Ons gaan toer!!!

Kameel is, soos dit my lyk, omtrent op ‘n wêreldreis saam met Mark Twain en weet julle wat? SY HET MY SAAMGENOOI!!!! Yes!!!!! En weet julle wat nog? Ek mag 3 maats saamnooi!!! Ek dink ons moet sommer in Rusland ook gaan draai. Dis ‘n land wat ek graag sal wil sien, sommer oor die misterie daarvan. As kind het ons so met ‘n “vrees” vir Rusland grootgeword en as ek dit nou so bekyk, is hulle maar net sulke mense soos ons. Eintlik sal ek graag sommer ‘n klomp van die oosbloklande wil besoek.

Die eerse een wat ek saamnooi is my eie manlief. Ek toer nie graag sonder hom nie en as ek alleen toer gaan hy dalk ook alleen wil toer en dan word ek stapelgek alleen by die huis. Hy was nie altyd ‘n natuurlike toeris nie, het nie so grootgeword nie, maar ek het hom mooi geleer. 😉 En nou het hy ook aal toerskoene aan!! Dis lekker as hy saam is. Hy het ‘n ingeboude GPS soos wat jy nog nooit teëgekom het nie. Dit werk gewoonlik so: Hy bestuur, ek sit met die kaart. Maar as ons ons bestemming bereik het, en ons “vat die stad”, is hy soos ‘n mier, en onthou presies waarheen om terug te gaan.

My meisiekind mag saamgaan. Sy het ook ‘n ingeboude wanderlust, net soos haar ma en haar ma se familie. Sy gee nie om waarheen ons gaan nie, solank sy asseblief net kan saamgaan. Alles is lekker, sy neem aan alles deel, is nooit dikmond nie. Wat ‘n heerlike maat!!

Kameel? Kameeltjie? Mag ek nie maar nog ‘n ekstra enetjie saamnooi nie? Asselbief asseblief asseblief? Want ek wil nie net een blogmaatjie nooi nie maar 2.

Seegogga. As ek haar so bekyk, lyk sy ook lief vir toer. Vir so ‘n toerdery moet jy jou maats mooi kies, daarom kies ek mense wat hou daarvan. Die ander een wie ek saamnooi, is Maankind. Ek dink die wanderlust loop ook sterk in haar are.  Hierdie twee blogmaatjies moet ook vir 3 vriende saamnooi. Vertel sommer waarom jy hulle nooi en as jy wil, waarheen julle die reis gaan voortsit.

toeristoorts

5 thoughts on “Ons gaan toer!!!

  1. Toortsie, ek hou van jou avontuurlustigheid. As jy my hand vashou sal ek saam met jou Rusland toe gaan…. wil daardie geboue met hulle eienaardig dakke wat my aan sprokiesland laat dink, gaan kyk 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s