winter in die Overberg

Die ergste, heel ergste wat ons boere hier in die Overberg kan tref, is ‘n droë winter. Dit is angswekkend, senutergend, energie-stelend, moedeloosmakend. Dit hou ons op ons knieë. Droogte beteken nie kos vir die diere nie. Nie hierdie winter nie, maar ook nie volgende winter nie. Want die strooi en bale wat hierdie jaar gemaak moet word vir volgende jaar is nie daar nie. Die jaar ná die droogte is baie keer nog erger as die jaar van die droogte. Want WAAR koop jy kos? Niemand het ekstra nie.

Daarom, al is dit koud en nat en nie altyd lekker om buite in die koue te wees nie, beteken ‘n nat en koue winter vir ons net vreugde en seën, geskenk van God!

Behalwe natuurlik die kaggelvuur, sop, pannekoek, breiwerk, sjerrie, beteken ‘n nat winter ook…

Groen weivelde , nat paaie, pragtige graan, aalwyne…

Terloops, die graanland op die foto hierbo is die een wat geplant was op 2 Mei 2012.

Genadiglik hoef ek nie in die koue uit te gaan nie, maar ek hou van die winter. Ek kan verstaan dat diegene wat heeldag in die koue moet werk, dit dalk nie so baie geniet nie.

Nie Bibberende Toorts

15 thoughts on “winter in die Overberg

  1. Ek moes op die oomblik aan die skei gewees het of reeds klaar geskei gewees het Maar God het hierdie blog na my foontjie gestuur Hy se elke dag hou vas en glo Hy se van oggend vir my as Ek vir jou is wie kan teen jou wees Hy se Sondag na Sondag vandat ek in die vuur beland het niks is onmoontlik vir Hom nie maar ek moet vertrou(soms vergeet ek en neem die histerie van daardie eerste nag weer oor)maar solank ek vertrou is daar geen vrees

    Like

    1. Dit is soos jy jou minute en dae, en maande, en jare in die vuur deurbring…. jou oë gerig op Jesus, wat vir jou sê die vuur sal jou nie skroei nie. So maklik om te sê, so moeilik om uit te leef.

      Like

  2. sjoe, mooi lyk dit by julle toortsie. bly vir julle, en die plante en die diere 🙂 het vanoggend in die koerant ‘n foto gesien van ‘n boer wat vir sy beeste hooi aangery het op toegesneeude lande in die ooskaap. sjoe, dis darem maar winter daar!

    Like

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord