siele op wiele

Die program, Loslip, op RSG het iewers verlede week met die “Siele op Wiele” gesels. Die vragmotorbestuurders het toe die geleentheid gehad om  hul probleme te skets. Ja, ek weet dat ons nie van die vragmotors op die pad hou nie.  Maar die feit is dat hulle daar is sodat ONS ons produkte in die winkels kan hê. Die spoorvervoer is net nie meer doeltreffend nie.

Hulle probleem is dat hulle in baie van die dorpe nie welkom is nie. Hulle mag daar deurry, maar glad nie stop nie. Daar is ook nie oornagfasiliteite vir vragmotors nie. Dit veroorsaak dat hulle langs die pad moet stop om te rus, waar die wiele afgesteel word, die seile stukkend gesny word en die produkte gesteel word. Hulle kan ook nie by winkels uitkom om kos te koop nie. Truck Stops is ongelooflik duur. Daar is baie keer ‘n groot bedrag wat hulle vir oornagfooi moet betaal en op die meeste plekke is daar ook nie stortgeriewe nie. Ekself het ervaar dat ‘n toebroodjie, ‘n pakkie slaptjips en ‘n koeldrank R75 kos. Die koppie koffie was amper R20!!

Mense besoek gereeld my skryfsel oor “Watter werk kan ‘n mens van die huis af doen.” Woon jy nie naby een van die land se hoofroetes nie? Of langs ‘n pad waar baie vragmotors verby ry nie? Is jy lief vir kook? Is daar staanplek vir ‘n lorrie of twee?

Hoekom kook jy nie lekker kos en stel dit beskikbaar vir die lorriedrywers nie? ‘n Eerlike bord kos, soos lekker kerrie en rys met genoeg vleis, aartappels en groente in. Of Tamatiebredie. ‘n Lekker groentebredie of lasagne? Heerlike, smaaklike kos waarvoor jy ‘n redelike prys vra. ‘n Prys wat mense wat op die langpad is en honger is en smag na huiskos, sal betaal. Die idee is juis dat jy nie te veel sal vra nie maar tog jou koste sal dek en ‘n klein winsie maak.  By jou afdraai of “stalletjie” sit jy ‘n bord op: “Lekker boerekos vanaf 11 vm tot 7 nm.” Jy pak die kos in ‘n polistereen bakkie en gee ‘n plastiek messie en vurkie by. Jy kan selfs poeding ook bysit as jy sou wou.

Moenie net begin kos maak nie! Jy sal eers by die owerhede moet verbykom! Die gesondheidsinpsekteur sal jou perseel moet besoek, die pad-owerheid moet jou bord goedkeur en jy sal ‘n besigheidslisensie moet bekom by die Distriks-Munisipaliteit. As jy ‘n klomp pamflette druk en dit by die naaste petrolpompe vir die lorriedrywers uitdeel, sal die boodskap gou versprei en gou-gou het jy ‘n betalende besigheid!!

Hoe lyk dit? Waar is ons plaasvroue wat soek om iets te doen?

Saam maak ons dit beter!

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

9 thoughts on “siele op wiele

  1. Ek en my man was verbaas oor die hoeveelheid trokke wat ons nie net op die pad, maar langs die pad afgetrek sien staan het, toe ons nou pas Natal toe gery het. Ek dink jy het ‘n goeie idee hier beet. “Boerekos vir die siele op wiele.” jy gaan nie ‘n tekort aan voete hê nie… of is dit nou wiele? 😆 Daar lê nog vir my ‘n uitdaging voor… ek wil al die trokke tel wat verby ons beweeg wanneer ons weer afry. My man sê dit is ‘n onmoontlike taak 😯 .

    Like

  2. Ek dink so iets kan vir die breë publiek ook werk. So iets is nie net goedkoper nie, maar ook gesonder. Ek sal maklik so iets beproef.

    Hoewel, ek dink iemand wat dit wil probeer, moet dalk deurbyt vir 24 diens.

    Like

    1. 24 uur diens sal beslis beter werk. Hoekom ek van 11 vm tot 7 nm gesit het, was maar net om te wys dat dit nie net vir middagete is nie. Ek hoop die ouens wat dit doen n.a.v. hierdie skryfsel, stuur almal vir my ‘n komplimentêre kaartjie!! 😉

      Like

  3. Hi daar ek is self n vragmoterdriver ry local so ek elke aand en naweeke by huis. Ek het n hele paar vriende wat deur bloemfontein met hul trokke kom. As hul in trek maak ek vir hul n leke bort gekookte kos en drinkgud en dan stel ek my badkamer oop vir hulle vir n warm bad en ja HULLE wardeer dit so want ja dai uur of 2 wat hul da sit is hul ook leke uit gerus en ja ek vrae hul nie n CENT vir al my moete nie doen dit vir hul met liefde. En ja ek het so 20 van hul wat gereeld hier stop en as dit gebeur en hul moet n naweek oor staan dan kom hul en se oky ons braai of maak pooikie en dan kom hul en koop als.

    Like

  4. Vir almaal wat meer inligring en goet oor ons trokke op die pad wil weet en oor probleeme gaan op facebook en soek daar vir SA longdistence trucking en add hom ons is oor die 2000 trokke en vrouens daar

    Like

Gesels saam, asseblief!