As ek onsigbaar kan wees

Op ‘n dag vra ons, ons kinders diè vraag: “If you could be invisible where would you go?”  “In die meisies se kleedkamer,” kom die antwoord seepglad van ons graad een seun.  Praat van eerlik!!!  Daardie jare het ek ook geweet wat ek wil doen.  Ek het van kindsbeen af die begeerte gehad om ongesiens van huis tot huis te gaan, net om te sien wie bly daar, hoe lyk die huis, hoeveel kinders is daar, wat maak die mense met hulself, wat eet hulle, is hulle gelukkig… maw die lief en leed van elke huis.  Elke huis het ‘n storie, en ek wou die stories beleef.

Of ek die ouderdom die skuld moet gee weet ek nie, maar die jarelange begeerte het soos mis voor die son verdwyn.  Die knusheid van my eie huisie, en die lief en leed wat hom hier afspeel is vir my genoeg, maar wat antwoord ek nou op die vraag?  Ek het die ding van alle kante af bedink, maar ek kan nie eerlik hierop antwoord nie.

Gisteraand sien ek ‘n tv program waar ‘n Russiese skip uit die Beagle kanaal op die see uitvaar, Falkland eilande toe, en vandaar Antarktika toe.  Dit is ‘n ander wêreld, en die toeriste sê dit is ‘n “moet sien,” ondervinding.  Nou goed besluit ek, dit is dan waar ek onsigbaar heen sal gaan.  ‘n Goeie nagrus laat my egter van plan verander.  As ek daardie bootreis meemaak wil ek kan saamgesels oor die mooi, die penquins op die Falkland eilande (ek wens ek kon een vir ‘n troeteldier aanhou,) die ysberge, en dies meer.

Dus is ek nog niks nader aan ‘n antwoord op hierdie vraag nie.  Miskien moet ek ‘n bietjie ongesiens by Toortsie op die plaas gaan kuier 😆  Dit is nou glad nie so ‘n slegte idee nie…. hmmm… ek kan al sien hoeveel pret ek my daar op die hals gaan haal 😉  Sal so ‘n bietjie hieraan herkou.

Waarheen sal jy gaan as jy onsigbaar kan wees?”  Onthou die goue reël… dit moet die waarheid wees.

19 thoughts on “As ek onsigbaar kan wees

  1. Gaan jy kom kuier? Jippieeee! maar onsigbaar? Nee! want dan kan ek jou nie hoor nie! 😉 Kom sommer in regte lewende lywe.
    Goed, ek sal jou antwoord, maar moet nog eers ‘n bietjie mooi dink. Daai Antartika trip klink darem baie lekker.

    Like

    1. Dit is nou sowaar oorspronklik MaanKind…. in mense se koppe gaan “snoop.” 🙂 Wonder of ‘n mens nie sal verdwaal of verstrengel raak daar nie?

      Like

  2. As jy in mense se koppe wil gaan rondkyk Toortsie, mag daar ‘n paar se koppe wees wat jy goed wil was ook. 😯 Bly net weg van myne af, jy gaan “dronk,” daar uitkom.

    Like

  3. My meisiekind se sy sou graag in die ontwerp atejee wil wees eenuur in die oggend voor n groot projek moet inwees Net om te sien wat doen die ander om te probeer wakkerbly en hulle werk klaarkry
    Ek sou graag in my mansmens se kop gaan snoop Miskien kry ek antwoorde vir vrae wat ek nie durf vra nie Miskien is dit beter as ek nie weet nie
    Die parlement ding kan ook pret wees.

    Like

  4. Annalie, gaan maar eerder parlement toe. Ek dink nie jy wil nou weet wat in jou man se kop aangaan nie. Myne het in daardie jare partykeer direk gesê wat hy dink…. en dit was “outright scary.” Was dit nie dat ek God belowe het om te bly, en die “midlife crises,” (wil nie eers met ‘n stok aan die ding raak nie,) tot die einde toe deur te sien nie, sou ek myself en die kinders uit die voete gemaak het.

    Like

  5. My seunskind het gewoonlik allerhande goed geweet van die skool en onderwysers wat hy nie veronderstel was om te weet nie Toe ek hom daarna vra toe se hy “Ek is mos onsigbaar almal praat sommer oor die goed reg voor my”

    Like

    1. Hoe moes jou seun voel as hulle so bo-oor hom praat asof hy nie daar is nie 😦 Miskien is onsigbaar wees nie so ‘n goeie idee nie. Ek wil veral nie weet wat mense agter my rug van my sê nie 😯

      Like

  6. Ek besef onderwysers het nie meer regtig tyd om wlke kind te leer ken nie en dis gewoonlik die stelletjies wat onder die radar deur glip
    Ek het egter nog altyd seker gemaak hy weet ek is daar om te luister en te hoor wat hy se
    My stil kind is baie beslis nie meer onsigbaar nie Op sy stil rustige manier maak hy sy merk waar hy ookal gaan
    Dit is jammer dat daar mense is wat die kans gehad het om van hom te leer en nooit van die geleentheid gebruik gemaak het nie
    Hy laat my soms dink reinkarnasie bestaan tog want hy is so n old soul Soms is hy soveel meer volwasse as sy 21 jaar
    Ek se nou die dag vir my meisiekind dis asof hy gestuur is om my iets te leer ek weet net nog nie wat nie
    Onsigbaar dit sal hy nooit weer wees nie

    Like

    1. ‘n Mens sien soms nie ‘n stil kind raak nie net omdat daar so baie ander is wat aandring op aandag. Maar dit maak hom nie minder belangrik omdat hy stil is nie. Daar is ook niks verkeerd daarmee nie. Dis hoe God hom gemaak het. Ek glo hy is ‘n fyn waarnemer. Hy sal beslis sy merk iewers maak.

      Like

Gesels saam, asseblief!