Hoekom hou ons sekere gewoontes?

‘n Toevallige gesprek wat ek en die jongklomp vanoggend gehad het, het my gedwing om ‘n slag dieper te dink. Hoekom hekel ek nie op Sondag nie? En brei ek nie? En doen ek nie naaldwerk nie?

Omdat ek so grootgeword het. In die eerste plek. Ek is tog lankal verby die idee van jy steek met die naald in Jesus se oë? En dat dit sonde is? En dat jy nie op Sondae mag werk nie? Ek oortree in elk geval hierdie laaste reël so, so hoekom brei ek nie op Sondae nie? Dit pla my glad nie as ander dit doen nie, so wat is dan die probleem?

Toe besef ek dat ná al die jare wat ek hierby hou, soos ek grootgeword het, is dit tóg vir my ‘n manier om op ‘n Sondag anders op te tree as in die res van die week. Dis ‘n manier van vas. Daar is 4 dinge wat ek vas, nl biltong, droëwors, koffie en sjokolade. Dis 4 dinge waarvoor ek baie lief is en wat vir my baie swaar is om voor nee te sê. Deur te vas gaan beslis nie die hemel se hekke oopmaak vir my, of my in spesiale guns voor God bring nie, maar dis my manier om vir God te eer.  Ek doen dit ook nie om ‘n klop op die skouer by enige persoon te kry nie. Ek doen dit vir Hom, vir wat Jesus vir my gedoen het. Uit dankbaarheid. En ja, dis nie eers ‘n druppel in die emmer teenoor wat Hy vir my gedoen het nie, maar op my eenvoudige, menslike manier is dít tog ‘n klein maniertjie om vir Hom te wys Hy is vir my spesiaal. So, soos wat ek vrywillig sekere eetgoed nie inneem nie, so doen ek vrywillig nie naaldwerk op ‘n Sondag nie, want as ek eers dit een keer gedoen het, word Sondae vir my nóg meer net ‘n gewone dag, wat dit beslis nie is nie.

Maar dit is en bly my keuse en as jy verkies om dit anders te doen, is dit heeltemal reg met my. Ek wou maar net vir myself uitsluitsel kry oor die saak. Vir my is die Sondag ‘n baie spesiale dag. ‘n Dag van die Here.

Lekker dag!

Toorts

9 thoughts on “Hoekom hou ons sekere gewoontes?

  1. Daar is net iets aan ‘n Sondag wat anderste is. Dit wil maar net nie vir my reg voel as die kinders Sondae middae gaan fliek nie. Of dit net gewoonte is dit weet ek nie…. maar Sondag se vibe is anders.

    Like

  2. Ek maak ook nie my masjien oop nie maar sal brei of hekel (nie dat ek eintlik dit meer doen nie) Terwyl ek so lees wonder ek watter plek die rekenaarspeletjies en blogs dan inneem.

    Dankie vir die skrywe wat my laat wonder.

    Like

    1. Presies!! Dis hoekom ek gesë het ek volg in elk geval nie meer die reël van “Jy mag nie werk nie”, of swem nie of kaart speel nie…. Maar ek hou maar steeds by hierdie naaldwerk een. 🙂

      Like

    2. Dankie rondomtaliedraai! Dis nou ‘n interessante opmerking – van die rekenaarspeletjies en so. Want die kinders doen dit heelweek… Dalk moet ons ons kinders ook ‘n bietjie meer leer van vas, soos toortsie hierbo sê, van die gewonelekkerdinge wat ons dalk moet prysgee, sodat God weer eer en eerste plek kry die een dag in die week.

      Like

  3. God het gepraat van die Sabbat omdat mens rus nodig het van sy werk. Party mense se rusdag is op ‘n ander dag van die week. Mens behoort elke dag tot eer van God lewe, nie net Sondag nie. Wat een dag sonde is, kan nie op ‘n ander dag nie sonde wees nie. Ons gesin maak altyd Sondag ‘n familiedag en hou daarvan om met familie te kuier om ‘n heerlike ete en baie gesels. Dit verbaas my ook partykeer dat mense partytjies hou en fliek toe gaan, want ‘ons is nie so grootgemaak nie’

    Like

  4. ek is bly jy se elkeen kan voel soos hulle voel en doen soos wat hulle wil doen. ek dink dis great as jy dit wil doen omdat jy so voel, maar om dit vir ander mense te preek, werk nou nie vir my nie. ek persoonlik sal enigiets op enige dag doen – ek weet mos wat ek weet. 😉

    Like

  5. Ek onthou nog een jaar was ons met vakansie by die see. Die hele week het dit gesous. Sondag kom die son toe heerlik uit en my pa wou ons nie toelaat om te swem nie. Sy broer-hulle was ook daar en die het hom toe oortuig dat dit oordrewe is. Hoe kon mens 1000e kilos ver ry en dan die sonskyndag nie benut nie!

    Like

    1. Ja, ons het die swemreël ook later verbreek. Ons mag net nie op Kersdag geswem het nie. Dis nou doerrrrr donkie jare terug. Nou is daar nie meer so ‘n reel nie (ek swem ook nie die ander dae nie!!! 🙂 )

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s