moerbysop

As ons koud kry in die Kaap, eet ons SOP. Wel… my sop HET vanoggend begin as ‘n ertjiesop….

In ‘n MASSIEWE kastrol het ek ‘n pakkie droë ertjies en ‘n pakkie sopmengsel ingegooi.

En 2 uie, 4 aartappels, 4 wortels, ‘n hele paar stukke skaapvleis, sout, peper, Worcestersous, blatjang en baie water.

Soppie kook al heeldag, maar lyk so flou en vaal….

So…..

Nog 1 patat, 4 spinasieblare, vars pietersielie, ‘n GROOT opgehoopte lepel knoffel….

…broccoli…

en nog sout, swartpeper, gemengde kruie, bruin uie poeier, 2 lourierblare, gemengde speserye, groentespeserye, 4 heel naeltjies, koljander en ‘n hoenderblokkie verder…

begin dit nou lyk na besigheid!!

Hoop dis klaar gekook teen half 1. Dan druk ek net die versapper so hier en daar in, en met ‘n paar snye brood en margarien….

KAN DIT NET LEKKER WEES!! 😆

Toorts

(en as ek dalk iets vergeet het…. GOOI DIT BY!)

….die tamatiesous en Sweet Basil aan die einde het nogals regtig die ding gedoen!

20 thoughts on “moerbysop

  1. o toortsie, dit klink darem lekker. dis reënerig en koud by ons vandag. kan ek oorkom vir sop? 😉 ek moet nog antwoord oor die groente lasagne … skuus, maar ek’s so besig met swot, ek dink nie aan veel ander dinge nie. mens kan amper enige iets insit, maar sampioene, murgpampoentjies, eiervrug, dalk bietjie spinasie, doen nogal die ding. lekker sop eet en warm bly!

    Like

  2. Jy is meer as welkom!! Dankie vir die raad met die groente lasagne. En sterkte met die swottings.
    Uhm… as jy dalk die sop maak, onthou om die lourierblare uit te haal VOOR jy die versapper indruk!! 😉 en jy sal die vleisies maar kan los, dit sal nog steeds geurig wees!

    Like

    1. as ek weer op my stukke is, maar ek lasagne en sit die resep op. ek het nie ‘n standaard resep nie, so dit kom elke keer anders uit.
      oe, versapte lourierblaar… yummy… 😉

      Like

  3. Mmmm….hierdie weer is genoeg om enige-iemand nostalgies (én honger) te maak!

    Jou “MASSIEWE” pot laat my dink aan my pa se ou goeie vriend wat eenkeer sonder die vroue saam met ‘n paar pelle visgevang het. Potjiekos is op die spyskaart en Oom Tom weet nie mooi hoeveel rys om te kook nie, maar reken ‘n koppie per persoon behoort die ding te doen.

    Hy vertel dat hy in een pot begin het, en soos die rys kook raak dit twee potte, drie potte en op die ou ent sit die manne met groot oë en staar vir die VIER potte gaar rys!

    Ha ha, hy was so ‘n ou karakter. Wens hy kon dit self vertel.
    😦 Sal jou stories mis Oom Tom!

    Lekker sop eet!

    Like

      1. Ek kry op ‘n slag ‘n groot plastieksak vol boontjies persent. Min wetende dat boontjies ook vermeerder soos hulle kook… sit ek ook naderthand met oom Tom se dilemma. Toe moet ek nog sop van die spul boontjies kook. Vir die hele week is sop op die spyskaart 😯 By Vrydagaand wurg almal aan die boontjiesop, en my man wil weet of daar nie ander kos in die huis is nie. “Wat maak ek met die res van die sop?” wil ek weet. “Fries dit!!” kom die antwoord. Die gevriesde sop het ek later weggegee…. niemand wou weer hulle monde daaraan sit nie, en tot vandag toe eet niemand meer boontjiesop nie 😆

        Like

  4. Ek gaan die resep vir my vriendin wys. Net vandag eet ek by haar groentesop en ons gesels wat daarin moet kom. Sy kannie glo ek sit aartappels in nie, en wil weet wie het dit vir my geleer. “Ek het my eie brousel uitgewerk sê ek.” Nou het ek ‘n naam vir die brousel: Moerbysop :lol:.

    Like

  5. Hier stel ons die a/c’s koud en trek warm aan om lekker te kan sop eet. Mis regte koue, kaggel en sop :-). Jou resep en sop klink lekker, seker julle het dit geniet!

    Like

  6. Toortsie, ek het nou hier geklik en daar geklik. Hieronder waar ek nou is, kan ek kommentaar lewer, maar nie bv op wat Sandra of die ander hierbo gese het nie. Op waag dit om lief te he, is daar glad nerens ‘n opsie om saam te gesels nie, net hierdie rate this dingetjie wat hulle deesdae het. Ek sal weer gaan kyk. Miskien moet jy net self weer daar kommentaar skryf en kyk of jy dit regkry? Ek sal ook maar weer gaan soek. Terloops. jou moebysop klink sommer heerlik!

    Like

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s