Ek wens ek het geweet waar “Dawid die wortel begrawe het,” want dan kan my siel tot rus kom. Of dit ‘n deel van ouer word is, en of ek net meer tyd op hande het om my met beuselagtige dinge besig te hou… die weet ek nie. Vir maande noual verlekker ek my aan Afrikaanse gesegtes en idiome. Dit vat dinge so raak, en ek wonder wie so deksels oulik was om ‘n ding vir die eerste keer op diè manier te sê. Duidelike prentjies doem voor my op. As iemand die “hasepad kies,” weet ek mos hoe lyk ‘n haas wat weghol… sit nou net ‘n persoon in die haas se plek.. en daar het jy dit. So is dit met “haastige hond verbrand sy mond,” “hy is ‘n draadsitter,” “’n halwe eier is beter as ‘n leë dop,” “nie gras onder jou voete laat groei nie,” “te veel hooi op jou vurk neem,”….. en vele meer.
En toe op ‘n dag kom “waar Dawid die wortels begrawe het,” by my op… en dit wil nie ‘n prentjie vorm nie. Ek dink die kant, en dan daardie kant toe, maar ‘n grote vraagteken hang oor Dawid en die wortels wat hy begrawe het. Praat hulle van die bybel se skaapwagter Dawid, wat Goliat verslaan, en Saul so genadig was. Wat koning geword, en ‘n man na God se hart was.? Nou wanneer het hy wortels begrawe… en indien wel…. waar het hy hulle begrawe?
As enigeen van julle wat hier lees weet, sê asseblief vir my. Die ding is besig om met my brein te smokkel. My oë is skaars in die oggend oop, of hy koggel my; “Waar het Dawid die wortels begrawe?” “Hoe de josie moet ek weet, ek was nie daar nie,” sê ek, maar dit stel nie tevrede nie. Totdat daardie wortels gevind word is ek in die moeilikheid.
En “nee,” ek is nie besig om my varkies te verloor nie, hulle is almal nog op hok….. “wie het die hek oopgemaak?” 😯
Dis GEgrawe…
LikeLike
Miskien sal dit my probleem oplos. Waar het Dawid die wortels GEgrawe. MaanKind het jy ‘n idee hoe pas die gesegte in mekaar?
LikeLike
Ek probeer uitvind by die slim taalmense.
LikeLike
Maak staat daarop dat die slim taalmense sal weet…. DANKIE!!
LikeLike
Ailsa Burger Ek het die volgende by “Mieliestronk” gekry – dit maak nogal sin:
“Só het daardie enigmatiese Dawid wat die wortels gegrawe het lank ’n raaisel gebly, totdat taalgeleerdes begin agterkom het dat dit verband moet hou met die sogenaamde Dawidjieswortel of dawidjiewortel, ’n plantsoort wat giftig is vir diere. Deur iemand te wys waar dawidjiewortels begrawe is, of onder die grond lê, sal jy hom beslis ’n ding of twee leer. Die uitdrukking sou in die volksmond verander gewees het na “iemand wys waar Dawid die wortels gegrawe het”.) “
LikeLike
MaanKind jy weet nie HOE dankbaar ek is vir julle wat gaan diep grawe het om by die wortel van die saak uit te kom nie 😉 Die stem is stil…. en ek hoop na dese hy bly stil.
LikeLike
Jy ken mos. Ek is self nie slim nie, maar ek het my contacts…
LikeLike
As daar een ding is wat ek vas glo is dit dat MaanKind slim is. Ek luister as jy praat en verwonder my aan jou taalgebruik. Sou graag wil weet of jy ‘n cholerie is, al dan nie.
LikeLike
Waddedinges is huh cholerie? Huh?
LikeLike
Breed smile ek nou 😆 Die vier basiese temperamente waarvan cholerie een is. Ek sal so graag wil weet waar pas jy in.
LikeLike
Noem die vier?
LikeLike
Ek Wonder ook altyd wie die Dawid was… ?
LikeLike
Dan is ek BAIE bly ek is nie al een wat wonder nie 😉
LikeLike
en nou wil jy ons ook laat wakker le met waar die wortels is… my wortels, jou wortels, ons wortels…ek sal bietjie navraag doen by my vriendin wat tale geswot het, dalk kan sy vir ons die doolhof na die wortels aanwys… intussen moet ons almal maar seker maak ons is stewig gewortel want as kameel se varkies ons opspoor gaan hul ons wortels uitgrawe en eet en van ons niks oorbly nie
LikeLike
Hoe lekker lag ek nou cathome 😆 Was darem nie my plan om almal te laat wakker lê nie….. maar as ons almal ons wortels bymekaar sit…. ag ek bedoel ons varkies… nee koppe; kry ons miskien die antwoord.
LikeLike
ag hoe bly is cattie nou ten minste is my wortels, skuus varkies, veilig op hok vanaand nog
LikeLike
Het jy gelees wat Olga sê cattie!!! Nou is die stem in my binneste stil, en almal se varkies en wortels weer veilig 😆
LikeLike
Dawid: Iemand wys waar Dawid die wortels gegrawe het (iemand berispe, ’n les leer)
Dawidjieswortel of dawidjiewortel is ’n plantsoort wat giftig is vir diere. As jy nou vir iemand wys waar dawidjiewortel gegrawe (of begrawe) is, kan dit beteken dat jy hom waarsku dat hy met gif speel deur so parmantig of aanmatigend op te tree dat dit nodig is dat jy hom moet berispe. Die woord (en plant) dawidjiewortel is redelik onbekend, nè is waarskynlik daarom vervorm tot die frase Dawid die wortel. aldus:- http://maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/taaltoffie/dawid-die-wortels-gegrawe/
Ek het nogal altyd gedink Dawid moes ‘n kruiekenner moes gewees het.
LikeLike
Olga jy is ‘n doring!!! Dankie 🙂 Nou kan ek tot ruste kom, sal by jou aanklop as ek weer vashaak 😉
LikeLike
Nee, Kameel, wie die hek oopgemaak het, weet ek nie!!! Maar ek belowe dit was nie EK nie!! 😆
En shame, ek hoop die arme draadsitter het ‘n ordentlike fietsrybroek aan!
LikeLike
Hy sit mooi netjies met sy bene opgetrek tot by sy ken, arms om die bene gevou… en staar voor hom uit. Trek ek nou vir hom ‘n fietsrybroek aan gaan hy soos skoonseun lyk… 😯 Ek het weer gaan kyk, hy het ‘n langbroek aan.
LikeLike
MaanKind, die spasie raak maar nou daarbo… begin oor.
Cholerie, Sanguine, Melankolies, Flegmaties. Daar is altyd een van die temperamente wat sterker as die ander in jou is… alhoewel jy een of twee van die ander ook kan hê. Daar is natuurlik sterk en swak eienskappe aan elke temperament.
LikeLike
Jy moet asb die 4 verduidelik. Ek het ander name daarvoor geleer. Links bo – die DOENER, absoluut gefokusde persoon, uitgaande; die I persoonlikheid regs bo – uitgaande, maar meer gerig op die plesier; Onder links die C vir Calculated, meer introverd, baie berekend; Shy, sensitive regs onder. Introvert. Jy kan natuurlik ‘n mengsel van al4 kwadrante hê. Of op die rant tussen ‘n paar van die kwadrante wees. Of baie beslis net 1.
Nou moet jy verduidelik wie is die 4. Dankie.
LikeLike
Cholerie (doener;) Sanguine (gerig op mense en plesier;) Flegmaat (introvert, kalm;) Melankolies (swart temperament….fyn besnaard…highs and lows… gewoonlik jou kuns liefhebbers)
LikeLike
Dankie! Watter een is jy, Kameel?
LikeLike
Ek is so ‘n mengelmoes van Melankolie, Sanguine en my kwaai kant (het een,) Cholerie 😯
LikeLike
Wil jy nie vir ons ‘n post hieroor maak nie? Oor die 4 persoonlikhede. Dis altyd baie interessant. As jy wil… 😉 Dankie!!
