Kinderraaisels

Olga het ‘n blogspeletjie begin en vir my getag. Sy sê ons moet vertel watter laerskool raaisels ons gevra het. Ag, en ek was nooit so goed met hierdie dinge nie, en kon net 2 onthou, wat sy ook genoem het, nl die een van die besem en die koei.

Daar is twee ander wat ek ken, maar ek is nie seker of dit heeltemal hier inpas nie. Maar ek gaan probeer. Die eerste een het ek tot vervelens vir my broer gevra en hy het keer op keer nie die antwoord geweet nie.

Ons ry in die wildtuin ek ‘n olifant staan in die pad. Wat maak jy? Jy haal die fant weg en ry oor die olie. En sê nou daar is ‘n kakkerlak in die pad? 😯

Hierdie een het ons wiskunde onderwyser gevra:

Die man staan in die pad en sien ‘n swerm ganse verbyvlieg. “Hiert, julle honderd ganse!!” “Nee,” sê die ganse, “Ons is nie 100 nie, maar ons en nog ‘n maal ons en die helfte van ons en ‘n kwart van ons en jy daarby maak 100. Hoeveel is ons?”

Nou moet julle maar antwoord. 😆

Biscuits, Pienk Pantoffels, en Alta, kan julle ons help? Onthou julle ‘n bietjie beter as ek?

Toortsie

Toortsie se faceboekblad.

Toortsie se Bantingboerekosboek faceboekpage

18 thoughts on “Kinderraaisels

  1. Hierdie een het my en ‘n maatjie vreeslik laat bloos: Ek kan nie heeltemal onthou nie, maar dis darem ‘n kwessie van onder die rok kom die hare – en toe is dit ‘n mielie!
    En dan is daar die een van die waatlemoen: So groen soos gras, so wit soos was, so rooi soos bloed, so suikersoet. Dink ek!

    Like

  2. Raaisels onthou ek net een:
    Raai raai Riepa, Geel is my piepa, groen is my doedelsak wat my piepa aan hang?….Geelwortel
    Maar ek onthou ook nog vir Arme Ek is Oupa Uil (vokale) en Meneer Van As, My Jas Sal U Nie Pas (Planete, toe Pluto nog ‘n planeet was)
    Boonop weet ek hoe om te bepaal of daar ‘n Olifant in jou yskas is….jy kyk vir voetspore in die botter! En hoe kry jy ‘n kameelperd in jou yskas? Maak die deur oop, haal die olifant uit en sit dan die kameelperd in 🙂

    Like

  3. Hierdie een het ek in die jare toe geld nog geld was R10 mee gewen. Iemand by die werk het gesê ek sal hom nie uitgewerk kry nie. Jy het sewe sigarette, en een skaal (die outydse soort met twee weegkante). Een van die sigarette weeg ‘n gram minder as die ander. Jy mag die skaal net tweekeer gebruik. Hoe sal jy uitvind watter sigaret weeg ‘n gram minder.

    Like

    1. Hier het jy my nou uitgevang!
      Maar jy het 49 sigarette. Die man haal die stompies uit die asbakkies. Met 7 stompies maak hy 1 nuwe sigaret. Hoeveel sigarette kan hy v an 49 maak?

      Like

      1. Sewe…. as hy die stompies van my 49 sigarette neem. Dit is as daar nou nie ‘n kinkel in die kabel is nie 😉 As my 49 sigarette nog nie gerook is nie en ons tel dit by is dit 56. MAAR as ek nie my 49 sigarette vir hom wil gee nie…. het hy sewe sigarette. Een van hierdie antwoorde moet reg wees Toortsie. Sê net watter een 🙂

        Like

            1. As die lus jou pak, en jy het niks, dan krap jy vir stompies 😆
              Moet myself nie met somme besig hou nie…. al vir jou gesê ek stry nou een dag met my graad een of was hy al in graad twee kleinseun, oor ‘n som. Sy antwoord reg… myne totaal verkeerd 😦

              Like

  4. Dankie vir die saamspeel. kameel was nou oulik en klaar geantwoord. Want my humeur is al dun gerafel van sukkel met ‘n skootrekenaar en die liewe WP wat my elke keer die hele ou login ding laat oordoen.

    Like

  5. O liewe Olga…. ek sien jy sê jou humeur is al dun gerafel. Laat ek jou dan nie nog verder omkrap nie. Die antwoord op daardie groen een is “gras,” Vra hulle dan “maar wat van die wielietjie,” antwoord jy “Ek lieg sommer van die wielietjies.” Hoe koets ek nou vir so ‘n hou!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!