Die proses van grys word en die aanpassing daarvan, was nogals traumaties. Aanvanklik het ek gesê dat ek nie weer my hare sal kleur nie, net omdat die proses so sleg was en ek nie weer daardeur wou gaan nie. Elke keer wat ek van my vriende sou raakloop wie my nog nie gesien het nie, was daar so ‘n ligte benoudheid in my. In Desember het ek so amper my hare gekleur, toe onthou ek gelukkig dat die meeste mense my nou al gesien het, en dit nie meer saak maak nie.
Nou is ek gewoond daaraan. Almal is gewoond daaraan. Mense maak nie meer opmerkings daaroor nie, so dis net lekker. En ja, dit ís lekker. Die hantering daarvan is net soveel makliker. As hulle wil staan, kan hulle maar staan, want daar is nie ‘n ander kleur wortels wat uitsteek nie. Ek hoef ook nie vir drie weke met hare te loop wat eintlik al weer gekleur moes word nie. Omdat dit net te duur is en te lank neem, loop jy maar daarmee nie.
My hare is gesond. Ek het van nature droë hare, maar die chemikalië het dit net vererger. Ek moes elke keer “conditioner” gebruik en soveel kere ‘n behandeling, net om dit hanteerbaar te maak. Deesdae gebruik ek dalk een maal ‘n maand “conditioner”. Ek spaar dus nie net op die proses om dit so te kry nie, want dis DUUR. Ek spaar ook op tyd, want dit het 2 tot 2½ uur geneem om my hare so te kry.
Al wat ek kan sê, is, dis LEKKER! Regtig. En dis MAKLIK. Ek kyk nie een dag terug nie. Wel, meer mense sê nou vir my “tannie”, maar wat, daarteen kan ek nie stry nie en dit pla my ook nie. Wat lagwekkend is, is as ek met my grys kop vir iemand tannie sê met ‘n pragtige swart kop! 😉 Maar dit gebeur nou nogals, dis immers mense voor wie ek grootgeword het. Hoe kan ek hulle nou skielik op hulle naam noem?
Voor jy dit doen om jou hare te laat uitgroei, maak seker of jyself gereed is daarvoor. Niemand anders kan dit namens jou besluit nie. Maar as jy besluit om dit wel te doen en jy byt vas…. geniet dit! 😆
Tannie Toorts
Ek stem … en dis toe nie so erg om ouer te word nie…
LikeLike
Glad nie. Ek het soms by ‘n oujongnooitannie gebly. en sy het my geleer dat oudword ‘n geskenk van die Here is. Ek weet nie hoekom mense so bevrees is om oud te word nie! Ek geniet elke fase in my lewe voluit.
LikeLike
Jy is nou net te grys vir woorde 😆 Jammer maar ek konnie die een laat verbygaan nie 🙂 Ek noem dit nou die dag aan my haarkapster… jy en die ok met grys hare… en net daar word sy toe amper grys van skone afgryse dat ek daaraan dink om ook nou grys te word. “Party mense kan, party mense kannie,” sê sy… “en jy (dis nou ek) is definitief een van daardie wat nie kan nie!” Ek verstaan haar punt toe heeltemal, want ek durf nie eers ‘n bietjie grys naby my gesig bring nie, of ek lyk ek soos ‘n wandelende lyk 😯
LikeLike
maar jy kan darem net te lekker speel met die woord, grys!! 🙂
Ag wat, elkeen moet maar vir haarself besluit… jy lyk in elk geval goed, sou nooit kon dink dis kleursel nie~!!
LikeLike
O ja, Kameel, ‘n haarkapster het vir my ook gesê dit gaan nie werk nie… 😉
LikeLike
Ek het al my lewe my hare gekleur, tot ek die eerste tekens van grys sien. Toe staak ek kleurdery summier, en raai wat sou ek sien? Ek was eintlik mal oor my eie haarkleur, en dis die kleur wat ek so desperaat probeer regkry het… Ek gee niks om vir my grys strepe nie.
LikeLike
O? Jy het grys highlights?
LikeLike
Lyk so hoor! Eintlik baie nice, ek hou daarvan, maar daar kom nou bietjie sout by die peperdele ook..
LikeLike
Sommige velkleur lyk wonderlik saam met grys…. rooi tint in vel(myne) laat my sommer so verlep lyk …wens net ek word oral grys- nou het ek sulke spierwitgrys bokant ore ..nêrens anders nie- seker te veel stories in my lewe te hore gekry.
LikeLike
Ons almal begin maar by die ore. Oor die gryskleur – ek dink nogals die grys verskil ook van mens tot mens. Ek het nou die dag ‘n tannie gesien wie almal gesê het nie gaan werk met grys nie, en sy lyk STUNNING!
LikeLike
ek sukkel nog om oor daardie hekkie te kom.
Net nie die guts nie, maar soms erg in die versoeking
LikeLike
Rosa, ek het ‘n hele paar jaar voor die hekkie gestaan. Toemaar, dis al kom!
LikeLike
Ek gaan maar nog so ‘n bietjie aanhou met die kleur, dink ek, ek is nog nie reg nie!
LikeLike
🙂 Gelukkig mag jy mos self kies en didt net geniet!
LikeLike
Ek gee regtig nie om vir grys hare nie. Hulle word gelukkig nie grys soos my Fordjie nie, dit word spierwit en kom al van voor my sesteinde jaar af saam. Tog laat kleur ek my hare, my eie natuurlike skakering, dankie. Minder opmerklik aan die wortels.
LikeLike
Ek het ook al my eerste grys haar op skool al uitgetrek. 🙂
LikeLike
grys is status!!!! Wysheid. Dwing gesag af… gr8t!!!
LikeLike
Cathome… WAT het van jou blog geword? Kom skryf hier, toe! By WordPress. Ons is ‘n lekker klomp bymekaar.
LikeLike
hier is ek, heeloggend gestoei en met nuwe blog begin, hoop jy kan daarby uitkom…
LikeLike
Maar jy lyk GOED met grys hare – nie almal doen nie. Ek sal ook maar aanhou kleur tot my hande te veel begin bewe :lol;
LikeLike