oor persoonlikheid

Ek dink “persoonlikheid” is ‘n relatiewe begrip. In een week het ek by een gehoor dat ek ‘n sterk persoonlikheid het en by ‘n ander dat ek nog nooit eintlik persoonlikheid gehad het nie!! 😯 dêmit.  (Nie dat ek vir die opinies gevra het nie!!)

Watter een moet ek nou glo? Kom ek in sekere mense se geselskap, voel ek die sterker een. Kom ek in ander mense se geselskap, dan voel ek weer of ek ‘n klein kindjie is teen die grootheid self. En tussen my pelle? Daar is dit NET REG!! 🙂

Maak dit regtig saak? Nie vir my in elk geval nie. Ek het besef dat ek sekere mense nooit sal beindruk nie, al probeer ek ook wat. Soos ek reeds gesê het  is daar gelukkig mense wat my liefhet net soos ek is. 🙂

In my jong dae het ek in ‘n sekere verhouding gevaarligte sien flits en besluit dat ek nooit my persoonlikheid van my gaan laat steel nie. Dit het dalk die gevolg gehad dat ek op die ou end sterker uitgedraai het as wat ek andersins sou. My lewe lank werk ek doelbewus aan my persoonlikheid, aan my hele persoon, om dit na die beste van my vermoë te ontwikkel. Daarom lees ek graag opvoedkundige boeke om myself in die proses te verbeter. Ek probeer om nie sommer my wil op ander af te druk nie, maar soms is dit ook nodig dat ek my eie stempel op iets afdruk.

Ek het op die punt in my lewe gekom dat ek tevrede is met wie ek is. Ek het geen begeerte om ‘n Sarie voorbladnooi te wees met alles wat ek dalk in die lewe kon bereik het nie. Ek weet wie ek is, met my grootste begeerte om die Here te behaag, dat die mense rondom my gelukkig sal wees. Ek lei ‘n vol lewe en kom redelik goed met mense reg.

En dit wens ek vir almal toe. Om vrede in jou hart te hê met wie jy is, hoe God jou gemaak het en om die beste jy te wees wat daar kan wees. Dat jy jou eie passies sal uitleef, al is dit vreemd in die oë van ander.  Dit maak nie saak watter soort persoonlikheid jy het nie, ontwikkel jouself sodat jy kan blom net daar waar jy is.

Sterk persoonlikheid? Swak persoonlikheid? Wie gee om?

Toorts

4 thoughts on “oor persoonlikheid

  1. Ek is geskok tot in my valstanne toe in … (al het ek nie valstanne nie) wie durf sê jy het ‘nie eintlik persoonlikheid nie’ – Vaderland ! Dit is nou wat my ma altyd van die ‘vrysê van mense ‘gepraat het….
    Daardie woordklippe !!

    Like

  2. Ai Toortsie, ek soek ook mos nog na my persoonlikheid….. waar sou ons dit verloor het? Of het ons dit nooit gehad nie 😯 Dit is natuurlik tong in die kies gesê 😆 Jesus kap, en saag en skuur mos nog aan my…. wanneer Hy tevrede is gaan ek B E A U T I F U L wees!!! Intussen vryf ek nie al wat ‘n mens is verkeerd op nie…. dus lewe ek MEESTE (nie altyd nie,) van die tyd in vrede met God, mens en myself.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s