om koffie en tee te vas

Ek skryf hierdie nie met die doel om raakgesien te word soos die Fariseërs van ouds nie. Dis al ‘n geruime tyd wat die idee van vas my belangstelling prikkel.

‘n Paar jaar gelede het ons bybelstudieleier die voorstel gemaak dat elkeen van ons vir ‘n bepaalde tyd iets sou opgee. Iets wat vir jou ongerieflik of moeilik sou wees. Tóé het ek koffie gevas. Ons almal was so opgewonde daaroor.

Intussen het ek meer daaroor begin lees en gesien dat daar verskillende maniere van vas is. Jy kan eintlik self besluit wat jy doen, en dan rus die onus by jou of jy daarby gaan hou. Dis heeltemal vrywillig en beslis nie ‘n manier om “in die Hemel te kom nie.” Die doel daarvan is dat jy tydens die vas meer op God sal fokus.

Intussen het ek al twee keer voluit gevas en niks geëet nie, ongeveer 24 uur per keer. (Die een keer was so 18 uur.) Vir iemand wat nie vreeslik baie eet nie, klink dit dalk soos niks, maar vir my wat heeldag knibbel, was dit nogals ‘n ervaring. Elke keer het ek ook meer tyd afgestaan om met God te verkeer. Ek kan waarlik getuig dat dit vir my goed was.

Hierdie jaar het ons kerk ons aangemoedig om tydens die lydenstyd te vas, al was dit net ‘n gedeeltelike vas deur iets te los waarvoor ons lief was. Ek het ‘n bietjie laat daarmee begin en toe besluit om tot vandag, Hemelvaartdag, koffie en tee te los. In ‘n normale dag drink ek gewoonlik baie koffie!! Dit was vir ongeveer twee maande lank.

Aanvanklik moes ek myself aanmekaar herinner daaraan dat ek nie koffie en tee drink nie. As ek my kom kry, is die ketel aan!! Later was dit by die huis nie meer moeilik nie, behalwe as ek moeg by die huis aankom. Maar weet julle hoe ruik koffie as jy by ‘n koffie-winkel verbystap en dis taboé? Vliegtuigkoffie lyk ekstra aanloklik. En Koffie en Beskuit is UIT. Als werk goed tot jy by ‘n ouma gaan koffie drink, of tot jy ‘n vriendin vir koffie nooi en jy sit met ‘n glas water of sap terwyl dit ysig koud is.  Saans het ek ‘n glas wyn saam met my man gedrink – gelukkig het ek nie alkohol gevas nie!! 😉

Ja, dit was die moeite werd. As ek so ekstra lus was, het ek onthou hoekom ek dit gedoen het, dat die Here baie meer moes ly as wat ek ooit sal doen sonder ‘n koppie koffie!

Groete

Toorts

In die boek, Standing Strong through the Storm, is ‘n wonderlike hoofstuk oor vas.

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap and tagged , , . Bookmark the permalink.

14 Responses to om koffie en tee te vas

  1. Kameel sê:

    Jy praat nou iets wat die laaste paar dae binne my woel. Ek sal nie kos kan opgee nie daarvoor val my bloedsuiker te vinnig…… ek weet egter van iets wat my meer as kos sal raak 😯 Is jy nou my gewete se stemmetjie?

    Like

    • Toortsie sê:

      En wat is daardie iets??? Die ander keer het die sjokolade-liefhebber sjokolade gelos, ‘n man wat elke dag skeer, het nie geskeer nie; die roker het sy sigarette gelos, iemand het middagetes wanneer almal aansit vir ete, nie ge-eet nie en die bord kos vanaand geneem…

      Like

    • Toortsie sê:

      Kameel, ek het hierbo ‘n klomp bladsye oor Vas ingesit wat vir my baie beteken het.

      Like

  2. Van voor Kersfees af vas ek al vir sekere sake en geen iets wat LYK na n koekie of poeding gaan oor my lippe nie. Ek eet kos en vrugte vir fruktose maar vermy alle versnaperinge .Aanvanklik moet jy jou herinner maar gou is dit nie eers meer nodig om jou te weerhou nie. Eendag toe kry ek net die ‘wete’ en ek glo dis n boodskap van God: Jy sal nooit besef watter krag jou vas het nie…..!

    Like

    • Toortsie sê:

      Mona, die 2 keer wat ek spesifiek vir iets gevas het, het ek binne ure ‘n antwoord gekry. Dis nie om God om te koop nie, maar ek dink jou nederige afhanklike oorgawe aan Hom het beslis waarde.

      Like

  3. Ag, nou ja, hierdie topic is na-aan my hart. As jonge dame het my hele lewe omgekeer na ‘n tyd van vas bv. voor : was ek ‘gothic’, het my hare afgeskeer en mansklere gedra
    na: Die Here my gewys hoe lief Hy my het, en begeerte gegee om grimering te dra, en rokke! (selfs hare :p

    BUT, en daar is ‘n BIG BUT….mens kan behep raak met vas, amper soos ‘n Amerikaanse mode/gier onder kerke….waar mens amper dan die fokus begin sit op jou daad van vas, en heeltemal die Here en wat HY aan die Kruis gedoen het uitsny, en dink jy gaan als fix met vas!

    So vir my is die balans ek dink, jou hart

    Like

  4. Toortsie sê:

    O, jy kon dit nid beter stel nie. Ek dink dit is wat baie mense afsit. As mens so verskriklik behep raak dat jou godsdiens oor die skouspel daarvan begin raak in plaas van oor die Here van die dinge.

    Like

    • Kameel sê:

      Dit is sekerlik hoekom die Here gesê het… moet dit nie soos die Fariseërs doen nie. Was jou, kam jou hare…. ‘n saak tussen jou en God.

      Like

  5. Son sê:

    Ek sal moet soetgoed vas. Ai, dit gaan bitter wees – no pun intended 😉

    Like

  6. Toortsie sê:

    Ek weet ook nie of ek soetgoed sal kan los nie. Bitter beslis!

    Like

  7. Sanmari sê:

    Ek het al 2 keer vir ‘n maand tjoklit gevas (wat vir party mense ‘n grap is, maar ek eet amper daagliks tjoklit…), sommer maar net wanneer ek my lewe wil terugbring na waar God die fokuspunt, die Eerste en Alles is. Omdat ek nie vir enige spesifieke vraag of iets gevas het nie, was daar nie ‘n onmiddelike reaksie om van te getuig nie. Maar toe ek maande later terugkyk, kon ek die ongelooflike tyd van seening en intimiteit met God na daardie tydperke raaksien. Dit gaan nie oor iets van God kry nie, dit gaan oor alles van God self te he – ons stel onsself afhanklik en heilig, consecrated, vir Hom. Dis ook vir my belangrik dat my my begeerte vir God my sal beheer…

    Like

  8. Rosa sê:

    Dikwels saan koffie drink oor die sosiale verkeer en wil mens nie ongesellig wees nie – daarom n ie permanente aflegging

    jy gee vir my nou ‘n baie goeie idee. Om nie permanent te weerhou nie maar om vir ‘n sekere tyd te vas met iets soos koffie ( wat vir my ook opoffer sal beteken!).

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s