Middeljarekrisis

Op hierdie blog is die huwelik en die pogings wat ons aanwend om daarvan ‘n sukses te maak, baie ter sprake. Maar die laaste tyd duik hier gereeld ‘n nuwe woord op: “Middeljarekrisis”.

Dis mos al die jare bekend dat dames alle tipes van probleme rondom die middeljare ontwikkel. As daar nie hormoonprobleme, en die menopause wat daarmee saamgaan nie, is dit leënessindroom, depressie, en wat nog als. Intussen hoor ons net van al die vroue-probleme, soos skoonma’s, ens. Maar min van ons het die moed om te praat van die mans in die middeljare en hoeveel probleme dit veroorsaak.

Alhoewel ek ook by tye die middeljare gevoel het in ons huis, kan ek tog met dankbaarheid getuig dat my man nie onleefbaar erg daardeur geraak is nie. Miskien was ek net eenvoudig te kwaai of te jaloers (dit het ek baie gehoor!), dalk het ek hiper-sensitief opgetree en as ek die geringste gevaartekens gesien het, gereageer. Ek weet nie of dit heeltemal die raad is om te volg as die probleem regtig groot is nie! Dat ek baie vir my huwelik bid, kan ek ook nie wegsteek nie. En dat God se genade baie groot is vir my huwelik nie!!

Die feit van die saak is dat daar regtig mense is wat die middeljare baie moeilik hanteer. Die JUIG het ‘n baie sinvolle artikel hieroor geskryf. Na my mening is dit die tyd wat ons begin besef ons raak ouer, dalk “oor die halfpadmerk”. Dalk het ons nog nie bereik wat ons graag op hierdie ouderdom wou bereik nie. Dalk is die man ietwat jaloers op die buurman wat vir hom ‘n jong bokkie nader gehark het en wil hy bewys dat hyself ook nog tot so iets in staat is? Dalk vrees ons die ouderdom wat duidelik nader kom?

Daar is baie mense wat sekerlik baie rillerverhale kan vertel oor wat hulle alles moes deurmaak. Maar dit is nie waarvoor ek nou vra nie. Wat ek wil weet is, as jy of jou eggenoot dalk deur so ‘n middeljarekrisis is, en julle en julle huwelik het dit oorleef…. WAT HET JULLE GEMAAK OM DIT TE MAAK WERK? Wat was julle geheim? Hoe het julle die krisis oorleef? Watter raad het julle?

In hierdie blog wil ek graag mense help. Kom ons help mekaar positief.

Baie dankie!!

Trou-Toorts

Naskrif…. Alle mans behoort vanaf die ouderdom van 40 die krui, Saw Palmetto te gebruik. Dit hou die prostaat gesond. Ek weet dis ‘n ongemaklike onderwerp en die mans erken nie sommer dat hulle dit nodig het nie, maar drink dit maar.  By apteke is baie sulke produkte beskikbaar sonder voorskrif.

43 thoughts on “Middeljarekrisis

  1. Om te weet waarmee jy te doen het, en nog te wagte kan wees, het my gehelp om my man se krisestyd beter te hanteer. Daar was lig aan die einde van hierdie tonnel, en ek het my oë op daardie Lig probeer hou, en liefde bly gee. Op geleë oomblikke het ek ligweg laat val waar hy hom op die oomblik in die tonnel bevind…. alhoewel hy nie dadelik reageer het nie, sou hy later tog bietjie meer probeer uitvis. Ek dink dit was vir hom ‘n troos dat ek stap vir stap geweet het waar hy hom bevind.

    Like

      1. Ja Toorts, Jim Conway se boek “Men in Midlife Crisis,” en dan die boek wat hy en sy vrou Sally Conway geskryf het “Your Husbands Midlife Crisis.” You will be shocked to see him question values and choices you thought had been settled long ago. You will have trouble understanding why he is so preoccupied with his aging. When he accuses you of being the cause of his problems or gives you the cold, silent treatment, you will feel rejected and misunderstood. Hulle skryf van vroue se briewe wat ingestroom het:” Your book Men in Midlife Crisis, exactly describes my husband. I was ready to give up on our marriage, but after reading the book I now understand what is happening to my husband is something temporary.” Sy sê “We have heard the same story of a husband struggling desperately with the meaning of life, perhaps an affair – and the marriage falling apart. In great pain women ask, “How can I survive this horrible experience?” . ……….

        Like

          1. Ja en nee. Ek dink jy verstaan jou man baie beter, maar die boek preek ook vir jou as vrou om kalm te bly, liefdevol ens EN, dat jy gedurende hierdie tyd eintlik ingeskryf is vir ‘n skoonheidskompetisie, of jy nou wil of nie, jy is ingeskryf! Goeters wat ‘n mens lekker kan kwaad maak….

            Like

  2. Ek het toestemming gegee vir ‘n sportsmotor of motorfiets (slegs as ek ook een kry) vir my man tydens sy middeljare. ‘n Ander/ekstra vrou is streng verbode en sal gepaard gaan met ernstige (dodelike) skade . . . aan hom en haar.

    Ons stem albei saam hieroor. 😉

    Like

    1. Jammer om te se maar aan die einde van die dag wil hy he wat hy wil he Dis asof hy hom self net nie kan help nie Gelukkig vir my wil manlief he ek moet versorg wees dis al wat hom hier gehou het tot nou Dis wat my n kans gegee het om te kalmeer en soos Kameel se my oog op die lig aan die einde van die tonnel te hou en te hoop die trein wat my klaar getref het was die laaste

      Like

  3. Dis die ding Ek het hom nog alktyd ruimte gegee Die eerste afvlerk voeltjie was uodgenoeg om sy ma te wees Maar toe ek aan hom verduidelik hoe die feit dat hy na haar treur mares luister en hoe hy al haar probleme by die werk probeer oplos veroorsaak dat sy skoon verlief is op hom het hy dit imngesien en sy afstand gehou Drie jaar terug het nommer twee opgedaag Sy is n selfmoord geval maar hou hom op n afstand soortvan Nommer drie verstaan dat sy hom aanleiding gegee het Dy verstaan dat haar gehuil op sy skouer gevoelens by hom tot gevolg het wat hom deurmekaar maak en wat hom laat glo hy kan nie meer aan my getrou wees nie Die vierde is n dolla by die werk wat mens daar doen weet ek eerlik nie Trap ek haar vas en se vir haar om op te hou om hom by die huis lastig te val Want ongelukkig bring bbm allerly onwelkome gaste tot in jou binnekamers Los ek dit hy gaan vir nou nerens Ek weet eerlik nie Die groot ding is ja dit is baie persoonlik maar hulp is moeilik bekombaar Die berader waarby ons beland het het vir manlief gese as hy wil gaan moet hy dit doen so gou moontlik en dan sal hy my deur die trauma van die skeiding help Ek het veertig dae gekoop deur sy vriendin te kry om hom te oortuig om waag dit te doen maar omdat hy my geen hoop wil gee nie kan hy nie die opdragte uitvoer nie Met God se genade het hy vandag ingestem dat ons van hier af een dag op n slag vat Hy dink nie hy kan regmaak wat hy verbrou het nie Hy het dit wat vir my heilig was ontheilig en hy kan homself nie vergewe nie want ek dink selfs vir hom, is die verlies grooter as wat hy gedink het moontlik is

    Like

    1. Ek moet dalk net se dat ek nog altyd dit duidelik gestel het dat n intieme verhouding met n ander vrou totaal onaanvaarbaar is Ek dink wel dit het sover gegaan en op die oomblik is ek bereid om dit te vergewe omdat my man presies woord vir woord beskryf word in die boek wat Kameel noem

      Like

  4. Volgens die boek, (“My man se middeljarekrisis” in Afrikaans) hou die middeljare so 5 jaar aan. Dis nogal lank. volgens statisiteke is meer as 80persent van getroude mans een of ander tyd ontrou aan hulle vrouens. Sommige vroue sweer hoog en laag dat ‘n man nooit uit die middeljare krisis kom nie.As ‘n mens dus ingaan vir trou, moet jy seker weet dat die kans dat ‘n ander vrou op die toneel gaan verskyn, redelik groot is.

    Let tog asb op dit dit niks met jou as vrou te doen het nie. Dis is NIE omdat jy te vet, nie mooi genoeg, te dominerend, te klaerig, te watookal is nie. Die fout le by die mans en hulle aard.

    Die dilemma wat ons as vrou het is as volg: skei jy hom, pleeg jy egbreuk, doen iets wat traumaties vir jou kinders en julle hele familie is, ‘n verloor-verloor situasie. Vergewe jy hom, en gaan aan, is dit byna dieselfde as goedkeuring van sy gedrag. Jy laat dus egbreuk toe, iets wat teen ons grein is en laat dit ongestraf verbygaan, en behou wel die gesinseenheid en hopelik in ‘n mate die “stabiele” gesinslewe vir jou kinders, maar teen groot persoonlike onkoste vir jou as vrou. Of die verhouding ooit weer heeltemal herstel? Ek weet regtig nie. Erens sterf iets.

    Ek glo dat die situasie kan herstel, Anneleie en hoop en bid jy kan staande bly omdat dit regtig klink asof sy en haar man nog lief vir mekaar is en hy regrtig deur ‘n fase gaan. Sterkte vorentoe, want die pad is nie maklik nie.

    Like

    1. Sjoe, Seegogga! En partykere is die bootjies verhang en is dit die vrou wat aan seks verslaaf is en die arme man wat nie weet WAT om te doen nie… Dan gebeur daar erg lelike dinge.!

      Like

  5. dink jul nie ons hormone – ons begeleiers wat elk proses in ons liggame beheer – is ook maar deel van dit nie….
    selfde met tieners – hul nukke en neuke is nie noodwendig daar omdat hul dit so wil doen nie – hul sisteme is besig om geskommel te word en hul het nie beheer daaroor nie – so ook vrouens in hul menopouse – daar is wel medikasie wat die oorgange makliker maak, maar dit bly steeds vir die liggaam groot aanpassings en met die regte hulp kan dit vir alle betrokkenes makliker gemaak word as mense wil gehelp wees

    Like

    1. O ja, hormone het beslis ‘n rol. Maar my hormone werk sommer oortyd as die VROU se hormone vir als die skuld kry. Want dit gebeur baie – die vrou is 80% die rede vir die man se befoeterdheid. Of ervaar jy dit nie so nie?

      Like

      1. toorts, beide se hormone… mans se liggame word soos by vroue ook deur hormone gereguleer, en ons het nie beheer daaroor nie, ook al amper moord gepleeg, maar danksy HVT plakkers voel ek ‘n ander mens en is ek meer in beheer van myself en dus is die wrywing sommer ook minder.
        .die saak kom van verskillende kante, mans vs vrou en dikwels is dit juis net die verskille in ons hantering van dinge, wat die meeeeste wrywing veroorsaak.

        Like

          1. Ek is bereid om te vergewe en te vergeet ook Die koei is eintlik klaar begrawe Hoekom God vereis dit van my ,ek weet ny man is buite beheer hy het probeer maar hy was nie sterk genoeg nie ,hy dra nog my ring Het dit nog nie een dag afgehaal vandat die ding begin het nie Die laaste maand is hy by die huis as hy nie werk nie of ek is welkom waar hy werk, ek sal van my verstand af gaan as ek dit nie agter my kry nie en ek het geleer dat ek hom liewer het as wat ek gedink het moontlik is Is my vergifnis toestemming om dit weer te doen n duisend maal nee.

            Like

            1. Vergifnis is beslis nie toestemming om dit weer te doen nie. Vergifnis is jy wat hom kwytskeld vir wat hy reeds gedoen het. Jy vereis nie meer dat hy gestraf word nie. Jy spreek hom vry. Sodat jy vry kan wees en nie jou lewe lank met ‘n wrok en ‘n las op jou skouers dra nie.
              Jy het reggedoen. Ek dink dis hoe jy vergewe verstaan. Om dit wat gebeur het agter jou te sit en vorentoe te gaan. God vra ons om te vergewe.
              Oor wat hy gedoen het en sy skuld daaraan, is sy en God se probleem. Hyself moet daarvoor vergifnis vra by jou en homself en God. Maar dis nie jou probleem nie.
              Hier het ek en Kameel al oor vergifnis geskryf. https://toortsie.wordpress.com/?s=vergifnis
              Annalie, jy is regtig sterk en op die regte pad. En jy doen jou bes. Weer eens wens ek vir jou ‘n goeie einde. Soos jy sê, daar is soveel klein ligpuntjies, bietjies lewe. Jy doen reg.

              Like

          2. Ek is bereid om te vergewe en te vergeet ook Die koei is eintlik klaar begrawe Hoekom God vereis dit van my ,ek weet my man is buite beheer hy het probeer maar hy was nie sterk genoeg nie ,hy dra nog my ring Het dit nog nie een dag afgehaal vandat die ding begin het nie Die laaste maand is hy by die huis as hy nie werk nie of ek is welkom waar hy werk, ek sal van my verstand af gaan as ek dit nie agter my kry nie en ek het geleer dat ek hom liewer het as wat ek gedink het moontlik is Is my vergifnis toestemming om dit weer te doen n duisend maal nee.

            Like

            1. Die feit dat jou man al n paar keer rondgedwaal het vererger natuutlik die situasie. Hoe jy dit gaan deurwerk weet ek nie. Maar op n manier sal jy dit moet duidelik stel daT dit ontoelaatbaar is. Jy het hom gsmeek om in jul huwelik te bly maar dit gee hom nie die reg om vort te gaan met sy bedrywighede nie.

              Like

        1. Jy is doodreg cathome…. mans se hormone skommel net so lekker. Ek kon elke maand (het natuurlik nie,) op die kalender afmerk wanneer my man in sy “PMS” stadium is. 😆

          Like

  6. Nou wonder ek mos. Die dokters en navorsers gee vroulike hormone die skuld vir die vroulike middeljarekrises en daar is allerhande hormoonpreparate en pille op die rakke. Waarom het hulle nog nooit ( sover my kennis strek) ‘n pil gemaak vir die man in sy middeljare nie? Ek praat nou nie van viagra nie, maar ‘n pil om die emosionele skommelinge agv hormone ens bietjie te beheer nie? Sal dit nie baie huwelike red en sommer ook baie geld spaar nie? Ek praat nou van daardie duur nuwe motor, die motorfiets of die seiljag wat skielik gekoop word, asook van die mooi duur juweliersware vir die skelmpie?

    Like

  7. Seegogga, ‘n ruk gelede is my man sommer so beneuk en befoeterd en mislik en down., en, en. Toe dit te lank aanhou, sê ek vir hom “Jou hormone is opgefoeter, gaan sien die doker.” En ja, die toetse wys ‘n te lae testosteroon vlak. Hy moet maandeliks vir ‘n inspuiting gaan… maar nou sukkel hulle om die inspuitings te kry

    Like

    1. Ek en my suster in verdrukking wonder ook hoekom daar nie pille vir die dung is nie Hulle beweer dit het niks met hormone te doen nie maar ek weet darm nie Dis omdat die ding so onder die mat ingevee word dis mos ons vrouens se naam vir wanneer ons mans n beter lewe wil he Dis mos maar weer iets in ons koppe Alhoewel manlief erken die fout le by hom

      Like

  8. Jammer, stenig my nou maar, maar ek gaan nou “my mind speak”! Dis sommer loutere twak dat die man agter ‘n middeljare krisis kan wegkruip om mislik, onmoontlik en ontrou te wees. In elk geval, dan begin party mans se krisis al in hul dertigs en hou dertig jaar aan! ‘n Man het dieselfde verantwoordelikheid teenoor sy huwelik en sy beloftes voor God. Kan hy dit nie insien in sy selfsugtigheid nie, is daar net een pad vir hom en dis die pad by die deur uit! Dis sommer stront dat die vrou altyd moet agteroor buig en vergewe, vergeet en dien. SNERT!

    As jy as vrou jou toelaat en jou uitgee as ‘n vloerlap, is dit presies hoe jy sal behandel word; soos ‘n vloerlap. Punt. ‘n Man wat nie genoeg respek en liefde vir my het om sy hande tuis en sy broek toe te hou by ander vrouens nie, wil ek nie terug bid nie. Soms is daar uitsonderings, ja. Maar ‘n tweede en derde en vierde oortreding?! Sy moer, met alle respek aan jou blog, Toorts. 👿

    Like

    1. Als reg. Ek is bly oor jou inset. Ek voel ook so oor n ntrou persoon’. Of dit man is of vrou. As ienand egter vir my vra om in n krisissituasie haar hand te hou sal ek so maak. Daat is ook n ding sos grense stel en sou so n huwelik we’ll weer n kans gegun word, sal duidelike grense utgespel moet word en mag daar nie weer or ie draad geloer word nie. As dit we’ll moontlik is.

      Like

  9. Dis wat ek bedoel het met vergewe en goedkeur. As jy jou man vergewe, al is dit ook hoe Christelik, en al se die Bybel ook 70 x 7, is dit in die praktyk dieselfde as goedkeuring. Dws, jy laat hom toe om ontrou te wees, en vergewe hom dan, om jou huwelik te red, en omdat jy hom lief het ens ens, maar hy is as’t ware ‘onskuldig ‘ bevind deur jou hof.(Nou doen hy dit dalk weer, vra weer om vergiffenis, word weer vergewe… ens) Maw in jou kinders se oe is sulke gedrag dan toelaatbaar, terwille van die redding van die huwelik. Wat jy ookal doen, skei of bly, dis albei verkeerd volgens morele standaarde en vir die vaslegging van waardes by jou kind. Die huwelik word gered, maar jy as vrou verloor iets en jou kinders kry ‘n knou en die man gaan ‘ongestraf’. Of jy skei en almal kry ‘n knou……

    Like

    1. …en kry ‘n knou, verwerk dit en beweeg aan en as jy paar jaar later terug kyk, weet jy dit was jou as vrou n jou kinders se redding om weer vrugde in die lewe te kan ervaar as gedurige struwelinge wat almal in elk geval net ongelukkig maak. om te skei vertel nie jou man hy is sleg nie, dit vertel hom jy keur die situasie nie goed nie en laat nie met jou mors nie.

      Like

      1. Ongelukkig, soos ek hierbo ook geskryf het, moet ‘n mens op ‘n punt kom wat jy ‘n grens stel.As jy nog weer ‘n keer wil probeer, goed en wel, maar dan sal sy baie duidelik moet sê dat so iets nie weer geduld sal word nie. Ongelukkig is sy nou in die posisie wat sy hom smeek om te bly, maar selfs dit gee nie vir hom die reg om nou voort te foeter met ander vrouens nie. Seegogga, jy weet hoekom ek so sê. Met elke keer wat hy ontrou is, word sy nog ‘n stukkie afgebreek, tot sy totaal verpletter is. Ons is nie by magte om vir haar te sê: “Skei eerder” nie, maar sy sal beslis HAAR voorwaardes of grense of wat ook al moet stel en DAARBY HOU.
        Dis my opinie.

        Like

        1. Ek glo aan die heiligheid van die huwelik, en het aanvanklik vir Annalie ondersteun. Ek glo ook dat as hy nou besluit om te bly, dit reg so is as sy hom so wil aanvaar, want dit is duidelik dat die ou ook in ‘n geestelike stryd is volgens sy dagboek, en blykbaar in sy middeljarte krises( wat ongeveer 5 jaar aanhou) MAAR: ek kon nie help om te wonder of dit die moeite werd is nie, veral nie noudat ek agterkom dat hy al ‘n hele paar afvlerkvoeltjies gehad het nie in ‘n tydspan van meer as 5 jaar. Daar is ook ‘n boek: “women who love too much”. Dit is moontlik om te vergewensgesind en te lief te wees vir iemand en jou eie waarde en menswees te ontken ter wille van die ander persoon.
          Egskeiding:Niemand kan so ‘n besluit vir jou neem nie. Jy en jou God moet dit self uitklaar, en ek is die laaste een om te preek, maar iewers moet ‘n mens die besluit neem dat jy self net so geregtig is op respek, getrouheid, en liefde soos enige ander mens. Die huwelik is immers die grootste kontrak wat ‘n mens ooit aangaan en ten minste moet ‘n mens baie hard probeer om dit te laat slaag. As ‘n mens nou die kontrak breek vir elke ou afvlerkvoeltjie langs die pad, beskou jy nie hierdie kontrak as ernstig nie, en pleeg jy ongelukkig kontrakbreuk – oor en oor – tot wanneer?.

