Stiefma die vyand

Boeksak in die hand kom Shane by die deur ingeloop.  Ek groet en sê sommer so terloops; “I know what your secret is.”  Hy kyk na my en wag dat ek verder praat.  “You are not all that tidy…. you are actually lazy, that is why your room is always so neat.”  Hy lag, “You are coming to know me all too well mother.”  ”So you confess to it… you are lazy?”  “Yes, I’m far too lazy to tidy up a room after you have finished with it,” antwoord hy en stap laggend na sy kamer toe.

Daar het ‘n mooi verhouding tussen ons twee ontstaan.  Die ure wat ek en hy in die laaste twee jaar om die ou kombuistafel deurgebring het, het vrugte afgewerp.  Daar het ons sit en gesels oor die lewe; ons harte vir mekaar blootgelê, en werklik na mekaar geluister.  Hy het my vertel van die wroeging in sy hart oor sy pa en ma se egskeiding.  Alhoewel hy klein was toe hulle uitmekaar is, kon hy deur die jare nie die plek kry waar hy voel hy hoort nie.  “If I am with dad, I want to be with my mom; but then when I am with her I want to be with dad.”  Hy was die produk van ‘n gebroke huwelik, en ek kon hom die pyn nie spaar nie, net probeer ligter maak deur vir hom goed te wees.

Aan die einde van sy standard agt jaar gaan hy soos gewoonlik met die lang vakansies, na sy ma in Durban toe.  Ons was nie voorbereid op die oproep wat kort daarna van haar af kom, met die nuus dat Shane besluit het om by haar aan te bly, en sy skoolloopbaan daar klaar te maak nie.  Met gemengde gevoelens maak ek sy kamer leeg, en pak sy persoonlike besittings in ‘n trommel.  Dit voel kompleet of ons gesin in rou gedompel is, en die dag toe ek en Ken ry om die trommel op die trein te laat sit, soos begrafnis.

‘n Paar weke later kom Ken na my toe.  Dit gaan nie goed met Shane nie, sy eks wil weet of hy na ons toe kan terugkom.  My hart spring op van blydskap; ek weet ek moet vasstaan by dit wat ek vroeër vir hom gesê het, maar op daardie oomblik oorheers my hart my verstand, en ek sê “ja.”

Maar Shane het verander.  Daar is ‘n onvergenoegdheid in hom wat hy eers probeer wegsteek, en toe openlik begin wys.  Dit vat my nie lank om te besef dat ek weereens sy teiken is, en dat hy ‘n koueoorlog teen my voer nie.  Hy vervolmaak die kuns tot so ‘n mate dat ek in sy matriekjaar soos die indringer in my eie huis voel.  Maar ek weier om die gees van rebellie wat in Shane werk die oorhand te laat kry.  Daar is net een wapen om hom te beveg, en dit is gebed, en die gebod van die liefde.  Tot eendag in die kombuis toe Shane openlik Jesus – die liefde van my lewe – verkleineer.  Ek draai na hom toe en daar is ys in my stem; “I do not expect you to understand the love that I have for Him Shane, but know this one day you WILL meet God face to face, and He will no longer be the God of your father, or the God of your mother, but you will say to Him ‘My God,’ and then you will know.”  Onbewus van die onweerswolke wat aan die broei was, stap ek uit.

13 thoughts on “Stiefma die vyand

  1. ek verstaan elke woord van dit sooo duidelik, ek is ook ‘n stiefma, en het soortgelyke trauma gehad… sal iewers skryf daaroor, dis nie maklik nie en nie moontlik sonder BAIE genade en Krag van BO nie, vandag steeds nog nie, al is daar al 3 kleinkinders…

    Like

    1. Lekker om weer van jou the hoor cathome 🙂 Dit is beslis nie deur ons krag en wysheid nie…. alleen deur Hom wat ons krag gee. Sal graag van jou ondervinding wil lees.

      Like

    1. Partykeer wens ek ek kan ‘n sekere tydperk net vries…. soos die twee jaar waarin ons twee so naby mekaar gekom het. Maar liefde word getoets…. 😦

      Like

  2. Ek is natuurlik nuuskierig oor die uiteinde, maar wil net byvoeg: Soms gaan die bitter beker mens nie eers verby met jou eie vlees en bloed kind nie, so erg dat mens soms wonder of mens nie jou kind kan terugstuur waar hy vandaan kom nie. Des te meer dalk met ‘n stiefkind. Ek haal my hoed vir jou af.

    Like

    1. Hi hannahbi lekker om van jou te hoor. Ja ma wees en die diep omgee wat daarmee saamgaan. Het sopas die volg op geplaas indien jy wil lees.

      Like

      1. Kameel – jou mooi langbeendier – ek seg nou net vir Annemarie ek hang my kop in skaamte want ek was so lank afwesig. Nou sê ek maar net eers ietsie hier waar daar ‘reply’ staan. Hopelik het julle my nog nie afgeskryf nie.

        Like

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord