Huweliksverryking

Ons is mos nooit te oud om te leer nie, né? Toe ek as 20-jarige die huwelik betree het, het ek nie veel daarvan geweet nie.   Wat ek van die huwelik geleer het, het ek in my eie huwelik geleer en deur dit wat ek by ander gehoor en gesien het. En deur huweliksverrykingskampe en boeke oor die onderwerp.

By die eerste huweliksverrykingskamp het ek die belangrikste les ooit gehoor: Kyk waar kan EK verander, wat doen EK verkeerd, hoe kan EK weer meer aandag aan my man gee, wat is sy behoeftes. Huweliksverrykingskampe werk nie regtig as jou huwelik alreeds totaal verval het nie, maar dis wonderlik om net weer nuwe vuur in jou verhouding te blaas. As jou huwelik alreeds op die rotse is, is ‘n Christelike Berader wat jy nodig het.

Ek glo dat as ‘n mens in  enige iets wil groei, dit help om daaroor te lees. Hier is ‘n klompie boeke wat vir my baie beteken het:

Die Huweliksdaad – Tim en Beverley Lahaye

Toe ons in 1985 getrou het, was hierdie ‘n boek op almal se lippe. Predikante het dit baie aanbeveel. Ek sien die boek nog steeds in boekwinkels. Seks is ‘n geskenk van God aan getroudes. Hierdie boek bespreek egter nie net seks nie, maar die hele huweliksverhouding. Alhoewel ek dit baie baie lank gelede gelees het, kan ek dit nog steeds aanbeveel.

The Five Love Languages
met sy afrikaanse weergawe, Vyf tale van die liefde. Dis beskikbaar in boekvorm en ook as ‘n bybelstudie vir pare of groepe. Dis ongelooflike boeke wat die huwelik en verhoudings uit ‘n heel ander hoek beskou. Ek wil dit regtig aanbeveel. Ons het die bybelstudieboek in ons groep gedoen en ons kan werklik getuig van verandering in ons huwelike.

Vrou na ‘n man se hart. Hierdie is ook ‘n ouerige boek, maar ek sien dat dit nog beskikbaar is as jy dit by Google intik. Hierdie boek bekyk die onderwerp, “onderdanigheid” en ons rol as vrou in die huwelik. Ons as moderne vroue wil nie altyd hoor wat hier geskryf is nie. Toe ek destyds die boek gelees het, het dit vir my baie beteken.

Waag dit om lief te hê. My gunsteling. Uit persoonlike ervaring kan ek getuig watter verskil dit in my huwelik gemaak het. Dis ‘n ongelooflike boek wat dinge op die naam noem waar ons kan verbeter in ons verhouding. Begin met die 40 dae uitdaging, en as dit verby is, lees die dagstukkieboek saam met jou huweliksmaat. Komaan! Waag dit!! 

Haal die konflik uit jou lewe. ‘n Boek oor konflikhantering.

…………………………………………………………………..

Op die internet bied Revive our Hearts wonderlike 30-dae uitdagings wat ek regtig kan aanbeveel.

……………………………………………………………………..

Ons is so gewillig om geld en tyd aan baie dinge te spandeer, maar ons skeep ons huwelike af. Uit ondervinding weet ek dat geen geld of tyd wat ek aan my huwelik spandeer het, leeg teruggekom het nie. Om geld en tyd aan my huwelik te spandeer is oor en oor van die beste beleggings wat ek ooit kon maak. Doen die moeite, verryk jou huwelik. Soveel vreugde soos wat jy daaruit gaan put, gaan jy nêrens anders kry nie.

Toorts

37 thoughts on “Huweliksverryking

  1. Ek se altyd ek is in die verkeerde eeu gebore Om n vrou vir my man en n ma vir ons kinders te kon wees was nog altyd my grootste ambisie Hierdie man van my wat nie eens n koppie koffie vir homself maak nie en nou die pad wil vat Ek het nog nooit n brandende begeerte na n werk buite die huis gehad nie As n introvert het ek nie mense om my nodig nie Dat ek moes aan hou studeer het is n feit maar dis gedane sake Ek dink net nie daar is iets wat ek gedoen of nie gedoen het om die situasie te skep nie Dat hy dalk sou stil gebly het en op sy eie hierdeur gekom het as ek nie my humeur met hom verloor het nie ,daar is n kans maar van Januarie af was daar klein goedjies wat hy gedoen het om juis n reaksie by my uit te lok en miskien was dit nodig Sal die boeke soek en lees dit kan net help

    Like

    1. Enige mens verloor soms sy/haar humeur. Of praat ek net namens myself nou wie aanmekaar haar humeur verloor? Dalk is die 5 tale van die liefde ‘n goeie een om mee te begin. Dan is daar nog iets soos Men are from Mars, Woman from Venus, maar ek het dit nog nooit gelees nie. blykbaar ‘n fantastiese boek.

      Like

      1. Mens are from Mars ens. is ‘n uitstekende boek om ‘n mens te leer hoe mans en vroue verskillend aanmekaar gesit is. Dis werklik so en dis goed as mens verstaan wat die wesentlike verskille tussen die twee geslagte is. In die toneelstuk Defending the Caveman (groet die grotman) word hierdie aspekte op humoristiese wyse belig. Dis nie ‘n boek oor huweliksberaad nie, maar eerder ‘n studie oor die denkverskille tussen mans en vroue. Dan is daar die boeke: Getting the love you want en Keeping the love you find deur Harville Hendrix. Dit is ‘n gids vir paartjies en ‘n hele nuwe huweliksterapie is daarop gegrond, nl Imagoterapie. Imagoterapie word beskou as baie suksesvol en dit bevorder kommunikasie tussen paartjies. Die teorie is dat wanneer mens werklik oop is vir kommunikasie en aanvaarding, probleme dikwels vanself oplos. Hulle leer ‘n mens om fyn te kommunikeer en jouelf oop te stel sonder die gevaar dat jou maat jou sal verpwerp. Werklik iets wat huwelikspaartjies baie help. Kry ‘n ervare en opgeleide Imagoterapeut as jy dit wil doen.

        Like

    2. Ek dink beslis jy is in die regte eeu gebore. Ek glo nog dis ‘n heilige roeping om vrou en ma te sees. Dit voel regtig vir my of jy nog altyd net jou allerbeste gegee het en steeds gee. Ek gun dit regtig vir jou dat dit sal uitwerk. Ons kan net op God vertrou!

      Like

  2. Mens kan twintig boeke lees, maar jou huwelik sal net slaag wanneer albei WIL! Ons is nou agt en twintig jaar getroud, ek was amper-amper negentien toe ons getroud is. Ek is nie een dag spyt dat ek jonk getrou het nie, maar dankbaar dat ek nie dadelik my kinders gehad het nie. Ons is van die begin af op ‘n gelyke voet in hierdie besigheid. Soms is hy die kop, en soms is ek. Die kuns is om te weet wanneer dit jou beurt is….

    Like

    1. O Ja, ek stem 100% saam. Niks kan werk as jy nie WIL nie. Maar soms WIL jy graag en het jy dalk net ‘n hupstootjie nodig. Dis waar die boeke vir my help. Dit help my om weer dinge in perspektief te sien en hom weer te waardeer en lief te hê. ek was ook 22 toe ek getroud is. Die kinders het egter gou gekom (na 15 maande ‘n tweeling), maar danksy die jonkwees kon ons ons armmoede en swaarkry oorleef.

      Like

  3. “Bou jou huwelik,” was die boek wat die Here so te sê onder my neus kom druk het toe ek op die rand van die afgrond in ons huwelik gestaan het. En dit is wat die Here nog al hierdie jare van my vra; Bou jou huwelik!!!

    Like

  4. Charles R Swindoll. Ek het die boek nou hier uit my boekrak gegrawe….. sal weer so ‘n bietjie na hom kyk. Die storie loop so. Uit die bloute sonder waarskuwing (met ses kinders waarvan die laaste 2 maande is,) kom my man uit die bloute en sê “Ek soek ‘n egskeiding.” Die wêreld se bodem val letterlik uit my wêreld. Nadat hy werk toe is gaan sit ek in die sitkamer te verslae om iets anders te doen. “Here,” vra ek “wat moet ek doen?” Net daar val my oë op die boekrak en die naam van die boek “Bou jou huwelik,” spring lewensgroot voor my op. Dit is soos ‘n jarelange stryd begin het.

    Like

      1. Dit was ‘n sewe jaar en sewe maande soliede stryd Annalie. ‘n Mens hoor die gesegte, “Die duiwel is los,” maar besef nie die implikasie daarvan nie. Die duiwel was behoorlik los in ons huis… ek kon sy haat vir my elke dag in my man se oë lees. Dan praat ek nie eers van die woorde wat uit sy mond gekom het nie.

        Like

  5. Myne kyk net dwarsdeur my asof ek nie regtig daar is nie Die enigste kere wat hy rerig goed gese het wat bedoel was om seer te maak Was tot n maand gelede die laaste keer toe ek hom direk aangeval het Hy het nog nooit my persoon aangeval nie Se hy kan nie aan my getrou wees nie en soek iemand anders wat vir hom kan gee wat ek nie kan nie As ek hom vra wat hy soek want ek kan dit vir hom gee as hy net se Dan se hy hy soek iemand nuut nie vir my nie Hy het presies dit die dag by die berader gese Hy voel niks meer vir my nie en sien nie kans om die res van sy lewe met my te deel nie en dat dit nie iets is wat ek doen of nie doen nie hy voel hy het uit my gegroei en daar moet iewers iemand anders wees wat beter by hom pas

    Like

  6. Hulle denke is deurmekaar Annelie. Ek het die mooiste huwelik sien opbreek toe die man in sy “midlife,” was. Hy het ‘n verhouding met sy vrou se beste vriendin aangeknoop en is toe met haar getroud. Toe hy eers deur sy krisestydperk is staan hy gebroke voor my ma (sy vrou was my ma se jonger suster) en sê: “Ek was met ‘n juweel getroud, en het haar deur my vingers laat val.” Spyt kom baie keer te laat.

    Like

  7. Sal seker eendag nog meer volledig daaroor skryf. Hy wou hê ek en die kinders moes uit die huis, en ek het deur sy dreigemente heen net eenvoudig gebly.

    Like

    1. My Bokbaaivygie-vriendin het op ‘n stadium gesê sy wil skryf oor die stel van grense. Ekself het ook al so iets geskryf gehad wat ek uitgevee het. Dit is dalk ‘n onderwerp om na te kyk.

      Like

  8. Nog ‘great reads’: ‘Sheet Music’ Dr.Kevin Leman “What your childhood memories say about you” -Kevin Leman “Birthorder” -Kevin Leman (Ek dink ek moet ook bietjie meer volledig daaroor gesels op my blog)
    Die dokter skryf baie intiem, op die ‘man /vrou af’ EERLIK oor seks, soos min. Lees die boek ‘Sheet Music’ sommer saam manlief, ek belowe, jul lewens sal verryk wees, en intimiteit toeneem. MAAR, ook vir huwelike op die rotse, leer jouself ken in die ‘Memory’ boek, en so ook jou maat, om hom/haar beter te verstaan…en dan beslis die geboorterang boek, om te sien hoekom jy is soos jy is, jou kinders, kollegas, jou ouers, ALMAL in jou kring!!!!!!
    Dan natuurlik, hoop ek my eie boek, gaan mense ook help, want ons huwelik was op einde agv verslawing, pornografie en emosionele egbreuk, maar is wonderlik herstel deur baie van die boeke hierbo genoem!!! ( Enigste verskil, ek gesels in Afrikaans….enigste ander ding…ek wag ook nog om te hoor van die uitgewers!)
    Dankie Toortsie

    Like

        1. Vat dit van iemand wat weet Julle maak n groot verskil Want in n wereld waar skei die kits oplossing vir alles is hou julle nogsteeds my hand vas terwyl ek halstarrig die einde van die Berlynse muur soek veral op dae soos vandag as die energie vlakke bietjie laag is Dankie

          Like

          1. Annalie, daar is hoop vir elke situasie denkbaar. Moet nie hoop verloor nie. As jul nie op beraad staan of reeds daardeur is, bestel asb. die ‘Memory’ boek by CUM. Nog een wat my gehelp het is Joseph Prince se “Destined to Reign”
            Dié is nie ‘n huwelik boek nie, maar help mens om weer hoop te kry in die goeie nuus van die Here, wat ek wyd en Suid sal verkondig, as die enigste manier om weer liefde te vind in die huwelik.
            Dit is elke sent werd, goedkoper as berading of skei, en ek weet soms wil mens nie wag nie, maar tyd verander BAIE dinge! Ek bid sommer nou vir jou.

            Like

  9. Baie geluk ouma toortsie Ek weet n kind kan nie n huwelik red nie maar ek het vandag baie gewonder oor n kleinkind Net my twee kinders is so loopbaan georienteerd en beginselvas dit sal nog baie jare wees voor ons die plesier sal he

    Like

  10. Eke en my man is nou 10jaar saam , en onlangs het hy gese hy weet nie meer oor hoe hy voel nie en dit beeindig , die ergste was toe hy in die spaar kamer in getrek het en ek nie mer mag vat nie …. Ek gaan nie moed op gee nie en besluit die waag om lief te he uitdaaging te doen..ek bid dat hy my weer sal lief he en dat Ek fantastiese vrou sal wees …. Dra ons asseblief op in julle gebede

    Like

Gesels saam, asseblief!