onsigbare ek…

Wat ‘n onmoontlikheid! Ek! Onsigbaar en onhoorbaar? Wat’s die kans? Maar ek sal probeer, want Kameel vra waarheen ons sal gaan as ons onsigbaar kan wees. Om die waarheid te sê, sy het vir my ‘n inboks gestuur en gevra dat ek moet “aangaan” met die woordspeletjie. Ek vermoed sy wil dit ‘n “tag”-speletjie maak.

My skoonsuster het, toe ek universiteit toe is, gesê sy wens sy kon ‘n vlieg teen die muur wees in die klas. Ek het by myself gedink…. nou waarom? Toe ek begin skoolhou het, het sy dieselfde gesê. Nou verstaan ek.

So, Kameel, dit sal nogals lekker wees om ‘n dag onsigbaar saam met my dogter klas te loop. Ag, ek dink eintlik ek weet presies hoe dit sal gaan, maar ek wil die lekker wandel daar saam met haar beleef, sonder dat sy my in ag hoef te neem. Dit sal selfs lekker wees as ons saam kan musiek maak, maar ek sal haar op hierdie stadium net in die skande steek!! As ek dan by haar klaar is, sal ek dit ook nogals geniet om net by die twee seuns by hulle verskillende werkplekke onsigbaar in te loer. Sommer net om te sien hoe baie hulle dit geniet.

Iets avontuurliks wat ek tog nooit in lewende lywe sal doen nie, is om in ‘n ruimtetuig te klim en saam te gaan maan toe. So, ‘n vlieg teen die muur sal tog te lekker wees. Dan kan ek van ver af sien hoe die aarde lyk, die sterre en die maan bekyk.

Maar Kameel, ek verkies dit steeds om eerder in myself, in lewende lywe, my volle self, al die dinge te doen. Maar dankie, jy het ‘n baie oulike speletjie uitgedink. Ek gee die stokkie nou oor aan Maankind, want sy het al by die kommentare so ‘n oulike idee gehad waarop sy kan uitbrei. Ek sou dit ook graag aan ons dierbare heks wou gee, want ek wonder waar sy orals met haar besempie sal vlieg as die ou perse haar nie dophou nie, maar ek dink sy is reeds weg op haar reis!! So, Xena, as jy haar dalk raakloop, sal jy haar asseblief vertel dat sy huiswerk het? Seegogga!!! Waar is jy? Sal jy asb vertel waar jy sal wees as jy dit onsigbaar kan doen?

Onthou, ‘n tag-speletjie werk so dat jy die een wat jou benoem het, moet erken in jou blog, en dat jy weer een, twee of drie mense moet aanwys wat die stokkie moet aanvat by jou. Lekker reis!!

Onsigbare Toorts (wat jy waar kry?)

Advertisements

7 thoughts on “onsigbare ek…

  1. Toortsie as daar nou een ding is wat jy reggekry het vandag is dit om my kliphard hier in my huisie te laat sit en lag. Ek glo die bure dink hoeka die ou tannie hier langsaan is bietjie kens. Gee jou sowaar tien uit tien vir verbeelding…. maan toe…. sterre bekyk 😉 Ek en my vriendin het gister sit en wonder waar ons oral onsigbaar heen sal dwaal….. en ek dink die duiwel het nou op my skouer kom sit. Om ‘n paar mense – veral my skoonseuns wat my so kan verpes – so ‘n bietjie skrik op die lyf te jaag, klink al te aantreklik 😆 En dan is daar nog steeds ‘n plaas in die Kaap waar ek ONGESIENS wil gaan ronddwaal 😯

    Like

      1. Ek weet nou waar ek ongesiens sou wou wees My onsigbare seunskind is eintlik n baie diep mens n Denker en filosoof en n kampvegter vir God Miskien nie n spesifieke geloof of kerk nie maar die feit dat God ons Vader is en Sy seun ons verlosser
        n Ruk gelede het hy saam n vriendin by vriende van haar gaan kuier en daar het hy in n gesprek betrokke geraak met n ander jong persoon wat basies die teenoorgestelde as hy glo Hy se hulle het die nag om redeneer oor allerhande goed onderandere Godsdiens
        Hulle het nie baklei nie elkeen het sy saak gestel en dan na die ander se mening geluister en so het dit oor en weer gegaan Nou dis n gesprek wat ek graag sou wou beleef

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s