelaar gelyk nie….. ) Nou ja, ek het ‘n groot ervaring gehad.

Maar ek belowe, niks van wat ek die afgelope 4 dae gedoen het, het natuurlik gekom nie! Ek wonder of ek nie eerder moet self begin koeie melk nie! Dit kan dalk makliker wees! 🙂

Ns…. ek wonder nogals wat Kameel se weergawe van my kuier daar in die bo-wêreld sal wees….. mmmmm?

TransvaalToorts

Ns…. ons is veilig by die huis!! 🙂

Advertisements

17 thoughts on “Uit my gemaksone

  1. Ek het geweet jy sal dit kan skryf… en my laat lag 😆 Ag jy maak my hart so warm Toortsie!!! Het heeldag bietjie depo gevoel; dink dit is omdat ek nie saam Kaap toe kon gaan nie 😦

    Like

  2. So bly julle het Unisa gekry en is weer veilig terug ook. Ek dink ook dit was ‘n wonderlike prestasie om genooi te word. Maar ek is rerig jammer dat julle nie ‘n volskaalse donderstorm beleef het nie. Dit is een van die mees dramatiese natuurverskynsels en pragtig! Tvl het die donder, ons het die wind. En so vul ons mos mekaar aan.

    Like

  3. Wanneer jy weer kom moet jy daar by Hatfield stop en die Gautrein,. Rodesfield toe vat Dan koop ek vir jou koffie iewers Ek weet ons verskil oor hoe ek my rebelse alien tiener behandel maar hy was nie altyd so nie As ek hom net nie heeltemal verloor terwyl hy op sy allenpad is nie weet ek hy sal weer homself word.Jy is nogsteeds saam Kameel en Seegogga n Engel reguit van ons Hemelse Vader wat my uit n baie donker plek gehelp het .Dit lyk nie so nie maar ek luister tog wat julle se

    Like

    1. Dankie liewe Annalie! Weet jy, ons kan net raad gee oor hoe ons dink, en terwyl jy nog altyd kom vertel, sal ons seker maar die raad gee. Maar steeds, tot die end, is dit jou eie lewe wat jy in jou eie omstandighede lei, en mag jy besluit oor watter raad jy volg en watter nie. 🙂
      Ek was maar baie baie verward daar in Pretoria, wou en sou baie mense sien maar as ons bedags klaar was by Unisa, was ons sommer op en wou net by die huis kom. Ek glo die volgende keer sal dit anders wees.

      Like

  4. Vir die eerste paar jaar van my lewe het ons in Pretoria gebly (OK, nieheeltemal nie, so bietjie buitekant die stad, in Irene) en ek het altyd geglo Kersvader, die Paashaas, die Tandemuis en Klaas Vakie woon in die Unisa-gebou (het nie toe geweet wat dit was nie, dit was net ‘n baie groot gebou). Jy’t nie dalk een van hulle daar raakgeloop nie 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s