soekenjin…

Die woorde wat mense intik om by ons blog uit te kom, bly maar interessant. Dit is nie die eerste keer wat ek hieroor skryf nie, maar hier is ‘n paar:

“Ek is moedeloos” en “moedeloos” – Ek kan net dink hoe moedeloos ‘n persoon moet wees wat hierdie woord op die internet tik. Ek hoop van harte dat hy/sy wel iewers bemoediging ontvang het en dat hier selfs op hierdie blog vir hom/haar woorde van troos was. Die beste troos wat ek kry, is in Jesus Christus, en hy/sy kan gerus by “Geleefde Christenskap” en “Motivering en bemoediging”  kyk, dalk help dit. Een dag nadat ek waarlik moedeloos was, het ek hierdie geskryf.

“Hoekom spaar ‘n mens?” Ek kan nie GLO dat iemand so iets vra nie, maar eintlik behoort ek dit te glo. Want slegs 5% van alle mense het, as hulle by aftrede kom, genoeg gespaar om te kan aftree. Ek spaar in die eerste plek “vir die wis en die onwis”, vir daardie krisisse wat oor my pad kom en ek skielik geld nodig het. Sodat, as daar ‘n krisis is, ek nie in ander se oë hoef te kyk nie. Vir my eie selfrespek. Omdat ek dit aan myself verskuldig is. Sodat ek eendag met gemoedsrus kan aftree.

“Kaal in die bad” 😯 BAD JY DAN MET KLERE AAN??? Wat “kaal in die bad” natuurlik nog lekkerder maak, is as jy dit by kerslig doen, saam met jou huweliksmaat, en ‘n glasie rooiwyn daarmee saam geniet….. 😉

Terwyl ek nou by die baddery is, “My vrou hou nie van seks nie.”….. Meneer, benader jy jou vrou reg? Weet jy dat mans, net deur te sien, onmiddellik gestimuleer word vir seks, terwyl ‘n vrou se lus vir intimiteit baie te doen het met hoe jy haar DIE HELE DAG behandel? Het jy geweet dat as jy haar vloek, skel, beledig, nie na haar behoeftes omsien nie, sy NIE lus sal hê vir seks nie en voel soos ‘n seks-objek? Maar in dieselfde asem, Dames, besef julle dat God die man gemaak het dat hy op ‘n gereelde basis seks wil beoefen, dat dit ‘n biologiese feit is dat mans saad produseer en dat seks ‘n wonderlike manier is om daarvan ontslae te raak? Besef julle dat as julle altwee gaan begin konsentreer daarop om seks lekker te maak, dit een van die wonderlikste ervarings tussen julle twee kan wees?

“Loopmaag boererate vir kleuters”…. ek weet regtig nie!! Is hier nie dalk iemand wat raad het vir die persoon nie?

“Raad vir skurwe hakskene”? Kliek hier

“Keuses in die lewe”…net gisteraand by die Bybelstudie daaroor gepraat. God het vir ons keuses gegee. Wat ‘n voorreg! Mag ons die voorreg reg gebruik en die regte keuses maak in ons optrede. Want elke keuse het ‘n gevolg!

En maatjies, later vertel ek julle verder!!

Toorts

Advertisements

7 thoughts on “soekenjin…

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s