Kinderarbeid

Faceboekblad‘n VLOEKWOORD!! Kinderarbeid. Die laagste laag wat ‘n mens seker kan daal, is om van kinderarbeiders gebruik te maak. En met reg ook. Daar is darem al baie in die verlede misbruik gemaak van kinders…

Is dit kinderarbeid as ‘n kind sy eie bed opmaak? Of vir ma help skottelgoed was? Of saam met die tuinjong so ‘n bietjie plantjies plant en skoffel in die tuin? Is dit kinderarbeid as die boer sy boerseuns al van kleins af saam met hom neem en hulle dan ook hier en daar ‘n bietjie hand bysit? Is dit kinderarbeid as die ma op die lande werk en haar kind saamneem, hy hier en daar ‘n onkruidjie uittrek en dan ‘n geldjie daarvoor vra?

Ek besef die waarde van die wette en hoekom dit daar is, en ek is glad nie daarteen nie. Maar hoor gou hierdie situasie:

Die plaasskole gaan slegs tot standerd 4. ‘n Groot persentasie van daardie kinders wat wel op ‘n stadium standerd 4 slaag, kan nog nie behoorlik lees en tel nie en moes eintlik nog in standerd 1 rond gewees het. Nou slaag hulle standerd 4, en is ongeveer 12 jaar oud. Hulle pas die meeste van die kere nie aan in die “dorpskool” nie en los dan maar skool. ‘n Mens kan ook kinders net op ‘n punt aanmoedig en dwing om skool toe te gaan. Hoe motiveer jy ‘n kind wat glad nie sin maak van die werk wat gedoen word nie, om wel die klasse by te woon?

Op die ou end verlaat hulle dan maar wel die skool, al is hulle nog volgens wet skoolpligtig. Wat word van daardie kinders tot hulle 16 jaar oud is en mag werk? Dis teen die wet om hulle in diens te neem. So hulle hang rond…. en rond…. en rond….. Met ledigheid wat die duiwel se oorkussing is……… 😯 ……. Wil julle in detail hoor wat alles in daardie vier jaar met sulke kinders gebeur, wat hulle alles doen, waarmee hulle alles eksperimenteer?

Ek dink nie dit is net op plaaskinders van toepassing nie, maar in die dorpe en stede loop daar ook baie sulkes rond.

Of hoe?

Toorts

Toortsie se Faceboekblad

 

Ns. Ekself is NIE ten gunste van kinderarbeid nie!

 

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding, Plaaslewe en Landbousake and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Kinderarbeid

  1. Kameel sê:

    Dit is goed vir kinders om vroeg, vroeg al te leer om takies te verrig. Dit maak hulle gereed vir wanneer hulle die huis moet verlaat en vir hulself sorg. Ek praat nou nie hier van ure lange harde arbeid nie. Daardie veertienjarige kinders kan gerus handige werkies verrig wat hulle sal laat voel hulle het waarde.
    Kameel se mening omdat sy so gesukkel het om haar voete te vind, want sy is nooit geleer hoe nie.

    Like

  2. kanwilsal sê:

    Ek is! Die verbod skep meer probleme as wat dit goeddoen. Enige rasionele mens kan insien dat tuisonderrig en privaat skole verkieslik is bo die nuttelose staats propaganda wat bekendstaan as nasionale onderwys. Die wettiging van kinderarbeid maak dit moontlik vir sakeondernemings en maatskappy om kinders wat vir welke rede ook al nie ‘n formele onderrig kan ontvang of daartoe in staat is nie, om wel vaardighede aan te leer. Vaardighede wat bruikbaar is in die werklike moderne samelewing, tegelyk kan maatskappye dit doen om finansiële voordele daaruit te put.

    Wat is immers die alternatief? Mense wat nie onderrig ontvang of vaardighede aanleer nie, gaan of misdadigers word of op welsyn op eindig. Ek en jy word dus op een of ander wyse verplig om vir hul onderhoud betaal. Meer wette en staatsreëls beteken net nog meer burokrasie, belasting en vermorsing. Nes dit dan staan met betrekking tot dwelms, prostitusie, renosterhorings en enigiets waarvoor daar ‘n natuurlike mark bestaan, moet dit gewettig word, omrede die alternatief nie die krimping van die probleem of ontbinding van daardie mark is nie, maar dat die produkte in die hande van gewetenlose georganiseerde misdadigers op eindig. En met kinders, wie weet, as hulle lewens nie rigting kry nie eindig hulle dalk op as misdadigers of nog erger, politici!

    Like

  3. MaanKind sê:

    Ek het gister sulke twee mannetjies by Penny Pinchers naby die gomrakke sien ronddwaal. In skooltyd.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s