Ek is aandagafleibaar….

Nooit so “gediagnoseer” nie, maar oeeee, soos ek ouer raak, raak dit al hoe erger. Vandag kan ek nie op die rekenaar sit en tyd mors nie, ek het verskriklik baie werk wat ek moet doen. My adminwerk hoop op en ek kry kuiergaste die naweek. Daar is ‘n paar voorbereidings wat ek wil tref, 2 stolslaaie maak, koek bak. Gelukkig het ek al gister beskuit gebak.

Ek lê nog in my bed en dink wat gedoen moet word toe die voordeurklokkie lui. Dis een van die werkers wat vra of hy die dag kan afkry. Nee, jy moenie dit vir my vra nie, maar vir meneer. Stap by die kantoor verby en loer gou op my blog en fb. O, ek moet klaar maak, die tyd loop aan. Loer gou by af.wordpress en lees een of 2 blogs, net gou weer op fb loer. Ek is honger. Stap kombuis toe en skep vir my muesli en joghurt in. Hap een hap. O gits! Ek moes al lankal vir die ouetehuis gebel het oor die vleis wat ons moet bring en vir die buurvrou oor die bybelstudie volgende week. Number does not exist. Intussen loer ek op fb. Eet my pap klaar. Pak skottelgoedmasjien uit en maak kombuis netjies. Gee die hond kos. Haal die vleis uit vir vanaand en die maalvleis vir môre se lasagne. Gooi wasgoed in die masjien. Gaan kamer toe om my bed op te maak. Begin om my naels te knip, een skerp nael sny my, so ek moet ‘n pleister gaan haal. Was eers my gesig. Ek wonder of ek nog die wit romp het wat ek een keer losgetorring het om kleiner te maak. Gaan kyk en kom op ander lappe af. Ek kan nie nou lappe kyk nie! Terug badkamer toe om room aan my gesig te smeer. Borsel en flos tande. Ek is dors. Drink ‘n glas water. Haal my pille uit. O ja! Ek was mos besig om my naels te knip. Knip naels klaar. Drink pille klaar. Maak bed op. Neem vuil wasgoed waskamer toe. O, die masjien is klaar. Stap terug kamer toe om skoene te gaan aantrek. Kom by die masjien. Ai tog! Het dit nooit aangesit nie! En hier sit ek nou VIR DIE LAASTE KEER VIR VANDAG!!! 9:24

Toorts, het jy gehoor? Vir die laaste keer vandag!!!

Toorts

Ns, iewers het ek nog vir ‘n dun dubbelbed duvet ook gesoek, kan net nie onthou waar dit in die program inpas nie!1

BAAI!!!

25 thoughts on “Ek is aandagafleibaar….

      1. Ek wil net sê…. ek check net!! :)…. die pille wat hierbo as gedrink aangeteken is, het ek later nog op ‘n netjiese deurmekaar hopie ontdek!! 🙂
        Beet/maaskaas stolslaai EN wortelstolslaai in die yskas.
        Nou is dit vir ‘n suurlemoenmeringuetert…. mmmmmmmmmmmm
        BAAI!!
        ja, dis 2 susters wat gereageer het! 😆

        Like

  1. Dankie dat jy hierdie gedeel het….. dit laat my beter voel oor ‘n vreeslike ding wat ek aangevang het. Het sproeier vroeg vanoggend in tuin aangesit, en nou vyf ure later dit eers weer ontdek…. nie onthou nie…. ontdek. . Nou het ek ‘n naam daarvoor “aandagafleibaar……..” 😉
    Jy sal hierdie eers Maandag se kant lees aangesien jy mos nou mooi ordelik, gaan regmaak vir die naweek, gaste ontvang ens. en nie vinnig gaan loer wat gaan op Fb of jou blog aan nie 😆

    Like

    1. Kan niks belowe van “nie loer nie”…. soos nou (fluister) 😉
      So tussen die slaaie en die tert en ‘n please call me HET daar ‘n kors verbrand…. maar dis reggestel. Nog slaai is gemaak en nou is dit net admin tot die gaste kom. Blomme is ingesteek. Man! al in orde, net so in orde soos dit met MY kan wees….. jy weet NOOIT wat om die volgende hoek wegkruip nie!

      Like

      1. As ek “aandagafleibaar” soveel kan vermagtig soos jy hierbo sê….. dan is “aandagafleibaar” nie so ‘n slegte ding nie 🙂
        Ek het nounet by die dokter nuus gekry dit wat ek gedink het is griep, is eintlik bosluiskoors…. en dit is maar net die begin. Sy sê maak jou reg vir ‘n rowwe tyd. Klim in die bed, en boek jouself af vir ‘n maand. As jy wonder waarom ek stil is… dit is nie “aandagafleibaar” se skuld nie, maar die dekselse bosluis s’n.

        Like

        1. My gaste kan nou enige oomblik hier aankom. So voor dit wil ek net sê hoe verskriklik jammer ek is oor jou siekte! Ek wens hulle het dit gou genoeg ontdek en dat jy nie te erg siek sal word nie en dat jy sommer gou gou weer op die been sal wees.

          Like

  2. ‘n Vriendin klim baie ingedagte in haar kar in. Waar is die selfoon??? Soek en soek… Bel later haar man (op die einste selfoon) om te se die foon is weg, sy kry dit nerens… True story, belowe 🙂 En sy is andersins ‘n baie kapabele werkende ma…. Seker nou nie exactly aandag-afleibaar nie, want daar was geen aandag om af te lei nie!

    Like

    1. 😆 Ek lief sulke blonde oomblikke. Soos my man wat sy bril soek, huistoe ry om dit te gaan haal… en toe eens agterkom dit sit mooi netjies op sy neus.

      Like

  3. he-he – lekker gesmile vir jou post en die ander se comments. my man het ADD, so ek ken hiervan – big time, en alhoewel dit my partykeer mal kan maak, is dit tog endearing van hom en ek staan hom by in elke manier wat ek kan. ek kan nou weer glad nie multi-task nie, so ons almal het ons dinge ne? 😉

    Like

    1. Ja, ek het ligtelik geskryf, maar ek dink dit moet baie baie erg wees vir dié wie dit regtig in ‘n erge graad het, ook vir hulle naastes. ek kry wel in die onderwys met hulle te doen…

      Like

  4. ahahahahahah i can relate !!!! My stomme prinseskind is die totale teenoorgestelde van my en het al meer as eenkeer vir my gevra/sê : REALLY mamma? wie is die kind in hierdie verhouding – fokus bietjie !!!

    Like

    1. Wel wel wel…… nadat ek toe op internet lees dat ek aandagafleibaar is….. 😯 ….. het ek begin fokus en toe nogals baie uitgerig!! 😉 Maar nou is ek STOKFLOU!! 😆

      Like

          1. Dankie, Toortsie, dit wys nou hoe sommige kinders aandag-afleibaar is. Dit is baie belangrik dat die omgewing waar hulle moet leer, so min as moontlik stimuli het wat hulle aandag aflei. Dit is vir hulle ‘n groot probleem in die klaskamer, want jy kan net dink hoeveel dinge/kinders/ (en ander goed) daar is wat hulle aandag aftrek – en in sommige gevalle se ons hulle ‘dagdroom’ – maar dit kan ook wees dat hulle na al daardie dinge staar en wonder/dink daaroor. 🙂

            Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord