Blokkie nr 2

Met dié wat ons so baie weg was en ook as gevolg van die skoolvakansie, was die plaaskinders lank laas hier by my. Toe hulle vanoggend wel opdaag, het ek regtig gedink ons sal terug wees by blokkie nr een.

Hulle is weer drie bymekaar, nog steeds Deylin en Keenen, maar Joswin, Keenen se ouerboetie is weer terug nadat hy by sy tannie op die dorp gebly het. So tussen die speel en bybellees deur, is daar aan heel ander goed aandag gegee. Sommer in die begin is die neuse almal geblaas en is die kwessie van tande borsel bespreek.

Die bybelstorie was Daniël in die leeukuil. Daniël het gebid want hy was lief vir God. Is julle lief vir God? Die koppies knik aldrie. Elkeen kry die beurt om te sê: “Ek is lief vir God.” Toe Keenen moet sê, is Joswin, net soos aan die begin van die jaar, baie gou om te keer: “Hy kan nie dit sê nie.” Gelukkig het daar mos darem al tyd vanaf Januarie verloop, en weet ek al dat hy wel kan praat. Ek sê vir Keenen: “Sê lief.” “Lief”, bewys hy homself. Ek het toe sommer die kans gebruik om vir Joswin te sê: “Jy mag nooit weer sê hy kan nie iets sê nie, want hy kan.” (Soveel van ons loop rond met idees oor onsself omdat ander dit gesê het, en dan is dit nie waar nie!!)

Wat die bou van legkaarte en inpak van blokkies, dink ek nogals hulle het nie te veel vergeet nie. Ek het ook baie daarop gekonsentreer om eerder hulle mondelings te lei in plaas van te veel te help, soos: “Daardie blokkie moet in ‘n ander gaatjie kom, of, draai dit effens of meer…” So leer hulle om te luister, hulle eie verstandjies te gebruik en te reageer.

…………………………………………………………………………..

Maandag op RSG was die onderwerp bespreek dat gemeenskappe weer eienaarskap sal aanvaar vir hulle mense. Deesdae is almal so onbetrokke en al sien jy iets verkeerds gebeur, distansieer jy jou daarvan. Ongelukkig is ons almal indirek by mekaar betrokke en kan ons onbetrokkenheid onsself duur te staan kom. Raak dit nie tyd dat ons weer meer betrokke sal raak by mense om ons, al is hulle dalk nie heeltemal SOOS ons nie? As ons elkeen ‘n verskil aan net een persoon maak, wat ‘n groot verskil sal dit  nie wees nie!! ?

Toortsie

9 thoughts on “Blokkie nr 2

  1. En so skyn jou liggie voort. Net vanoggend gewonder hoe gaan dit met jou en jou “plaasskooltjie.” Ek was vir ‘n week “teacher,” toe ek ‘n paar weke gelede by my susterskind gekuier het. Sy het ‘n meisie en seunskoshuis vir 20 swartkinders (graad 1 en 2) Ek het ingespring en help huiswerk doen….. dit gate uit geniet, en omtrent gelag vir die grootoog kinders.

    Like

      1. Hulle is in ‘n Christenskool, dus leer elkeen op sy eie “vlak.” Daar is twee wat ek toe saam hulle spelling kon vra… dit is die “oi” klank. Moeilike woorde, en vier daarvan ken ek nie eers die betekenis van nie. “Now I am going to look up what these words mean,” sê ek en kry die woordeboek. Ewe nuuskierig loer hulle oor my skouer. Ek doen drie van die woorde en sê toe “ok, now we know what they mean,” you can go.” “NOOOOO, teacher,” sê die grootoog seuntjie vir my, “there were FOUR words, you didn’t understand.” 😯 En toe ‘n rukkie later… “are you really a teacher?” :lol:, .

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s