om die pot aan die kook te hou

Omstandighede het dit vir my my lewe lank moeilik gemaak om voltyds ‘n werk buite die huis te hê. Ek het ook geglo dat ‘n ma so veel as moontlik by die huis moet wees as die kinders klein is. Onthou, ek bestraf nie hiermee ma’s wat wel werk nie!! Tog moes ek maar al die jare ‘n manier vind om die beskikbare geld te rek of op ‘n manier tog ‘n geldjie in te bring.

Terselfdertyd het ek in ‘n huis groot geword waar ‘n baie groot klem op die idee van ‘n geldjie spaar gelê is. Nie net spaarsamig te lewe nie, maar ook om ‘n paar rand weg te sit. Selfs in die heel moeilikste jare waar ons regtig baie swaar gekry het, het ek maandeliks iets afgeknyp en weggesit. Dis ‘n gewoonte waaroor ek nog nooit spyt was nie. Soveel mense sê hulle kom nie uit met wat hulle het nie, hoe kan hulle nog spaar ook? Wel, ek kan getuig daarvan dat dit moontlik is, in erg moeilike omstandighede.

Ek het gou geleer dat die verborge koste net te veel is as ek moes dorp toe ry vir ‘n vaste werk. Behalwe dat jy jou motor opry, brandstof gebruik, bande, ander slytasie, is daar beslis ook slytasie aan jou huishouding. As ek al die koste van die bediende, ekstra kos, die feit dat jy nie jou hand op die huishouding het nie, dat jyself nie na jou kinders omsien nie en dit ekstra probleme bring, dat daar soveel ekstra druk op jou huwelik is, almal saans moeg is en daar dan ook nie saans die nodige aandag gegee kan word nie omdat jy ‘n hele dag se aandag in ‘n paar minute moet indruk, netjieser en duurder klere…., wonder ek of mens nie meer verloor as wat jy wen nie.

Tog moes ek op ‘n manier die punte bymekaar bring. In plaas daarvan om my kinders na ‘n speelskool te stuur, het ek eerder die geld van die speelskool gebruik en goeie opvoedkundige speelgoed gekoop. Daagliks het ons vanaf 5 nm mamma-tyd gehou waarin ons allerhande lekker dinge gedoen het. Saans 8 nm was dit bedtoegaan tyd en dan het ons boeke gelees. Ek het truie gebrei wat ek verkoop het, die geld het ek weer gebruik om lap te koop en klere te maak.

Deur “agent” te wees vir velsorgprodukte, materiaal, juwele, klere, kon ek toegang kry tot goeie produkte teen ‘n laer prys. Die paar goed wat ek in die proses verkoop het, het dit net meer bekostigbaar gemaak. Aanvanklik het ekself vir my dogter musieklesse gegee en daardeur het ek sommer baie gespaar. Ek was gewillig om werke te doen wat ander nie bereid was om te doen nie. Baie van die goed wat ek probeer het, het ek reeds opgenoem.

Ek weet tye het verander, maar deur kreatief te wees, is dit moontlik om tog die pot aan die kook te hou. Dalk is dit soms net nodig om nie té kieskeurig te wees nie.

Of val ek nou heeltemal uit die boom uit?

Toorts

12 thoughts on “om die pot aan die kook te hou

  1. Ek dink nie jy val uit die boom uit nie, maar dat dit wel moeiliker is om by die ‘huis te bly,’ (wat ek doen die laaste 5 jaar.) as voorheen. Bv. skoolgeld beloop nou al R1800 in publieke skole, met ‘n R10 afskorting per kind, ja, wel doen die somme. Dis amper R6000 vir drie kinders! (Daar is feitlik niks wat ek vir iemand anders kan doen van die huis af, vir R6000 nie. En so maak talle mammas die keuse om ’buite’ te werk, omdat lewensdruk hoog is. Dis nie oorkombaar nie, maar baie mense wil nie in dieselfde kar ry vir meer as 5 jaar nie, want dan is hy ‘oud’. Ek moes al telke male verduidelik as iemand sê : ” oe, jy is so lucky, ek wens ek kon by die huis bly….” ” uh, nee. Kyk hoe lyk my kar OF “nee boetie, jy kan nie dit of dat kry nie” EN noudat ek weer ‘werk’ soek, is ek ook al ampr oor die muur!

    Like

    1. Ek neem beslis nie mammas kwalik nie wat gaan werk nie. Die kostes is baie hoog. Maar soms kies ons maar om met ‘n ouer kar te ry, of om nie met “label” klere te loop nie… Vir my was dit net regtig duurder om op die dorp te werk as om maar allerhande “goedjies” by die huis te doen.

      Like

      1. Ek wil graag weet hoe gaan i mens te werk om privaat tikwerk in te neem. Het i laser printer en i laptop, is i pensioner en het dringend i inkomste nodig. Is in Valhalla omgewing.

        Like

  2. Baie bly ek kon by huis bly en kinders self grootmaak. Het op stadium sappies by huis gemaak en verkoop; koshuiskinders Maandae ingeneem en Vrydae weer gaan haal. Tikwerk vir lesings gedoen… en later jare ‘n studio by huis oopgemaak. Het my eie en vier dogters se klere self gemaak. Dink nie dit is nou se dae so maklik vir ma’s om by huis te bly nie… veral nie hier in die stad nie 😉

    Like

  3. Al wat ek wou doen, na ek kinders gehad het, was om net ‘n huisvrou wees. Om te doen wat jy hierbo in jou blogpost beskryf. Ek het ‘n professionele kwalifikasie en min mense kon verstaan dat ek so ambisieloos was (nie die kwalifikasie wou gebruik nie) – ook die lewensmaats wat ek gehad het. Ek weet vir ‘n feit (al kon ek dit nooit lank genoeg self doen nie) dat wat jy hier bo in jou blogpost skryf is waar. Maar ek weet ook dat beide partye in die huwelik / verhouding daaroor moet saamstem. En daar is baie in beide geslagsgroepe wat net iets kan waardeer as dit “(baie) geld maak”. Sad, but true.

    Like

    1. Baie baie waar. Ek moes ook baie keer hoor ek mors my tyd want dit wat ek doen bring nie eintlik geld in nie. Tot ek nou een dag vir my man en broer gesê het dat ek weet hulle soms geirriteerd was met hulle vrouens wat nie “werk” nie, maar dat hulle die rente daarop kry die dag as hulle kinders tieners is…
      Ek was in my finale jaar op universiteit toe ‘n dame by my in die kamer instap, een wie nie regtig ‘n vriendin was nie, oor iets anders. Ook ‘n finale jaar. Altwee gesels toe oor wat vir hulle voorlê en ek sê, sonder dat ek dink, dat my grootste wens in die lewe is om ‘n goeie vrou vir my man te wees en ‘n goeie ma vir my kind. Die verbystering op haar gesig sal ek nooit vergeet nie. “Dat ‘n mens so ambisieloos kan wees”, het sy ook gesê…

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s