werksoek

Soveel keer skryf mense by my skryfsel, “Watter werk kan ‘n mens van die huis af doen”, iets soos: “Help my, ek soek werk.” So ‘n persoon gee geen inligting oor wat hy/sy kan doen nie, watter vaardighede het hy/sy nie. Hoe kan ‘n mens so ‘n persoon help? Die hele doel van daardie skryfsel was om mense wat ‘n inkomste wil verdien en nêrens werk kry nie, ‘n paar idees te gee. Hulle moet dan self, na aanleiding van die idees, begin dink aan wat hulleself kan doen. Hulle doen dalk nie een van die goed wat ek voorgestel het nie, maar dit gee dalk aanleiding tot ‘n idee.

‘n Probleem wat ekself ook al gehad het, is dat as iemand iets voorstel, jy in versnelde rat dink aan redes hoekom dit nie vir MY kan werk nie. Ekself moes leer dat, in plaas daarvan om negatief ingestel te word, ek eerder moet kyk na die dinge wat wel werk vir die ander persoon. Dalk kan dit ook vir my werk!! Dalk moet ek net iewers ‘n aanpassing maak om dit vir my te laat werk.

Die heel belangrikste is om by jouself te begin. Watter vaardighede het ek? Waarmee is ek goed? Watter kursusse het ek al gedoen? Dalk kry jy nie iets wat presies is waarvoor jy opgelei is nie, maar dit wat jy geleer het, help jou dalk in ‘n ander werk. Hoe kan ek my vaardighede omskep in iets wat vir my geld genereer?

Kyk na die gemeenskap waar jy woon. Watter behoeftes is daar? As jy kuier by mense, waaroor kla hulle? Is dit nie dalk iets waarmee jy kan help nie?

En soms is dit maar nodig om iets te doen waarvan jy nie regtig hou nie. Toe ek ons vervoermaatskappy bestuur het, het ‘n vriend vir my gevra of ek daarvan hou. My antwoord aan hom was: “Ek hoop nie ek hoef dit vir die res van my lewe te doen nie, maar solank God dit oor my pad gebring het om hierdie werk te doen, sal ek dit na die beste van my vermoë doen.”  Partykeer het jy so ‘n minder lekker werk nodig, waar jy jou beste lewer, sodat iemand anders jou raaksien en ‘n pos aanbied wat jy dalk graag wou hê. Ons moet almal iewers begin, al is dit nie so ‘n lekker begin nie.

Lees sommer ook oor jou CV.

My wens is dat elke persoon in ‘n werk is waar hulle hulleself kan uitleef. Mag dit ook waar wees van jou!

Groete

Toorts

Advertisements

4 thoughts on “werksoek

  1. Dis so waar.

    Dis makliker om redes uit te dink hoekom dit nie vir jou gaan werk nie as hoe jy dit vir jou kan laat werk.

    Ek doen al 16 jaar die werk wat ek doen, nie omdat ek daarvan hou nie, maar omdat ek MOET werk en omdat ek sorg dat ek dit goed doen.

    En nooit ophou leer nie.

    Like

  2. Ons is as kinders geleer dat geen werk ‘n skande is nie ,al vee jy die straat. Doen dit met trots en doen dit goed. Destyds toe ek teruggekom het Kaap toe, uit die Transvaal, het ek vir drie weke scartch cards verkoop by ‘n stalletjie voor Checkers. Natuurlik is ek baie goed gekwalifiseer, maar dit was al wat DADELIK beskikbaar is. Nie lank daarna nie, het ek ‘n goeie, vaste werk gekry. Daardie drie weke het my egter meer van die mensdom geleer as drie jaar se sielkunde swot!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s