Proof of address…

As jy op ‘n plaas bly en die plaas is in die naam van ‘n trust, en dit word gehuur deur ‘n vennootskap, vrees jy die vragie: “Bewys van adres”. Want ons HET NIE ‘n bewys van adres nie.

In die eerste plek kom ons pos alles na ‘n posbus. As ons ons huis-adres opgee en iemand pos iets daarheen, sal dit NOOIT by ons uitkom nie!!

Munisipale- en elektrisiteitsrekeninge kom óf in die naam van die huurder, of in die naam van die trust.

Wat by die een bank werk, werk nie by die ander nie.

Byvoorbeeld: By baie plekke is dit heeltemal genoeg om ‘n rekening van ons ouditeur te hê. Ander aanvaar dit glad nie. In hierdie week moes ek by twee plekke ‘n bewys van adres gee. Die een was tevrede met ‘n profiel-drukstuk van Eerste Nasionale Bank. Die ander een aanvaar dit glad nie. By hulle moet ‘n Affidavit ingevul word wat deur ‘n Kommissaris van Ede onderteken is. Daardie selfde Affidavit het ons al ‘n keer by ‘n ander bank probeer, wie dit glad nie aanvaar het nie. En terloops, die Kommissaris van Ede wat die Affidavit onderteken, is presies dieselfde ouditeur wat in die eerste plek die faktuur gegee het! Hoe verstaan mens dit?

Ek het dit nou al dat sekere rekeninge net gefaks word sodat ons ons huisadres daarop sit. Vir sekere doeleindes woon ek op Struisbaai.

Urrrrrrrgggggggggg……

Adreslose Toorts

sug

11 thoughts on “Proof of address…

  1. Ja en behoede jou as jy n posorder probeer koop en daar is geen rekening in jou naam Ek meen ek ruil my kontant vir n stuk papier wat gepos word aan n instansie wat weer die papier ruil vir kontant by die poskantoor

    Like

  2. Dit is die enigste rede hoekom ek met groot teenkanting nog ‘n tv lisensie betaal. Dit word orals aanvaar.

    Wat in geval van nood help is om jou adres bevestiging by Bank X te kry. Bank Y aanvaar dit sonder om te huiwer.

    Like

    1. Die bankbevestigingding het ek gedoen. Dit het by die een bank gewerk, nie by die volgende nie. Nou kan jy net dink as ons plaaswerkers bankrekeninge moet kry, watter fiasko dit is!

      Like

  3. Ek huur ‘n huis op ‘n plaas en die eienaar het ‘n brief gegee dat ek hier bly, met die plaas se briefhoof, wat ek laat beëdig het en dit is nie aanvaar nie. So ek is ook nou adresloos 😈

    Like

    1. ai tog.Maar die ergste is nog steeds die Affidafit. Dis net ‘n verklaring dat ek by ‘n sekere adres woon wat ek by die polisie kan laat onderteken. Hulle weet nie eers dat ek daar woon nie, maar dis aanvaar!

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s