Vetsak werk vir die Here

Vetsak kan nie net altyd vakansie hou nie! Nee ag!! Hy moet soms werk ook! Alhoewel, ek dink hy werk baie hard as hy so vakansie hou, want hy is gewoonlik oorlaai.

Vetsak was al saam op meer as een uitreik. Een keer was hy saam met ons kerk na Msinga waar hulle jaarliks die mense daar help. Daar word gebou, gespeel, ge-evangeliseer…..

‘n Ander keer het vriende hom gebruik, ook vir ‘n uitreik… Toe ek vir die vriendin vra waar hulle orals met hom gaan draai het, vertel sy: Jan Kempdorp. Vryburg, Mafikeng. Deur Botswana, Gaberone, by Francistown-grenspos uit na Zimbabwe. Gweru, Harare, Njamapanda-grenspos uit na Mosambiek. In  Gweru het hulle kastrolle, kaas, kos en ou klere afgelaai. In Harare het hulle 3 rekenaars afgelaai, al hulle rekenaars rondgeskuif en die swakstes uitgegooi, backuptoerusting installer, ‘n netwerk in die hele drukkery installeer. Materiaal van Bybelmedia afgelaai vir mense wat evangeliesasiewerk en tronkbesoeke doen. Plastiese bekers en bordjies vir ‘n ouetehuis met 60 swaksiendes in Harare gebring. Ou klere uitgedeel.

Deur die Tete-provinsie, lekker gekamp langs die Zambezi-rivier. Daar het hul ‘n ander uitreikgroep raakgeloop wat vir hulle 100 Engelse Bybels gegee het wat die ander groep nie kon versprei nie want die mense lees nie Engels daar nie.

By Vila Ulongue (Teologiese Kollege in Mosambiek) het hulle kas en goed afgelaai. Deur Dedza-grenspos na Malawi.  Op Lilongwe het hul ‘n groot besending afgelaai van Bybelmedia se goed (drukwerk, prente, opwen-mp3 spelers), die Engelse Bybels en ‘n yslike lang opgerolde mat vir die kleuterskool, en kaas.

Lilongwe, Malawi-meer en deur die Chipata-grenspos na Zambië. By sendelinge aangegaan en kleinighede afgegee. Karibadam.

Katima Mulilu, Namibië, Quando-rivier in Oos-Caprivi. Bagani. Popa-Valle. Botswana.

13000 km. 6 lande. 10 grensposte (eintlik 20 want elkeen is mos 2)

Sy sê – Hoeveel hulle ook al afgelaai het, hulle het nooit makliker gepak nie….. 🙂

 

Dankie vir julle bereidwilligheid om julle vakansie te gebruik om vir die Here te werk, liewe vriende!!

Groetnis, Toortsie

Toortsie se faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek

3 thoughts on “Vetsak werk vir die Here

Gesels saam, asseblief!