Die krag van familiebande

In my oë is daar nie nog ‘n krag (menslike krag) wat so sterk is soos die krag van familiebande nie. Of ons nou van ons familie hou of nie, bly dit ‘n biologiese feit dat ons aanmekaar gebind is. God het ons aanmekaar gebind. Natuurlik is daar sekere familielede met wie ‘n mens beter regkom as ander, en ja, net soos in enige ander verhouding vra dit ook dat ons aan ons familiebande sal werk.

Die ding van familie teenoor vriende is dat, al is ‘n mens op ‘n stadium kwaad vir mekaar, die kans tog daar is dat dinge weer sal regkom, want ons het gemeenskaplike belang. Dalk sien ons sommige van ons familielede slegs op troues begrafnisse, tog is dit altyd lekker om hulle raak te loop omdat daar “iets” is wat ons bind. ‘n Ander blogger het slegs een post gemaak, en al wat hy gesê het, was iets baie onvleiend van familie en kerkmense. Ek is jammer as hy so oor familie voel, maar ek wonder of hy, voor hy daardie woorde getik het, daaraan gedink het dat sy eie familie dalk ook so oor hom voel?

In ons familie trap ons nie mekaar se drumpel deur nie. Maar as ons mekaar sien, is dit lekker. Ons praat oor mense en dinge vir wie ons almal lief is, want baie keer het familielede tog ook gemeenskaplike belangstellings. Ons is hartseer oor mekaar se pyn, en bly oor mekaar se vreugdes, bly oor die ander een se kind se prestasies sonder afguns. (En mag ek sê, ons kan lekker onder mekaar grom ook as dit nodig is!!) Iemand anders het een dag vir my gesê: “Julle familie se krag lê in die feit dat julle almal hier in die omgewing bly. Julle kuier nie heel dag oor en weer nie, maar as daar ‘n krisis kom, is julle binne ‘n uur almal bymekaar.” Op daardie stadium het ek nie so daaraan gedink nie, maar hy het dit heeltemal reg opgesom. Juis tóé het ons familie deur baie krisisse gegaan. Maar soos een man het ons saamgestaan wanneer dit nodig was. Dit is ‘n gawe van die Here, ek sien dit as niks anders nie.

Dit is my wens dat as ek eendag nie meer leef nie, die niggies en neefs, broers en susters, mekaar steeds sal opsoek, dat hulle mekaar sal erken vir hulle sterk punte en dat elkeen tot voordeel van die familie, insette sal lewer, nie net omdat hulleself daardeur sal baat nie, maar omdat die groep as geheel daardeur baat.

En dis my wens vir elkeen wat hier lees.

Toorts

Toortsie se Faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Die krag van familiebande

  1. Kameel sê:

    Sterk familiebande en jy het ‘n sterk ondersteuningsgroep 😉

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s