My gunsteling dinge….

Ek het nie regtig net ‘n klompie gunsteling dinge nie, hou daarvan om verskillende dinge te doen. Maar hier is ‘n paar….

Om te lag dat die trane loop….

…goed uit te toets…

 

 

….. die wye wêreld te sien… … laf te wees en in ‘n restaurant saam met die “local band” te begin kitaar speel….

…… my musiekinstrumente….

…ontmoet vir Lisa…. she’s a beaut!! 😆

My kinders en my kleinkind!!!

Lekker saamwees met familie en vriende….

Wat is lekkerder as ‘n braaivleisvuurtjie? Om te kuier by die see? Lekker eet/ Gesellig saam met vriende te kuier? te BLOG? Die wêreld vol te toer? Ek geniet dit om tyd in die natuur deur te bring, te stap, te dans. Ek is baie baie lief vir my familie en hulle is baie hoog op my prioriteitslys. Ek geniet dit om handwerk te doen, musiek te maak, te sing, Bybelstudie te doen, kinders te leer musiek maak, plaaskinders van blou en groen te leer…

Slakkie, Goeienuusloli en Karen, ons eie vee-arts hier in blogland….. Julle drietjies moet asseblief vir ons foto’s op julle blogs sit van al julle gunsteling dinge. O ja, ek het skoon vergeet, hierdie wat ek hier geskryf het, was in opdrag van Olga. Dankie Olga dat jy vir my ge”tag” het!! 🙂

Groete

Toorts

 

 

19 thoughts on “My gunsteling dinge….

      1. Boesmanland plaaskombuis … Ons het daar voor hulle op die strand getrou en toe na die “kedoo” lekker gekuier saam daai 2 manne met hul kitare.

        Like

        1. Hulle het lank by ons tafel gestaan en sing. Toe sê ek ek wil ook ‘n beurt hê. Die een in die middel gee toe sy kitaar vir my, en hy verdwyn. ‘n Liedjie later kom hy daar aan met nog ‘n kitaar. Toe speel ons eers lekker! Ook songs wat ek dalk nie sommer in die openbaar sal sing nie, soos “Oudtshoorn is ‘n grootvoël paradys”…. maar as jy jou wil uitgee vir ‘n toffie….. 🙂

          Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s