LikeLike
Sal kyk of ek nog van die boeke iewers kan uitkrap. Dit het my baie gehelp met my kinders se grootmaak, en verstaan waar hulle vandaan kom. Tot vandag toe neem ek hulle temperamente in ag wanneer ek met hulle deel.
LikeLike
mense, mense, jul moet asb onthou ons is nie gegiet in daardie temperamente nie… dit wissel ook deur ons lewensstadiums. dikwels bly ons oorwegend een of ander, maar vir sommige mense is dit selfs normaal om al vier in gelyke hoeveelhede te wees…. en dikwels is ons vir kort tydjies heeltemal een temperament asgevolg van sekere tye in ons lewenssiklus, soms is ons ook maar sommer net deurmekaar = en ik dink dis my temperament – deurmekaar, all sorts, wat-ook-al???
LikeLike
EK ken daai gevoel…. in al 4 kwadrante. Ons kom immers van die Suidpunt van Afrika waar ons al 4 seisoene ook op 1 dag kry. Kan mens dan iets anders van ons verwag?
LikeLike
100 persent vir toorts
LikeLike
Dis waar cathome, ons is nie gegiet in hierdie temperamente nie… en as mens groei ons, en die swakhede van temperamente word minder, en ons word sterker in ander eineskappe. Maar dit gee ‘n mens ‘n goeie idee wanneer jy met mense deel, wat om te verwag. Ek het drie kinders waarvan hulle STERKER temperament cholerie is: (Pasop voor ek is oppad!!) . Drie Flegmate…. m-o-e t m- y..t-o-g n-e-t n-i-e a-a-n-j-a-a g n-i-e!! Een Sanguine (Hello, sit aan die koffiewater ek kom kuier!!… definitief nie om na jou probleme te luister nie.) Een Melankolie (Kyk ma ek vlieg sonder vlerke… ma help my uit hierdie gat) 😯
LikeLike
en dis juis wat die lewe so onvoorspelbaar maak, dat ons almal al die tyd verander – ten goede en ten kwade vir spice of life…moet my asb net nie in ‘n boksie druk en label nie – dit laat my rebelleer – dus verkies ek om sommer al die temperamente so deur die dag te skommel – soms pienk melkskommel, soms chocolate soms net ‘n ou ligte groenetjie
LikeLike
Hot Chocolate is darem lekker, maar bruin nesquick wil nie altyd werk nie. Pienk en groen…. mmmmmmmmmmmmmmmmmmmm
LikeLike
O liewe NEE!!! ek is ook nie ‘n boksie mens nie…. asof almal onder dieselfde koekiedrukker deurgeloop het 😆 Ek wens partykeer ek was NET ‘n chocolate milkshake vandag, en more, en die dag daarna 😉
LikeLike
Ek is ook nie ‘n boksiemens nie, maar dit is wel so van persoonlikhede dat daar 4 hoofgroepe is. Natuurlik is dit nie eksak nie en kan ‘n mens iets van al die groepe hê. Ekself dink ek is meder ‘n I – Hou van die mense en om die ding te geniet, die ervaring. Maar soms is ek ook S (skaam!! ) en as ek gedruk word, word ek ‘n ernstige D (doener). Soms sal ek so vinnig die opset “bereken” (C), maar eintlik…. ag tog…!! Dit maak die lewe interessant
LikeLike
Omdat mense my so fassineer was die studie oor temperamente vir my ontsaglik interessant. Miskien sou ‘n onderwerp wat stilstaan, en dieselfde kleur bly, makliker gewees het om te bestudeer. 😆
LikeLike
Kan ek maar ‘n stuiwer in die beurs gooi?
David het vir wortels gegrawe daar waar perdedr*lle vye is?
😀
*giggel*
‘skies, maar ek moes net!
LikeLike
Natuurlik kan jy ‘n stuiwer in die beurs gooi… alles is welkom!!! 😆 perded*olle ook.
LikeLike
Hoe het julle gemaak? “gluck” as julle hou van ‘n komment?
GLUCK
LikeLike
Soos die Debonairs add met Facebook “like” stickers?
Ek *ploep* sommer.
*ploep*
LikeLike