Waarvoor gril jy?

Ek dink nie ek is eintlik ‘n grillerige mens nie, of eerder, vol fiemies mens nie. As ek in ‘n land kom waar ‘n mens maar grillerig is vir die kos, dan vertel ek myself dat hierdie mense dan nie doodgaan nie, hoekom sal ek? Maar as ek mooi dink, is daar tog ‘n paar goedjies waarvoor ek gril….

soos…. ‘n pap soen. Urrrrrgggggh!!! Aaklig! ‘n Nat soen. SIES!!!

…’n stukkie botter in die konfyt omdat iemand sy mes in die konfyt gesteek het…

…’n handdoek wat nat is en ‘n ruikie op het…. daai ruik kry jy net nie weer van jou lyf af nie!!

Ek gee nie om om saam met iemand in skoon badwater te klim nie, maar ek gril my vrek, net by die gedagte, dat ek in iemand anders se klaar gebruikte badwater moet klim… Ek weet mense doen dit om water te spaar, maar regtig, dan was ek myself in ‘n emmer!!

‘n Glibberige waslap   😯

‘n Tweedagoue kombuisvadoek…. jek!!

sit en gril ek nou hier by myselwers!!….

As iemand aan ‘n hond of ander dier gevat het en nie sy hande was nie en daarna met kos werk. Regtig mense!! Ek is BAIE lief vir diere, maar nie so lief nie!!

Ek gril nie vir ‘n spinnekop nie. Nee. Ek is VREK BANG vir hom, selfs as hy dood is. 😦

Seegogga!!, Olga!! Dirkie!!   Waarvoor gril julle alles? Vertel daar op julle blogs en dan wys julle weer ‘n klompie aan vir HULLE grillerige stories, toe man!

grillerige Toorts

7 thoughts on “Waarvoor gril jy?

Gesels saam, asseblief!