Hoe gemaak as jy op ‘n langnaweek is en jy probeer gewig verloor?

Wel, ‘n langnaweek saam met vriende is vir my sinoniem met niksdoen en eet. En of ek nou probeer gewig verloor of nie, ek verval maar weer in daardie patroon!!! So, ek het HEERLIK saamgeëet aan baie baie lekker kos!! En heerlik saamgekuier. Maaaaaarrrrrrr ek het wel ‘n paar voorbereidings getref en hier en daar gesorg vir ‘n plaasvervanger. Op die ou end het ek steeds baie meer geëet as wat voorgeskryf word, maar ek dink die plaasvervangers het die skade heelwat kleiner gemaak.

Ek vertel vir julle wat ek gedoen het, dalk help dit iemand anders:

Vir “snacks” het ek gesorg vir rice crackers, gurkins, klein rooi tamatietjies, olywe ingepak. Dis nou behalwe die kasies en chips vir die ander mense. So, as daar ‘n bord met versnaperings neergesit was, was daar genoeg vir my om die hele tyd aan te knibbel terwyl die ander so hier en daar aan die olyfies geproe het…. ‘n bord met stukkies komkommer, blomkool, wortelstokkies, brokkoli en ‘n slaaisous om dit in te doop, werk net so goed.

Om alkohol-inname te beperk, is daar natuurlik coke-lite ingepak, maar ook ‘n bottel suikervrye suurlemoenkoeldrank, wat heerlik is met baie ys en sommer gewone water. Die lemonade in die “Cane, Passion Fruit en Lemonade” is vervang met soda-water.

Vir die braaityd het ek ‘n paar slaaie vooraf gemaak. Solank ons daar rondom die vuur sit, het ek solank myself GROOT gehelp aan dit.

Lensie-en rysslaai

Bedek ‘n halwe koppie lensies en ‘n halwe koppie bruin rys, ‘n klein bietjie “chick-peas” (kegelertjies?) met koue water en laat week vir 2 ure. Dreineer en spoel dit af. Gooi koue water en sout in ‘n kastrol en kook dit vir 20 minute. Dreineer.

Gooi die volgende oor: 1 middelslag uit, gekap; ‘n groot lepel knoffel, 100 ml fyn pietersielie, sout en peper na smaak. (Onthou, daar was reeds sout by die rys en lensies gegooi toe dit gekook het, so wees versigtig met die sout!!0 ; 175 ml slaai-olie, 75 ml asyn, gerkhins.

Kopkoolslaai met joghurt

Van hierdie slaai kan verslankers maar behoorlik baie eet!!

500 ml fyn kopkool, fyn gekap; 3 middelslag bete, gaar en in blokkies gesny; 50 ml fyn pietersielie, 10 ml gerasperde peperwortel, sout en peper. Meng als, gooi 200 ml bulgaarse joghurt oor. Verkoel en meng net voor opdiening.

Met hierdie resep soek ek raad, asb! Waar kry ‘n mens peperwortel? Ek het dit nie ingegooi nie en die hele tyd gevoel die slaai soek oemf. Kan dit dit wees? Of te min sout? Wat sal jy bygooi?

Verslankers se wortelvorm

1 Blik fyngemaakte pynappel; 1 pakkie weithless lemoenjellie; 1 tl gelatien 50 ml suiker; 500 ml fyngerasperde geelwortels, 125 ml bulgaarse joghurt. (As dit klein pakkies jellie is, moet jy meer gebruik)

Gooi kookwater by die pynappelsap tot 250 ml en maak die jellie daarmee aan. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol nie. Klits jellie tot romerig. Klits suiker bietjies-bietjies by en dan die sout. Meng pynappels en wortels en vou by jelliemengsel in.

Stol.

Moenie dink ek was baie voorbeeldig nie!! By die Boesmanland restaurant het ek van ALLES geëet, wel kleiner porsies as gewoonlik. En by die ander uiteetplek het ek pasta bestel, want toe was dit al aan die einde van ‘n dag waar ons alreeds vleis gebraai het ook! Volstruissosaties het ook gehelp, hul vetinhoud is mos minder!

Sterkte vir julle wat ook probeer minder eet. Dis NIE ‘N GRAP NIE!

Toorts

‘n Toevoegsel baie later….. Onthou ‘n flinke stappie so iewers elke dag help ook baie!

10 thoughts on “Hoe gemaak as jy op ‘n langnaweek is en jy probeer gewig verloor?

  1. Nou het jy my behoorlik honger…. verslankingskos of te nie 😦 Jou skuld dat ek nou in die middagure kos gaan opsit… voor vanaand se skoolkonsert.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s