          Like

            1. Ek het nog nie klaar vertel nie Dalk ook nie als vertel nie.
              Ons bly in Sodom en Gamorra Hy werk in n hoe sekuriteits area Ek het nog nooit die voorreg gehad om die binnekant van sy kantoor te sien nie
              Die feit is daar werk vrouens daar wat geen respek vir hulself of die huwelik het nie
              Ek het daar geen beheer oor met wie hy praat of nie praat nie Die dinge wat uit daardie vrouens se monde kom dit het hy my al vertel Net voor die gemors begin het het hy my n gesprek tussen n manlike en vroulike kolega oorvertel en hy het gese hy was eintik so gewalg aan wat sy gese het dat hy eerder geloop het
              Ek is jammer om te se maar selfs van die getroude vrouens is nie veel beter nie
              Die middeljare ding is rerig Hier waar die versoeking enige oomblik in sy kantoor kan inloop miskien erger as vir n man op n trekker Dit sal ek nie weet nie
              Hy het nie beheer hieroor nie en hulle kry ook geen hulp hiervoor nie Ja hulle vermoor die vrouens wat deur die ding bly emosioneel Kom ons kyk wat presies is n vrou van 44 se keuses
              Ek het nie n loopbaan nie ek het nie eens n dead end job nie Ek het n jaar en ses maande se werk ervaring in n rigting waar die kwalifikasie na 22 jaar minder werd is as die papier waarop dit gedruk is
              om my kinders self groot te maak was my keuse hy het my tenvolle daarin ondersteun Ons was nooit van plan om in die gemors te beland nie Nie een van ons twee nie Jy het geen beheer nie Geen hoeveelheid motorfietse of vinnige karre gaan die ding in die middel laat weggaan nie daar is net die pad deur dit

              om terug te kom tot die egskeiding as opsie
              Ons is binne gemeenskap van goedere getroud en soos ek dit verstaan het hy nie regtig die opsie om die huis en kar vir my te gee nie So alle laste word van bates afgetrek en in twee gedeel Ok die huis is R1000000 werd die bure sin het laasjaar vir R800000 verkoop ons skuld rovweg R300000 dit los ons met R500000 deel dit deur twee en ons is gelukkig as ons twee krotte in Tembisa kan koop wil julle regtig he ek moet aan gaan Wil julle he ek moet verduidelik hoe daar nie geld gaan wees vir die universiteit nie Hoe my kind nie net haar held gaan verloor nie maar haar droom ook
              Nee die prys vir manlief se vryheid is te hoog Dit is doodeenvoudig nie moontlik nie so baklei moet ek baklei en wen dit gaan ek want daar is geen ander uitwweg

              Like

              1. Jy sal dit dalk nie glo nie, maar ek luister vir jou en hoor jou regtig.
                As ons van egskeiding praat is dit ook vir ons die heel laaste uitweg. Ek dink net ons is maar almal bang vir ‘n “gewoonte” wat posgevat het. Ekself het al die seer gesien wat so ‘n gewoonte bring, aan mense baie na aan my. Dit is die hoofrede hoekom huwelike so uiters belangrik is vir my en hoekom ek daarvoor sal veg seker tot my dood.
                Al lyk dit amper omnoontlik, glo ek dat ‘n huwelik tog kan herstel, maar dan sal daar ‘n paar veranderinkies moet kom.
                Ek bewonder jou regtig dat jy bereid is om te probeer en te probeer en te probeer. Dis ‘n bewys van ware liefde. En regtig, ek hoop vir jou part en vir syne en sommer vir die hele wêreld se part dat hy nou deur sy krisis is en dat dinge regtig vir julle gaan verander. Ek glo daaraan dat wanneer dinge op sy ergste is, die draaikant gewoonlik naby is.

                Ek ken nie die kantoorsituasie nie, en die kans dat daar verhoudings in daardie nou omgewing kan ontwikkel, is seker groot. Maar ek belowe jou, die gevare loop ook maar hier rond in ander gewade…. soos vrouens wat die suksesvolle boer openlik bewonder, ens…

                Ag, regtig, ek wens vir jou net die beste toe en ek sal jou hand bly vashou.
                Sterkte

                Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s